Braamfontein Begraafplaas
Kapel en Krematorium
ABO
WWI en WWII
1922 Mynwerkersopstand/ Mynwerkers Rebellie /Rand Revolt
BRAAMFONTEIN BEGRAAFPLAAS
Braamfontein Begraafplaas vertel die geskiedenis van Johannesburg.
Van die Stigterslede van Johannesburg, invloedryke persone tot doodgewone mense het sy aan sy hier ń laaste rusplek gevind.
Grafte en gedenkstene uit ABO, WW1 en WW11, Braamfontein se Dinamietontploffing 1896 en die slagoffers van die 1922 Mynwerkers Opstand hier te vinde.
Selfs die berugte Foster-bende is hier begrawe.
Een van bekendste is die graf van Enoch Sontonga, komponis van Nkosi Sikelel’ iAfrica waarvan ń groot gedeelte in SA se Nasionale Lied opgeneem is.
Die begraafplaas is in blokke ingedeel, elke geloofsgroep het sy eie blok. Afrikaanse Christelike kerke, Church of England, Roomse Kerk, Moslem, Hindu en Joodse Geloof elke groep het sy blok. Selfs ń kleiner blok vir Sjinese afgestorwenes.
Boomryk, netjiese paadjies waarin perdekarretjies vervloë jare die kiste vervoer het.
Grafstene, kunstig en goeie vakmanskap wat elemente kon weerstaan. Pragtige engele, kruise, blompatrone en versierings trek die aandag.
KAPEL EN KREMATORIUM
Die netjiese kapel en kreamatorium is in 1932 opgerig. ń Pragtige gebou.
1922 MYNWERKERSOPSTAND
Nuwe monument is in 2022 opgerig.
1922 – 2022
In Braamfontein begraafplaas sowel as in Brixton begraaplaas lê baie slagoffers van die 1922 Mynwerkersopstand of Mynwerkers Rebellie of Rand Revolt soos dir ook bekendstaan. Die” Friends of Johannesburg Cemetaries ” het in samewerking met ń paar ander belanghebbende groepe ń nuwe Monument opgerig om hierdie tragiese voorval in SA Geskiedenis in herinnering te roep.
ń Groot granietblok van 2, 5 ton is vanaf ń steengroef in Brits na Pretoria vervoer om hier in Braamfontein Begraafplaas opgerig te word.
Die granietblok het boormerke en boorgate op wat die mynwese simboliseer.
Net langs die krematorium is hierdie blok opgerig en onthul in Maart 2022.
Die inskripsie is eenvoudig en treffend:
In memory of all those killed during the 1922 Rand Revolt.
Terselfdertyd is ook steentjies op grafte geplaas wat name aandui van ń klompie slagoffers. Polisielede, Mynwerkers sowel as onskuldige lede van die publiek wat in die spervuur beland het. Meeste is sonder grafstene begrawe. Moontlik finansiële redes en ook om dalk moontlike vervolging vry te spring.
Die terrein waar die massagraf van die slagoffers is, is ook opgespoor en aangedui.
https://www.facebook.com/756456071392792/posts/1560324647672593/
http://monument-sa.co.za/1922-mynwerkers-staking-rand…/
Enoch Sontonga: http://monument-sa.co.za/nasionale-erfenisdag-nasionale…/
https://www.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/1486387611782