1922 Mynwerkers staking/Rand Rebellie/Boksburg/ Cottesloe

1922 Mynwerkers staking

Rand Rebellie

Randse Mynwerkers staking

Witwatersrand

Boksburg, Benoni, Germiston, Brixton, Vrededorp, Fordsburg ens.

Slag van Fordsburg

Die vergete en doodgesmoorde slagting wat gebeure soos die Marikana onderonsie klein laat lyk.

21 Desember 1921 tot Maart 1922

Maart 1922 kondig Genl Jan Smuts bevelvoerder van die Unie van Suid-Afrika krygswet af en onderdruk die opstand van Randse mynwerkers met geweld. Groot lewensverlies en verreikende gevolge.

Hier word die amptelike sterftesyfer as meer as 200 aangedui maar werklike syfers is nooit bekend gemaak nie.

Die aanloop tot hierdie opstand het ń lang pad geloop.

Voor die ABO 1899 was die Afrikaner plattelands en het konserwatief en op tradisionele lewenswyse ń bestaan uit boer gemaak. Die Verskroeide Aarde beleid van Brittanje het hierdie lewensstyl vir altyd verander. Plase is afgebrand, families uitmekaar geskeur en Afrikaners is na stede gedryf, veral na Johannesburg, in ń poging om te probeer oorleef. Armoede het hoogty gevier en in Wes-Johannesburg (Vrededorp, Fordsburg, Langlaagte) was sowat 3000 gesinne in erge nood.

Die mynbedryf was die grootste werksverskaffer maar onder Engelse beheer en derhalwe is daar blatant teen Afrikaners gediskrimineer. Beter poste is vir Engelse gereserveer en boerseuns het moeilik werk gekry en indien wel, in laagste poste met baie swakker vergoeding as ander werkers.

1907 en 1913 het mynwerkers in opstand gekom maar regering het dit met bloedige geweld onderdruk en etlike werkers sterf.

Na WW1 verlaag myne die Afrikaners se lone weereens en vervang hulle met swart ongeskoolde arbeid.

Die werkers sluit aan by die Mynwerkersunie om om beter toestande te beding. Die toestande in die myne was swak en gevaarlik, myntering algemeen, geen mediese behandeling, Chinese en swart arbeiders ń bedreiging.

Die myne word ń kruitvat van armoede en swaarkry.

Jan Smuts neem oor by Louis Botha en sy lojaliteit lê by Brittanje.

Desember 1921 dank Kamer van Mynwese sowat 2000 werkers af en vervang met swart werkers.

6 Maart 1922 was daar ń groot optog na die middestad van Johannesburg, gelei deur die Mynwerkersunie en die SAKP (aanvanklik ń blanke beweging).

ń Eenvoudige opmars van ontevrede blanke mynwerkers eskaleer vinnig tot ń gewapende verset.

Smuts mobiliseer die weermag, kondig Krygswet af, neem persoonlik bevel oor en en onderdruk die opstand genadeloos. Die naiewe mynwerkers word onwetend pionne in ń verset nou nie meer teen mynbase nie, maar teen die Unie Regering wat die groot inkomste wat hulle uit myne verkry wou beskerm.

20 000 troepe word ingestuur, ondersteun deur tenks en vliegtuie wat laag vlieg en bomme op geboue vol mense afgooi. Johannesburg is in staat van oorlog en troepe vee woonbuurt vir woonbuurt skoon.

Smuts tree genadeloos teenoor sy eie mense op terwyl hy van ń afstand af op ń uitkykpunt dophou en bevel gee. Kanonvuur, gewere en masjiengewere maai stakers af wat desperaat agter verskansings en geboue probeer skuil. 1700 stakers gevange geneem waarvan 18 later ter dood veroordeel is sonder behoorlike verhoor. Minstens 214 is dood, 42 daarvan onskuldige bystanders. Die dooies is sommer vinnig deur die regering in ń massagraf in ń hoekie vir armlastiges in Brixton se begraafplaas begrawe, sonder enige name. Familielede vrees vir vervolging en skuil en mag nie die massagraf besoek nie. Presiese hoeveelheid sterftes is nooit vasgestel nie.Later is die grafte met grond gelyk gemaak.

16 Maart 1922 word staking afgelas.

17 November 1922 word 4 stakers ter dood veroordeel en net een graf, die van Taffie Long, het vandag ń gedenksteen op. Sy begrafnis is bygewoon deur 10 000 mense.

Die mynmaatskappy het met hulp van die regering die mag gekry om met uitbuiting voort te gaan. 15 000 blankes is afgedank, die res se salaris met 1/3 gesny.

Jan Smuts se gewildheid het geval en hy verloor die verkiesing. JBM Hertzog het gesê Smuts sal altyd onthou word as die SA Premier met bloed aan sy hande. Sy eie mense se bloed. Broer teen broer.

Samesteller: Kobie Ströh

Bronne: The Heritage Portal. Eensgesind. Wikipedia. John Roderick.Fotobeeld van 300 Monumente langs die pad van SA . eggsa graveyard project.

Fotos:Internet en Gysbertus Johannes Ströh Augustus 2019.

Cottesloe skool nou New Nation School. Interessant, huidige skoolhoof het nie juis inligting oor geskiedenis van die skool nie.

Taffie Long se graf is in Brixton begraafplaas.

Gedenksteen/ Naald/ kruis vir soldate in Boksburg, baie baie gevaarlike omgewing binne in ń plakkerskamp. Kyk fotos vam omgewing. Baie verval, moeilike paadjie. Moeilik om op te spoor. Wees bitter versigtig as terrein besoek word.

