Nylstroom Konsentrasiekamp
Nylstroom Konsentrasiekamp Begraafplaas
ABO
Die Eenheidskool
Nylstroom Konsentrasiekamp was een van die kampe met die hoogste sterftesyfer. Veral kinderssterftes.
1901
Die burgers het die Britse Opmars orals probeer teenstaan en keer, maar die Britte vorder stadig maar seker noordwaarts.
Maart 1901 het die Britse Magte die Waterberg gebied begin binnedring, al met die spoorlyn langes.
Die Waterberg boere was deeglik bewus van Kitchener se Verskroeide Aarde beleid en die verwoesting daarvan.
Derhalwe het hulle hulle vrouens, kinders en bejaardes gehelp om dieper in die Bosveld in te trek om Engelse hande te ontglip.
Met hulle vee en waens vol graan gelaai het die vrouens voortgetrek en skuiling gesoek en laers gevorm.
Ongelukkig het hierdie vrouens en hulle trekke een na die ander in die Britte se hande geval, meeste deur verraaiers of joiners soos hulle genoem was.
Die Britte het hierdie vroue gevang en teruggevoer Nylstroom toe, ñ klein dorpie langs die hoofspoorlyn tussen Pietersburg en Pretoria.
Die boervrouens wat wel agtergebly het op hulle plase is ook van hulle plase af weggevoer Nylstroom toe.
Alles op die plase is verwoes en verbrand en alle lewende diere doodgemaak.
Die vroue, kinders en bejaardes is onmenslik behandel.
Hulle is meestal te voet aangejaag, sommiges met net die klere aan hulle lywe want aan hulle is geen tyd gegee om iets bymekaar te skraap om saam te neem nie.
1 Junie 1901 ontstaan die Konsentrasiekamp op Nylstroom, op die oop plein tussen die Gereformeerde Kerk en Braksloot.
Met die opening 1 Junie is daar reeds byna 750 mense.
Teen einde Junie meer as 1080, na 2 maande 1514 mense. 706 was in die kamp self gehuisves in tente en verdere 808 in die huise en in die tronk.
Daar was so 93 tente, oud en vuil, oorbevolk, onuithoudbaar warm in die somer en vriesend koud in die winter, altyd nat binne-in.
September was die hoogtepunt met meer as 1850 mense (683 vrouens, 835 kinders, 332 bejaarde mans).
Die dorpie was klein en in ñ yl bewoonde area. Baie ekstra mense wat nou skielik plek moes kry.
Huise in die dorp is volgepak.
Elke kamer of hut was vol vrouens en kinders gepak.
In die 13 tronkselle het minstens 62 mense moes woon. Die tronkselle was donker, vuil en bedompig, maar koeler as die tente.
28 mense is in die Gereformeerde Kerk gehuisves, maat hulle is later verskuif na ñ markiestent toe en die kerk is gebruik as ñ skool vir kampkinders.
Die pastorie moes dien as ñ hospitaal met 10 beddens in 4 kamers.
Meubels vir hierdie gevange vrouens en kinders was eintlik net ñ kateltjie of ñ matras.
Die vrouens moes daagliks gaan tou staan vir kos, karige rantsoene is uitgedeel.
Rantsoene het bestaan uit “bullybeef”, meel, sout, koffie, suiker, mieliemeel en blikkies melk.
Vleis was baie skaars en van swak gehalte.
Geen vrugte of groente nie wat ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak het.
Hierdie rantsoene het vrouens op vuur in blikke wat hulle opgetel het, gaargemaak.
Brandhout was redelik bekombaar, maar later was die doringbome in die omgewing almal uitgekap.
Water kon hulle darem verkry vanuit ñ fontein of ñ put naby die Gereformeerde Kerk.
Rondom die kamp was dik-dik doringdraad.
Snags is die vrouens deur minstens 6 Zoeloes bewaak terwyl hensoppers of joiners as polisiemanne oor hulle aangestel is. Vanselfsprekend was hierdie polisiemanne gehate persone inder die vrouens.
MEV RAUTENBACH VAN POTGIETERSRUS KOM IN OPSTAND
Vars vleis was skaars en maer en van ñ swak gehalte.
