Andrew Geddes Bain
Bainskloof pas
Andrew Geddes Bain
Brandewyndraai
Bainskloofpas is ń 30 km pas tussen Ceres en Wellington.
We-Kaap
595 m bo seevlak
Baie haarnaalddraaie oa Brandewyndraai
Pas is voltooi in 1853.
Gebou deur Andrew Geddes Bain met die hulp van bandiete.
Sowat 1000 bandiete het aan die pas gewerk, sommige se grafte langs die pad.
Tot 350 tot 450 bandiete het op ń slag gewerk.
Andrew Baines het die pas begin bou vanaf Wellington. 1848 begin hy met Tol 1, ń konstruksiedorpie met stoorplekke, werkswinkels, hospitaal, skoolgebou, stalle en selfs ontspankamer. 1849 begin hy met die bou van die pas.
Die eerste deel was redelik maklik met min brûe en hy plant selfs meer as 300 eikebome langs die pad aan vir skadu.
1951 verskuif hy die kamp na Tweede Tol. Hierdie deel van pas was uitdagend met tonne soliede rots wat verwyder moes word en walle en mure van tot 20 m hoog wat gebou moes word.
Alle werk is met die hand gedoen, met pik en graaf en handbore.
ń Ingenieurswonder.
Bainskloofpas open 1853
81 jaar later 1934 word die pad geteer.
1980 word Bainskloofpas as Nasionale Monument verklaar, 127 jaar na dit gebou is as deurgangsroete vir perd en perdekar.
Op die kruin van Bainskloofpas is ń gedenkplaat opgerig vir Andrew Geddes Bain.
Brandewyndraai
Bainskloofpas is bekend vir sy gevaarlike haarnaalddraaie.
Die bekendste een is Brandewyndraai.
1915 het werkers van die plaas Welvarenpas van Mnr Retief soos gebruiklik stroompie toe gegaan om te gaan was en water te drink. Tot hul konsternasie kom hul agter die water proe anders en tot groot vreugde besef hulle dit proe na brandewyn. Nodeloos om te sê, hulle het gou elke beskikbare houer gevul met brandewynwater.
Bainskloofpas was ń grondpad. ń Reisiger het opgemerk dat daar kronkelspore oor die stofpad geloop het, gevaarlik naby aan die rand van die pad. By een van die haarnaalddraaie sien hy die spoor verdwyn oor die rand. Die span osse staan geduldig ingespan en wag, die disselboom het gebreek. Toe hy oor die rand loer sien hy die wa met inhoud verstrooi in die kloof. Die wa was met ń vrag rosyne en brandewyn op pad vanaf Worcestor. Die drywer het bietjie die gehalte van die vrag getoets op pad en het ewe vrolik en ongedeerd in die kloof gesit. Die meeste van die vrag het gebreek en in die stroompie gevloei.
Voor hierdie gebeurtenis was die draai bekend as Morrie se draai aangesien Wellington se gemeente hulle nuwe herder ds Andrew Murray in 1871 hier ingewag het. Sy volksnaam was ds Morrie.
Na díe brandewynvoorval het die draai se naam verander na Brandewyndraai.
Bron en fotos : Wikipedia. Mountainpasses of SA