Slag van Delvillebos / Julie 1916 / WWI / Die Groot Oorlog 1914-1918

Slag van Delvillebos

Julie 1916

WWI

Die Groot Oorlog

1914-1918

DIE GROOT OORLOG

Die Eerste Wêreldoorlog, waarin die groot moondhede in die Wêreld mekaar aangevat het, kan met reg Die Groot Oorlog genoem word.

Dit was ń oorlog met katastrofiese gevolge: 10 miljoen soldate het gesneuwel, 9 miljoen permanent vermink, 12 miljoen ernstig verwond en nog meer miljoene ligter verwond.Liggaamlike en geestelike letsels is op die mensdom gelaat.

SUID-AFRIKA SE DEELNAME

Suid-Afrika is as Unie van SA, deel van Britse Bewind, uiteraard ook by die oorlog betrek.Ten spyte van anti-Britse sentiment, agv die nagevolge van die Anglo-Boereoorlog, het SA op versoek van Brittanje duisende soldate en vrywilligers na die oorlogsfront gestuur. Engelssprekendes sowel as Afrikaanssprekendes het saam met die Britse magte veral aan die Wesfront teen hulle vyande haan veg.

Agv rebellie en opstande en teenkanting vanuit Suid-Afrikaanse geledere in SA is daar min erkenning gegee aan die groot rol wat SA gespeel het tydens die Groot Oorlog en die geweldige lewensverliese.

Ongeveer 265 775 Suid-Afrikaners het aan die oorlog deelgeneem. Sowat 146 000 Blankes, 83 000 Swartes en 25 000 bruinmense.

Groot sukses is behaal in verowering van Duits-Suidwes-Afrika en in Noord-Afrika.

SAI

Die Suid-Afrikaanse Infanteriebrigade SAI is na die sukses in Noord-Afrika gestuur na Frankryk om die Diitsers daar te gaan verdryf.

13 Julie 1916 Die eerste gevegte by Trônesbos en Bernafaybos, die SAI ly die eerste 500 ongevalle onder hewige Duitse artillerievuur.

SAI word na Longueval en Delvillebos gestuur om die Skotse Divisie te gaan ondersteun.

DELVILLEBOS

Delvillebos was ń groot bos, digbegroei met hoë bome en digte bosse. Baie ontoeganklik met slegs hier en daar ń voetpaadjie.

14 Julie 1916Die SAI kry opdrag om tot die geveg by Longueval toe te tree. Die Duitsers het hulle posisie hewig verdedig veral uit die noordwestelike hoek van die aangrensende Delvillebos.

15 Julie 1916 SAI kry opdrag om Delvillebos te gaan verower. Luitenant-Kolonel Turner tree die bos in met 121 offisiere en 3 032 soldate. Hulle verower die bos, maar die noordwestelike hoek bly onder Duitse beheer.

16 Julie 1916 Twee kompanjies van die SAI en ń Skotse afdeling probeer die Duitse stellings aanval, maar misluk en moet terugval.

17 Julie 1916 SAI probeer weer die Duitsers terugdryf, maar misluk met geweldige verliese. Luit -kol Tanner word gewond en luitenant-kolonel Thackerey van die Derde SA Regiment neem bevel.

Die Duitsers se artillerie val voortdurend aan en dit maak die lewe vir die soldate ondraaglik.

Ammunisie raak op, gewondes kan nie afgevoer word nie en 72 uur reeds sonder kos en slaap.

Daar word gerapporteer aan die Franse dat die troepe uitgeput is en moeilik kan voorveg. Die antwoord: “Delville Wood is to be held at all costs.”

18 Julie 1916 Die Duitse teenaanval begin, ń bombardement van meer as 7 ure, tot 400 bomme per minuut. Die Duitse Infanterie, sowat 6000 man, val die Suid-Afrika stellings aan. Die SAI bied hewig weerstand, sommige selfs met bajonette as ammunisie opgeraak het. In die suidooste van die bos het die Transvalers onder kaptein Medlcot en by Buchananstraat manne onder Luit-kol Thackery weerstand gebied.

19 Julie 1916 Duitse magte gaan voort met hulle aanslag. Die SAI het moedig teen die oormag voortgeveg. Die slagting onder hulle skrikwekkend. Die Derde Suid-Afrikaanse regiment is van agter aangeval en feitlik heeltemal uitgewis.

