8 Junie 1900
Slag van Bothaspas
ABO
BOTHASPAS
Bothaspas bied deurgang deur die Drakensberge en lê net suid van die punt waar Transvaal, OVS en Natal ontmoet.
Aan die voet van die pas lê ń wye kom waar deur die Ingogorivier vloei.
Noord van die kom is die Drakensberge met ń hoë kop, Inkweloane, in Boerehande.
Noordoos is ń hoër kop, Inkwelo, in Britse hande.
Suidwes is ń losstaande kop, Spitskop, wat grootliks toegang tot Bothaspas beheer.
Suidwes van die kom is die Drakensberge wat suidoos swaai.
In die ooste is ń hoë berg, Vanwykskop, feitlik losstaande van die Drakensberge. Vanwykskop is hoër as Bothaspas.
Generaal Fourie en die burgers van Carolina-, en Lydenburg-kommando beskerm Bothaspas.
Die neerlae in Natal en opmars van Britte deur Vrystaat het Boere verwoed laat keer dat Britte die spoorlyn na Johannesburg bereik.
Op daardie stadium (volgens FJ Pretorius) het 100 000 kakies die ZAR oorspoel, Buller en sy generaals in die ooste, Methuan en White in die weste en Robberts en Kitchener uit die Vrystaat
Die Boere was goed ingegrawe op Laingsnek wat ń baie goeie natuurlike stelling gevorm het.
Genl Buller besluit om liewer deur Bothaspas te gaan deurbreek.
BULLER
Buller besluit om na sy suksesvolle opmars deur Natal deur te breek by Bothaspas aangesien Laiingsnek goed beskerm word deur die Boere.
6 Junie 1900 neem Buller Vanwykskop oor. Groot flater van Boerekant om slegs 25 wagte op Vanwykskop te plaas. Buller wil langafstand kanonne op Vanwykskop plaas om Boerestellings onder vuur te kry.
GENERAAL FOURIE
Generaal Fourie aan Boerekant verneem Engelse is op die kop en hy en sy manne veg verwoed om te keer dat Engelse kanonne op koppe plaas.
Genl Fourie besef wat is Buller se plan en probeer verhoed dat kanonne berg-op geneem word. Met ń Franse kanon en Burgers wat vuur vanaf die noordekant laat hy ń klompie burgers van Carolina die suidwestekant bestyg om op Vanwykskop Britte aan te val.
Die Britte kry versterkings, geveg duur ure lank, maar teen sononder moet die Boere terugval toe nog versterkings vir die Britte opdaag. Die Britte beheer nou Vanwykskop.
Buller plaas kanonne so dat hy Boerelaers onder vuur kry, 2 kanonne op Ingoghoogtes, 2 op Inkwelo, 6 op die noordoostelike uitloper van Vanwykskop en nog 4 op die kop self.
8 JUNIE 1900
SLAG VAN BOTHASPAS
Buller plaas sy langafstandkanonne so dat hy die Boerestellings kan beheer en 8 Junie bombardeer hy hulle so hewig dat hulle na veiliger plek moes terugtrek
Die Britte bestyg Spitskop, die Boere verdedig hewig uit loopgrawe maar moes swig teen die oormag en trek terug na Allemansnek.
Genl Fourie moet noodgedwonge sy laer na ń veiliger plek verskuif.
Die Britse oormag is te sterk, die Britte bestyg die berg. Ten spyte van heftige verdediging uit die loopgrawe, moes die Boere vlug.
Genl Fourie onttrek na Allemanshoogte waar hy stelling inneem en ń finale poging sal aanwend om Buller te stuit.
Die Britse kavalerie het probeer om die waens in te haal, maar die Boere se agterhoede kon hulle terughou.
8 Burgers dood en 12 gewond. Aan Britse kant 6 dood en 8 gewond.
Genl Fourie neem stelling in op Allemansnek met sowat 1200 man.
Bron: Internet. www.afrikanergeskiedenis.co.za
Foto’s ; Internet. Christo Geldenhuys Facebook.