Wierdabrug / Sesmylspruit / Zesmylspruit / Hennopsrivier / Pretoria

Wierdabrug

Sesmylspruit / Zesmylspruit

Hennopsrivier

Pretoria

WIERDABRUG

Pragtige ou historiese brug Voor die ontdekking van goud was die vervoerstelsel in die Transvaal maar primitief en onontwikkel. Perdekarre, donkiekarre, ossewaens en poskoetse het maar van uitgetrapte waspore en driwwe gebruik gemaak en in die reënseisoen was dit moeilik begaanbaar.

Die eerste brug wat ń swaargelaaide wa en span osse kon dra was ń houtbrug oor die Apiesrivier , in 1848 deur Philip K Minnaar gebou, die Minnaarbrug.

Die ontdekking van goud in die ZAR het die ontwikkeling van die vervoerstelsel en die bou van brûe genoodsaak.

SYTZE WIERDA

1887 stel die ZAR regering vir Sytze Wierda aan met die opdrag om geboue te ontwerp met ń unieke Suid-Afrikaanse styl, later bekend as die ZAR-styl.

Hy is verantwoordelik vir geboue soos die Ou Raadsaal en Paleis van Justisie by die Kerkplein in Pretoria.

Wierda was gebore in Friesland.

Na sy aanstelling raak hy ook getaak met die ontwikkeling van die vervoerstelsel.

Hy ontwerp en bou vinnig 2 brûe oor die Apiesrivier.

Die eerste een die Leeubrug. http://monument-sa.co.za/leeubrug-in-kerkstraat-pretoria/

Wierda is bekommerd en waarsku dat die brûe ontwerp is sonder dat hy deeglike kennis van Suid-Afrikaanse toestande het aangesien klimaat, reënval, grondformasie ens. totaal verskil van toestande in Holland.

WIERDABRUG

Die 3de brug wat Wierda ontwerp is die brug oor die Sesmylspruit by die ou wadrif op die oorspronklike hoofpad tussen Pretoria en Johannesburg.

Sesmylspruit is so genoem want die wadrif was 6 myl van Pretoria af.

DIe bouwerk begin 1889 , die oorspronklike ontwerp het ń 12, 3 m enkelspan tussen 2 landshoofde, die fondasie 3,6 m onder die rivierbedding. Die kostes vir 2 oorspanne was te hoog, derhalwe is besluit op ń enkelspan.

Voor die brug voltooi is, het die geweld van water tydens oorstromings in 1890 die grond uitgekalwe onder die landhoofde en hulle laat oorhel.

ń Nuwe ontwerp word nou gebruik om die brug te herstel. ń Enkelspan van 21,3m. Die fondasie is 18 voet onder die laagwatermerk op ń soliede bank. Die bokant ń ysterbrug/staalbrug ontwerp volgens die skarniersisteem, ingevoer vanaf Duitsland.

Die eerste staalbrug in die ZAR, Wierda se derde brug.

Die kontakteur was JJ Kirkness.

Die Wierdabrug is seremoniëel geopen 22 Oktober 1891 deur Genl NJ Smit die destydse Visie-President van die ZAR. Hy het die naam Wierdabrug daaraan gegee.

1955 is die pad wyer gemaak en ń tweede brug gebou, parallel met die ou brug om groot verkeer te kan dra.

1965 is die Wierdabrug as historiese monument verklaar.

2011 het die Verwoerdburg Voortrekkers ń naamplaat laat maak om die verdwene plate te vervang.

HENNOPSRIVIER

Die Hennopsrivier kry sy naam van die plaas Hennopsrivier, vernoem na die weduwee Helena Hennop, eienaar van die plaas in 1850″s.

Oorspronklik het net die stroom wes van Swartkop as Hennopsrivier bekend gestaan en oos van Swartkop as Zesmylspruit/Sesmylspruit. Verwoerdburg se stadsraad het besluit die hele rivier sal voortaan Hennopsrivier heet.

ABOJ

unie 1900. Die Britse Opmars bereik Pretoria.

Pres Paul Kruger en die regering het reeds Pretoria verlaat en is by Machadodorp.

Generaal Botha en 3000 man is agtergelaat om die opmars van 30 000 Britte so lank as moontlik te vertraag om belangrike voorwerpe te verskuif na veiliger bewaarplek. Soos goud en geldvoorraad, ammunisiereserwes, dokumente en die drukpers.

Verdediging van Pretoria sal fataal wees met groot skade en lewensverlies van inwoners indien Pretoria gebombardeer sou word

Derhalwe het Pres Paul Kruger opdrag gegee om Pretoria te oorhandig aan die Britte. Genl Botha het sy manne laat stelling inneem om die Hennopsrivier om die Britte te pla en te vertraag.

Die laaste weerstand word gebied by Sesmylspruit deur Genl Lemmer en Genl de la Rey. Die Britse verliese was meer as 50 man.

INTERESSANT

Pretorianers noem die pad die Ou Johannesburgweg.

Johannesburgers noem dit Ou Pretoriawegen.

Engelssprekendes noem dit Old Joburg Road.

Die brug word na al die jare nog daagliks gebruik en getuig van goeie vakmanskap.

Die digte bewoning op die walle van die Hennopsrivier veroorsaak erge besoedeling.

Wierdabrug het net ń goeie afskuur en ń nuwe verflaag nodig

.BRONNE: Internet. Wierdabrug oor Sesmylspruit, ń Pleidooi vir die behoud van hierdie historiese brug. Pretoriana 1902 no 38.Oorlog-Beeld. Jackie Grobler

FOTOS: Internet. Gys Ströh snr Oktober 2021

Maak 'n opvolg-bydrae