Laerskool Cottesloe

DIE MYNSTAKING VAN 1922Hannes EngelbrechtTussen Februarie en Desember 1920 daal die goudprys van 130 sjielings tot 95 sjielings per ons. Mynbase besluit om sowat 10 000 grotendeels wit myners af te betaal. Die Kamer van Mynwese beplan om wit myners te vervang met laerbesoldigde en ongeletterde swart myners. (Sedert 1915 het die mynbase wit salarisse aangepas met 60% en swart salarisse met net 9%). In September 1918 is ‘n ooreenkoms bereik dat geen geskoolde myner sy werk sal verloor nie. Toe die Kamer van Mynwese dus in 1921 bekend maak dat hulle 2000 halfgeskoolde wittes dadelik gaan vervang met goedkoop swart arbeid, was die gort gaar. ‘n Paar protesvergaderings in 1921 het nie indruk gemaak op die mynbase nie.In Fordsburg is vakbonde veral bedrywig en politieke partye spring op die wa. WH (Comrade Bill) Andrews van die Kommunistiese Party bepleit ‘n algemene staking. Bob Waterston en Tielman Roos van die Arbeidersparty vra vir afstigting van ‘n eie republiek. ‘In the meanwhile, a group of revolutionaries organized commandos under the leadership of people who called themselves the ‘Federation of Labour.’Gedurende Februarie skort die Aksiegroep alle onderhandelinge met die mynbase en Jan Smuts regering op. Georganiseer as die Federasie van Arbeid kring die staking uit na myne, kragsentrales en groot nywerhede.Gewapende wit myners stel padblokkades op en “scabs” (wittes wat gaan werk) en swart werkers loop erg deur.Op 6 Maart word die staking amptelik aangekondig. Twee dae later is dit ‘n openlike rewolusie. Gevegte breek uit tussen die stakers en die polisie om beheer van Johannesburg se kragstasie en poskantoor.Op Vrydag 10 Maart ruk verskeie ontploffings Johannesburg en die Oos Rand en die “Rooi Kommando” aanvaar verantwoordelikheid.Jan Smuts verklaar ‘n noodtoestand en stuur die Weermag in om orde te herstel. Op Saterdag 11 Maart verslaan die “Rooi Kommando” ‘n afdeling van die Imperial Light Horse by Ellispark in Doornfontein, en aan die Oos Rand beland die Transvaal Scottish by Dunswart in ‘n lokval. Die Weermag ly groot verliese.”Rooi Kommando” sluipskutters trek mynbestuurders, polisiemanne en “scabs” plat in Fordsburg en Jeppestown.Op die 12de roep Smuts alle beskikbare Weermag-eenhede – 20000 man – op. Hulle omsingel die “Rooi Kommando” by Brixton-brug en neem 2200 man gevangene. Op 13 Maart bevry Generaal van Deventer die beleërde polisiestasies in Brakpan en Benoni. Op 15 Maart bombardeer die Weermag Fordsburg Square. Fisher en Spendiff, twee stakerleiers pleeg selfmoord en laat ‘n nota: ‘We died for what we believed in – the Cause’. Samuel Alfred (Taffy) Long word in Fordsburg gearresteer en aangekla van moord en hoogverraad. John Garsworthy van Brakpan word die doodstraf opgelê. Ongeveer 200 mense is dood in die Randse opstand en meer as 1000 beseer. Die enigste “amptelike syfers” in die Parlement was 43 soldate, 29 polisiemanne, 11 stakers en 42 burgerlikes dood; 133 soldate, 86 polisiemanne, 45 stakers, 73 vermoedelike 197 burgerlikes gewond.Die regering het 4 692 mans, 62 vroue en 4 kinders ondervra; en 853 aangekla (waaronder 9 vroue).CC Stassen, Taffy Long, Herbert Hull en David Lewis is in Oktober en November gehang.Soos tyd aanbeweeg het gevalle van misbruik van die gewapende magte na vore gekom: die drie Hanekom broers en MW Smith is by Fouché Melkery in Rosettenville koelbloedig doodgeskiet deur die Transvaal Scottish na die Weermag se nederlaag by Dunswart. Die Tvl Scottish het ook WE Dowse geskiet na hy by ‘n “scab”, ene Adams, se vrou in Rosettenville gevang is. Smuts en die gewapende magte het aansien verloor; en die pad was geopen vir Hertzog se NP en die Arbeidersparty om 1924 se verkiesing te wen en ‘n Pakt-regering te vorm.** Taffy Long was ‘n Walliese myner en oudgediende van WO1 wat in 1920 na Suid Afrika geëmigreer het. Die 31-jarige Long het gou aanklank gevind by die armblankes en mynwerkers. “What did we find when we got back from the hell of war? I have listened to fine words about the dignity of the law. What do the mine owners care about our homes and the dignity of our lives? If they thought they could grind an ounce of gold from the Union Jack they would put it through the mills of their mines.”Die moord wat tot Taffy Long se doodstraf gelei het, was op ‘n “scab”, ene Pieter Marais van Brixton. Marais het polisiemanne in sy huis versteek. Na Marais geskiet is, het hy sy aanvaller beskryf: Taffy Long, kort, blond. Die volgende dag is Marais oorlede.De Witt en Du Toit het staatsgetuies gedraai en Taffy beskuldig as die skieter. Ooggetuies het volgehou dat die skieter die kommunistiese leier Percy Fischer was. Ene Maré getuig dat Du Toit die skieter was.Taffy het ‘n alibi, verskaf deur Mev Lensley, dat hy by haar aan huis was tot seweuur. Die hooggeregshof se drie regters kan geen beslissing maak nie. ‘n Spesiale hof met die Regter-President word saamgestel en Taffy word ter dood veroordeel. Na sy galgdood op 17 November woon 10000 woedende stakers sy begrafnis by in Brixton

Maak 'n opvolg-bydrae