HARRISMITH
Sir Harry Smth gee in 1838 om ñ dorp te stig naby die bergpasse van Natal. Daar word aanvanklik besluit op ñ plek naby die kruising van die wa-roetes vanaf Winburg, Potchefstroom en Suikerbosrand. Die standhoudende Elandsrivier kon water voorsien aan die dorp, maar weens die hoë kostes om water op te pomp na die dorp toe, word daar besluit op ñ ander ligging sowat 29 km aan die voet van Platberg. Dit is ñ ideale ligging met aangename klimaat en verskeie strome wat vars water voorsien. Die voorstel is dat die dorp se naam Vrededorp of Harrismith moet wees en daar word op die naam Harrismith besluit.
Teen 1849 het hierdie dorp tussen Platberg en die Wilgerivier al reeds 6 strate gehad o.a. Retiefstraat, Besterstraat (Kapt P M Bester), Murraystraat (Ds Andrew Murray).
Mnr Warden moedig die Britse Setlaars wat Natal toe kom aan om hulle hier te vestig.(1849-1850).
Meer as 1500 vestig hulle hier in die dorp met die gevolg dat meeste van Harrismith se inwoners Engelssprekend was.
Die omringende plase se bewoners was weer oorwegend Afrikaanssprekend.
Die dorp Harrismith het gegroei rn floreer, veral aangesien die dorp op die roete tussen Natal en die diamantvelde van Kimberley was.
STADSAAL
1883 is die eerste stadsaal in Harrismith opgerig, klei en klipgebou. Hierdie stadsaal was in gebruik tot dit in 1907 vervang is met nuwe stadsaal.
Die stadsaal is op die stadsplein opgerig, ñ dubbelverdiepinh gebou met ñ tronende toring in die middel. Gebou van rooi bakstene, versier met sandsteen en besonderse ontwerpe op die sandsteen.
Die ingangsfadade voor ook pragtige sandsteen.
Houtdeure en houtvensters.
Argitek Price rn Agutter
Bouers Kelly rn Anderson van Johannesburg.
Die hoeksteen is 2 Augustus 1907 gelê deur Sir Hamilton Goold-Adamd, Goewerneur van die Oranje Rivier Kolonie, Luitenant-generaal.
Die indrukwekkende stadsaal is as ñ nasionale monument verklaar.
Die stadsaal is nie meer in gebruik nie, vervang deur ñ ander gebou. Die vraag waarom?
Tans is gebou in toestand van verwaardlosing, vuil met gebreekte vensters.
Foto’s van Stadsaal binne deur Jano van Reenen Maart 2023.
DEBORA RETIEF GEDENKTUIN
Langs die stadsaal is die Debora Retief gedenktuin met versteende boomstam van 33 meter lank..Hierdie versteende boom is meer as 250 miljoen jaar oud en is ñ tipe denne en is gevind in die Harrismith distrik. Neffens hierdie boomstam is ñ gedenksteen of monument opgerig vir die Britse soldate van hierdie area wat in die ABO gesterf het, die SCOTS GUARDS EN DIE GRENADIER GUARDS.
Aan die teenoorgestelde kant van die stadsaal is ñ gedenksteen of monument opgerig vir oorledenes van Harrismith tydens THE GREAT WAR, Die Eerste Wêreldoorlog en ook die Tweede Wêreldoorlog.
OORKANT DIE STADSAAL IN ñ PARK IS ñ BURGER MONUMENT opgerig ter ere aan die Burgers wat hulle lewe tydens die ABO verloor het asook aan die talle vrouens, kinders en bejaardes wat in Harrismith se konsentrasie kamp gesterf het.
Kort na die ABO, 1902, is ñ BURGERMONUMENT opgerig by die NG Kerk Harrismith
Later ontstaan die idee om nog ñ BURGERMONUMENT op te rig by die Stadsaal.
HAMILTON BRUG
Langs die nuwe brug oor die Wilgerivier is die Ou Hamilton brug nou in onbruik.
Gebou in 1907, dieselfde tyd as die stadsaal.
2 Augustus 1907 geopen deur Sir Hamilton Goold-Adams, Goewerneur van die Oranje Rivier Kolonie.
Bron Internet SAHRIS
Foto’s Gys Ströh snr Desember 2022
Samesteller Kobie Ströh