Bekende voorval van Mev Rautenbach vind in die Nylstroom Konsentrasiekamp plaas. Sy word uitgeroep om haar rantsoen teckom haal. Sy ontvang ñ maer skaapribbetjie, net vel en been, geen vleis. Woedend gooi sy die ribbetjie teen die Engelsman vas met soveel drif dat hy agteroor val.
Sy uiter die woorde: “Geen hond kan dit eet nie.” Die kosuitdelery word summier vir die dag gestaak, maar volgende keer was die vleis effens van beter gehalte.
STERFTESYFER IN NYLSTROOM KAMP
Die sterftesyfer in hierdie kamp was besonders hoog, veral kindersterftes. Verskeie redes kan hiervoor aangevoor word soos oorbevolking, tekort aan kos, swak gehalte kos, nie voedsame kos nie, onhigiëniese toestande, min mediese personeel en hulpmiddels, weerstand en agterdog van vrouens teenoor Britte en joiners, nat toestande, uiterste weertoestande ens. Boonop moes hulle nog ñ uiters strawwe winter in die kamp beleef.
Die vrouens en kinders het reeds in verswakte toestand na baie ontberings in die kamp aangekom, dikwels met siektes soos Malaria en Tifuskoors onder lede.
ñ Maselepidemie Augustus 1901 het talle kinders geëis.
September tot Desember 1901 sterf gemiddeld 49 kinders per maand.
544 sterftes is aangeteken, meeste kinders (429). Uit 1850 inwoners.
NYLSTROOM KONSENTRASIEKAMP SLUIT
Januarie 1902 val Genl Beyers die Pietersburg Konsentrasiekamp binne rn bevry 150 burgers.
Die Britte vrees nog sulke aanvalle en verskuif einde Maart 1902 die inwoners van Pietersburg Konsentrasiekamp en Nylstroom Konsentrasiekamp na Irene Konsentrasiekamp in Pretoria.
Die vrouens en kinders word in oorvol oop treintrokke, vuil beestrokke vervoer en moet dae lank oorleef, onbedek in gietende reën sonder enige versorging en voeding . Baie oorleef nie die verskuiwing nie of sterf in Irene Konsentrasiekamp.
Net ñ klein groepie het oorgebly in Nylstroom Konsentrasiekamp. Desember 1902 sluit die kamp amptelik.
LAERSKOOL EENHEID
Tans is daar ñ skool op hierdie Konsentrasiekamp-terrein, Laerskool Eenheid.
Die skool handhaaf ñ besonderse balans tussen hede, verlede en toekoms. Spesiale aandag word daaraan gewy om die leerders bewus te maak van die Geskiedenis en die besonderse historiese ligging van die skool.
2010 is daar ñ monumentjie by die skool se ingang opgerig wat die oog dadelik vang.
Weerskante van die ingang reliëfwerke van ñ kind.
Links is ñ kind in kettings, simboliseer die 1902 kampkinders.
Regs simboliseer die kind in vryheid, geen kettings om gewrigte nie.
Ook ñ stukkie van daardie besonderse dik dorringdraad wat om die Konsentrasiekamp gespan was.
Net dieper in die terrein, kan die monument nie misgekyk word nie, ñ tent word in graniet voorgstel, ñ graniettent.
Voor die tent ñ driehoek met 3 sye, verlede, hede en toekoms. Simboliseer alles in verlede, ñ toekomsboodskap: Staan sterk en staan saam. Verwagtinge vorentoe.
Die punt van die driehoek wys na ñ kruis. Geloof. Geloof in die toekoms.
Rondom hierdie sprekende simbole is ñ sirkel met verskillende klippe en plante uitgepak. Die voorstelling van ñ wiel, wawiel, wat vooruitgang en beweging simboliseer.
Netjies versorg en onderhou.
14 inheemse broodbome rondom geplant, een deur elke een van die 14 klasse in die skool.
Dankie en geluk aan Laerskool Eenheid om leerders te rig en te lei om die Geskiedenis te bewaar en die toekoms te bou.
Bronne: Internet. Facebook. De Camp Courant.
Foto’s: Gys Ströh snr Augustus 2023
Samesteller Kobie Ströh