20 Julie 1916 Thackerey laat weet vir die soveelste keer dat sy soldate nie kan voorveg nie. ” My men are on their last legs. I cannot keep them awake. They drop with their rifles in their hands and sleep in spite of heavy shelling…I fear they have come to the end of their endurance.”Nogtans het hul bly voortveg.T

een die middag het hulp opgedaag en is die oorblywendes afgelos.

ń Tragiese gesig , die laaste 120 man wat na 6 dae en 5 nagte agter hulle laaste 3 oorblywende, gewonde offisiere die slagveld verlaat.

Van generaal-majoor Lukin word geskryf: Hul generaal, ń geharde beroepsoldaat, het hulle vir ń rukkie gesalueer – daarna sy pet afgehaal en begin huil” *p 123

Van 3155 man wat die slagveld betree het, het 2435 gesneuwel. 578 se lyke nooit gevind nie.

Slegs 151 Suid-Afrikaanse soldate se lyke is gevind, net 81 kon geïdentifiseer word.

Hulle is in die Delvillebos Begraafplaas begrawe. Die res lê begrawe iewers in loopgrawe en bomkraters van die Delvillebos. ”

Delvillebos het gedisintegreer in ń verlate woestyn van gebreekte bome, verkoolde en brandende stompe, kraters gevul met modder en bloed, en lyke, lyke wat oral ontbind. Op plekke het hulle vier-vier bo-op mekaar gelê.

En die ergste was die gekerm en afsterwe van die gewondes. Dit het geklink soos die geraas van vee in die lente.” *p123

Na die Slag van Delvillebos was die SAI by verdere veldslae betrokke.

DELVILLEBOS GEDENKTERREIN

Van die digte lowerryke bos het na die Slag van Delvillebos net bomkraters en dooie boomstompe oorgebly.

Na die oorlog het sir Percy Fitzpatrick nanens die Suid-Afrikaanse regering Delvillebos by die eienaar gekoop.

Die Dept van Bosbou het 2 rye akkerbome weerskante van die laan geplant Die akkersaad afkomstig van ń akkerboom in SA wat in 1688 deur ń Franse Hugenoot, monsieir Jean Gardiol, op die plaas La Cotte geplant is.

ń Gedenkmonument is opgerig, ontwerp deur sir Herbert Baker, beeldhouer Alfred Turner.

Die gedenkmonument het ń gewelboog met twee klipmure weerskante, verbind aan beskutte skuilings.

Bo-op is ń bronsbeeld van twee mans en ń perd. Die twee mans simboliseer die Afrikaners en Britte wat saam geveg het. (Twee mitologiese figure, Castor en Pollux, uit die Griekse Mitologie).

Die monument is 10 Oktober 1926 ingewy.

Die inskripsie in Engels en Afrikaans lei : “Aan die onsterflike Suid-Afrikaners wat op die slagvelde van Afrika, Asië en Europa en op See die Groot Offer op die altaar van Plig gelê het, is hierdie gedenkteken deur hul landgenote in trotse en dankbare herinnering gewy.” “Vir ons is hul ideaal ń erfenis, hul offer ñ besieling.”

REPLIKAS

Replikas van hierdie monument is opgerig voor die Uniegebou in Pretoria en in Kaapstad.

OORLOGSGEDENKTEKENS

Orals in SA, in talle dorpe en stede, word gedenkstene aangetref wat na die Groot Oorlog opgerig is.

DELVILLEBOS KRUISE

Verskeie kruise is deur die Suid-Afrikaanse soldate gemaak uit boomstompe wat afkomstig is uit die Delvillebos. Hierdie kruiise was opgerig op plekke waar die meeste ongevalle was. Na die oorlog is van hierdie verweerde kruise na SA gestuur. Voorbeelde hiervan o.a. binne die gewel-ingang na die Kasteel in Kaapstad, Durban Stadsaal, Tuin van Herinnering Pietermaritzburg, Johannesburg St John’s College.

Die huilende houtkruis wat elke jaar Julie nog steeds onverklaarbaar begin “huil ” deur gom of hars af skei seker díe bekendste houtkruis.

DIE LAASTE BOOM

Tydens die Slag van Delvillebos is die bos feitlik vernietig. Slegs een boom in die middel van die bos, ń hornbeam of haagbreuk, het oorleef. Die skrapnelstukke en merke vandag nog sigbaar. Die boom staan nog sy plek vol in die Duiwel se bos. * p136

Bronne: Internet:* Hel toe en terug Gedenkuitgawe Louis Scott

Foto’s: Internet Facebook.

Maak 'n opvolg-bydrae