ABO Monument Stilbaai Soebattersvlakte

Anglo- Boereoorlog Monument

Stilbaai

Soebattersvlakte

In hierdie omgewing het die mees suidelike geveg van die ABO plaasgevind. Op 12 September  1901 bots die Boere onder bevel van Kommandant Jan Theron met die Britte. Slegs 2 boere is gewond, maar het herstel en is verban. Die Britte het ‘n aansienlike getal ongevalle gehad.

Die monument is 12 September 2001 othul deur die Rapportryers van Riversdal.

Hierdie monument naby Stilbaai wat die mees suidelike geveg tydens die Boereoorlog gedenk, is ’n stilhou en afklim werd om die simboliek te waardeer.

Wim Filmalter, siviele ingenieur van Riversdal, wat die monument ontwerp en gebou het, verduidelik dat die rots links die tyd van stilstand, swaarkry en onderdrukking van die Afrikaner verteenwoordig.

Dan begin ’n spiraal van klipwerk wat na bo kronkel en soos die Afrikaner groei tot ’n onuitwisbare vlam vergestalt deur die sentrale rots van die kunswerk.

Die klippe is vanaf die Mosgas-terrein by Mosselbaai gebring en Wim en sy helpers het die monument in gietende reën onder ’n tent van die Voortrekkers (nog ’n stukkie onbedoelde simboliek) gebou.

Wim Filmalter is as sterrefotograaf en aanbieder van sterrekykaande en ook bekend as ’n monumentbouer. (Pos deur Andre Louw – Facebook)

Die inskripsie op monument:

Anglo-Boereoorlog  1899-1902

Die mees suidelike geveg  van die oorlog het op 12 September 1901 hier plaasgevind

‘n Boere-kommando onder bevel van Kommandant Jan Theron bots hier met die District Mounted

Troops en Riversdale Town Guards onder bevel van Luitenant Smalberger en ‘n adfdeling Britse troepe onder bevel van Majoor Kavanagh. Die Boere was op die rantjies Noorwes, Wes, Suidwes en Suidoos van hier.

Die Britse Troepe was in hierdie onmiddelikke omgewing. Twee Boere, naamlik Veldkornet J.A.

van Biljon van Kroonstad en R.C.H. Tiell van Johannesburg, word gewond. Hulle herstel

en word verban. Die Britse magte ly aansienlike ongevalle, maar getalle is onbekend.

Henk Maree se pos en fotos ( Facebook): Ek en Bernard Pieters het vinnig gestop by die Anglo Boere-oorlog monument net buite Stilbaai. Ons het vinnig n paar veldbossies aanmekaar geslaan vir n kranslegging.  #afriforumjeug

Fotos: Henk Maree, Deon van Tonder (Facebook Monumente, Gedenktekens..))

Foto’s 2023 Andre Louw Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae