Bartolomeusnag (Bloedbruilof)Nag van 23/24 Augustus 1572 Frankryk Franse Hugenote

Bartolomeusnag (Bloedbruilof)

Nag van 23/24 Augustus 1572

Frankryk

Franse Hugenote

Bartolomeusnag 23 Augustus 1572

Hierdie nag was die begin van ń grootskaalse uitwissing van Franse Protestante (Hugenote).

Die vervolging het vir jare voortgeduur en eindelik vir die Kaap voordeel ingehou met die aankoms van Franse vlugtelinge /Franse Hugenote in die Kaap.

Aanloop tot die geweld:

Duisende Protestantse adel het in die Katolieke Parys in Frankryk byeengekom om die huwelik van Magaretha van Valois (jonger suster van Koning Karel IX van Frankryk ) met Hendrik van Bourbon (Protestantse leier en later Hendrik IV van Frankryk) te vier. Baie Franse Rooms-Katolieke het gevrees dat hierdie huwelik die Protestantse element in die land sou versterk.

22 Augustus is daar ń mislukte aanslag in Parys op die lewe van De Coligny, leier van die Protestante. Hy oorleef maar verloor ń vinger en verbrysel een elmboog. Die gemoedere tussen die Katolieke en Protestante loop hoog.Uit vrees vir ń wraakaanval het die moeder van die bruid ń vreesveldtog begin en die Koning Karel IX en sy moeder Catharina de Medici daarvan oortuig dat hulle lewens in gevaar is. Ure lank probeer hulle Karel IX oortuig om die leier van die Protestante tereg te stel. Karel IX reageer later met ń dodelike uitspraak: ” Maak hulle dood! Maar maak almal dood. Sodat daar geeneen oorbly om my later te verwyt nie.” Hiermee stuur hy ń bloedbad uit wat in die vroeë oggendure van 24 Augustus 1572 begin. Hy probeer tevergeefs later om die vlaag van geweld wat hy ontketen het te stuit.

Bloednag.

Die Franse Roomse hoë lui het die massas tot moorde aangehits. Die Hugenote leier,. Gaspard de Coligny en sowat 2 000 Hugenote, word daardie nag vermoor. Die volgende maande spoel ń golf van geweld oor Frankryk , sodat ongeveer 20 000 Protestante om die lewe gebring is. Protestante se kerke en huise is afgebrand, Bybels en Liedboeke vernietig. Talle Hugenote is na die brandstapel gestuur terwyl ander as slawe op galleie moes werk of as slawe veban is na Wes-Indiese Eilande. Hulle kinders is verwyder en in die sorg van Rooms-Katolieke ouers, nonne of monnikke geplaas om in die Katolieke geloof opgevoed te word.

Duisende Protestante het uit die land gevlug, want die Protestante se lewe in Frankryk was onveilig. Een so ’n persoon wat gevlug het, was Chrétien de la Quellerie, die oupa van Maria de la Quellerie, die vrou van Jan van Riebeeck.

Edik van Nantes.

1598 vaardig Hendrik IV die Edik van Nantes uit. Hiermee word die reg tot godsdiensvryheid aan die Hugenote verleen.Dit bring ń einde aan ń byna 30-jarelange godsdiensoorlog. 1685 herroep Koning Lodewyk XIV ongelukkig die Edik van Nantes en die geweld word weer hervat. Meer as 200 000 Franse Hugenote het gedurende die 1600’s en 1700’s uit Frankryk gevlug.

Franse Hugenote aan die Kaap.

Meer as 300 Franse vlugtelinge vind ń nuwe tuiste aan die suidpunt van Afrika.

1688 kom die eerste georganiseerde groep Franse Hugenote met die skepe Oosterland en Voorschoten in die Kaap aan.

Hulle was nie die eerste Franse vlugtelinge aan die Kaap nie. Francois Villian (Viljoen) 1671, Jean de Long (De Lange) 1685, die Guillaume broers en Francois du Toit 1686 was reeds hier gevestig.

Die Franse Hugenote is hier verwelkom en die VOC het hulle vestiging in die Kaap aangemoedig . Die Hugenote se geloof het ooreengestem met die Nederlanders wat reeds hier gevestig was se geloof. Die Hugenote se landboukennis was ook ń aanwins vir die Kaap. Die suksesvolle wynverbouing aan die Kaap is hulle nalatenskap aan Suid-Afrika.

Vestiging van Franse Hugenote aan die Kaap.

Franse Hugenote het hul meestal in Franschhoek en Drakenstein area gevestig. Hulle was aangemoedig om te assimileer en het vinnig die plaaslike taal en kultuur aangeleer. Mettertyd het die Franse taal onder die Hugenote uitgesterf. Selfs hulle name en vanne het met tyd verander.

Talle families in Suid-Afrika kan hul oorsprong terugspoor tot by die Franse Hugenote o.a.De Villiers, Di Toit, Du Preez, Du Plessis, Malan ens.

Franse Hugenote Monument.

ń Pragmonument is in Franschhoek opgerig om die Franse Hugenote se koms na Suid-Afrika te herdenk. Kshttp://monument-sa.co.za/hugenote-monument-franschhoek/

Maak 'n opvolg-bydrae