Colesberg / Koningin Victoria Gedenkteken

Colesberg

Noord-Kaap

Koningin Victoria Gedenksteen

Colesberg

Pragtige dorp heel gerieflik op die roete tussen Gauteng en Kaapstad, ń gewilde oornagplek.

Die dorp het baie van sy oorspronklike karakter behou, baie tipiese karoohuise is bewaar en dien as gastehuise. Díe huisies het ń kenmerkende eiesoortige boustyl, vierkantige vorms, platdakke. Ook ń vermenging van Victoriaanse en Georgiaanse boustyl.Tot van die oorspronklike leivore is nog daar.

Colesberg Koppie

Colesberg word oorheers deur die kenmerkende Colesbergkoppie en groet die moeë reisiger reeds van ver af.

Oorspronklik was die koppie se naam Torenberg of Toverberg, in omgangstaal sommer Toorberg. Hierdie naam was nav die San wat hier ń kraal gehad het en hulle toorgoed van die koppie af gekry het.

Mettertyd het die naam Colesbergkoppie oorgeneem.

Eerste bewoners

Die eerste bewoners in die gebied was nomadiese jagter-versamelaars, (San), trekboere en sendelinge.

Hierdie was ń grensgebied met baie botsings en moeilikhede, byna onregeerbaar.

1814 word hier ń sendingpos gestig in ń poging om vrede in gebied te bring. ń Tweede sendingstasie word opgerig naby aan waar huidige dorp is, maar díe lok in ń baie kort tyd meer as 1700 San. Die nedersetters in hierdie grensgebied word ernstig bedreig en hele gebied raak onveilig en hulle vra goewerneur om beskerming.

1818 gryp die Kaapse Koloniale regering in en sluit die sendingstasie.

1820 vestig baie van die Britse Setlaars hulle hier en plase word aangelê.

1822 vra die boere toestemming om ń dorp aan te lê op die verlate sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap.

Colesberg

1830 word 15 500 hektaar aan die NG Kerk toegeken en ontstaan die dorpie Colesberg.

Vernoem na Sir Galbraith Lowry Cole, goewerneur van die Kaap.

Die NG Kerk was die sentrale punt, een lang straat loop reguit na die kerkgebou.

Colesberg dien as ń belangrike basis vir setlaars en jagters en verkenners op pad na die binneland. Word ook ontmoetingsplek vir diamant myners.

1837 as distrik Colesberg verklaar

1840 as Munisipaliteit verklaar, een van eerste dorpe in díe area. Later is distrikte soos Richmond, Hanover, Middelburg ens van hierdie groot Colesberg distrik afgesny.

Belangrike plaaslike gebeure

Nuwighede en omwentelings in die Kaapkolonie het hier ook rimpelings veroorsaak en groot effek gehad.

Die vernaamste gebeurtenisse was natuurlik die ontdekking van goud en diamante wat baie laat wegstroom het op soek na rykdom en ook die ABO. Heelwat botsings tussen Boer en Brit het hier plaasgevind. Die Boeremagte het selfs vir ń paar maande Colesberg beset. Net buite die dorp is ń Tuin van Herinnering.

Koningin Victoria

Suid-Afrika was reeds sedert 1795 ń Britse Kolonie en deel van die Britse Monarg.

Koningin Victoria was die Britse Monarg, ń publieke nasionale en gewilde figuur. Bekend vir haar streng standaarde, streng, pligsgetrou, formeel, kuis en preuts.

Haar kroning as Koningin van Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Ierland op 18 jarige ouderdom was luisterryk gevier. (20 Junie 1937).

Sy het 63 jaar regeer tot haar dood 22 Januarie 1901.

Koningin Victoria is die Moeder van Brittanje genoem en was een van die mees gevierde openbare figure ter wêreld.

1887 het sy haar 50 jaar heerskappy, goue jubileum gevier.

1897 het sy haar diamant jubileum (60 jaar) gevier. Feesvieringe was wêreldwyd, ook in die Kaapkolonie en veral Colesberg met sy Britse Setlaars agtergrond. Afgesonderde gemeenskappe het deel gevoel van die Britse Ryk. Treine het poskoetse vervang, stoomtreine het seilskepe vervang en doeltreffende posstelsels het tot in die verste uithoeke van die Britse Ryk deurgedring. Edison se telefoon, Marconi se radio en die wonder van fotografie het almal deel van wêreld en wêreldgebeure gemaak.

20 Junie 1897, met Koningin Victoria se 60 jaar heerskappy vieringe is ń gedenksteen in Colesberg opgerig ter ere aan Koningin Victoria. Tipies Victoriaans met krulletjes en draaitjies.

Bron: Internet, Wikipedia, Toeristegidse

Fotos: Gys Ströh snr Des 2019

Facebook: Daan Botes, Saartjie Klipkop

Internet

Maak 'n opvolg-bydrae