Winston Churchill word gevang / 15 November 1899 / Estcourt Distrik / KwaZulu-Natal (Op Privaatgrond)/ ABO

Winston Churchill word gevang 15 November 1899

Estcourt Distrik

KwaZulu-Natal (Op Privaatgrond)

ABO

15 November 1899 neem ń groepie Boere ń jong Engelsman in burgerlike drag saam met ongeveer 56 ander Kakies gevange, min wetende dat hy later een van Brittanje se groot staatsleiers sou word.

Winston Churchill

Sir Winston Leonard Spencer-Churchill.Gebore 30 November 1874 Woodstock Oxfordhire. Oorlede 24 Januarie 1965 Londen.

Hy het verskeie beroepe beklee o.a. joernalis, soldaat, skrywer, politikus, staatsman.

Churchill kom 31 Oktober 1899 as oorlogskorrespondent vir die Britse koerant The Morning Post in die Kaap aan.

Op 15 November 1899 reis hy saam met ń afdeling Britse soldate in ń gepantserde gewapende trein in Estcourt omgewing op ń verkenningstog.

15 November 1899

Die Britse Bevelvoerder op Estcourt, Kol. C J Long stuur ń gepantserde trein op ń verkenningsrit met sowat 160 Kakies aan boord onder bevel van Kaptein JAC Haldane.

Die gepantserde trein, Hairy Mary, se lokomotief is met dik tou beklee, kompleet soos hare.

Generaal Louis Botha sien die trein, maar laat hom ongehinderd verbygaan.

Hy beraam ń plan vir ń hinderlaag met terugkoms van trein. Hy ontplooi die burgers van Krugersdorp en Wakkerstroom langs die spoor met opdrag om die spoor te beskadig en die trein buit te maak.

Die pantsertrein gewaar geen Boere en draai om by Chievely.

Die trein jaag vas teen ń klomp klippe wat burgers op die spoor gepak het en ontspoor gedeeltelik (3 treintrokke ontspoor) by die sandsteenbruggie oor die Bloukransrivier.

Churchill help die Britse soldate ywerig om die lokomotief en ń paar trokke van die ontspoorde trokke te bevry sodat hulle na Estcourt kan ontsnap.

Die Boere bestook die trein met ń ligte veldkanon, ń Pom-Pom, maar die masjinis en paar manne kry dit reg om te ontsnap.

Haldane en sowat 53 ander word gevange geneem, ook Churchill.

Churchill gevang

Die jong Engelsman word gevange geneem deur Veldkornet Sarel Oosthuizen, bekend as die Rooi Bul van Krugersdorp. So genoem weens sy welige glansende bos rooi hare en bloesende gelaat. Die dapper Rooi Bul het later tydens ABO gesneuwel.

Volgens ń Rooikruisverslag was Churchill se hand beseer tydens die gebeure.

Gelukkig het Churchill sy rewolwer op die trein gelos, want daar was geen genade van Boerekant vir gewapende burgers aan Britse kant nie.

Louis Botha stel gou vas dat Chuchill ń oorlogskorrespondent van The Morning Post is.

Kaptein Danie Theron skryf later in sy verslag dat volgens sy mening Churchill net voorgee asof hy nie deelneem aan oorlog nie. Hy beskou hom as ń groot gevaar.

Churchill word as gevangene na Pretoria gestuur waar hy in die Staats Model School aangehou word.

Drie belangrike persone teenwoordig: Het hul maar net geweet…

15 November 1899 toe die Boeremagte die gepantserde trein naby Estcourt aangeval het, was daar 3 persone teenwoordig wat later diep spore sou trap in hulle eie lande en in die wêreld se geskiedenis.

1. Generaal Louis Botha. Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika na uniewording 1910.

2. Mahatma Ghandi. ń Draer vir die Natalse Indiese Ambulanskorps aan Britse kant. Hy lei in 1947 sy land Indië na onafhanklikheid van Brittanje

3. Winston Churchill. 1940 Premier van koalisieregering in Brittanje. Hy met sy kenmerkende sigaar word tydens WW11 simbool van Engeland se wil om die Duitse aanslag af te weer.

Chuchill ontsnap

Winston Churchill word gevange gehou in Staats Model School in Pretoria. Hier vier hy ook sy 25ste verjaarsdag 30 November 1899.

Hy beplan saam met ń groep Britse Offiere ń ontsnapping en oorname van Pretoria, planne wat nie tot uitvoer kom nie.

Churchill word as burgerlike nie streng bewaak nie en hy maak ook ń belofte dat hy nie sou ontsnap nie.

Die nag van 12 Desember 1899 ontsnap hy alleen en sy beroemde woorde dat hy die magtige Apiesrivier deurgeswem het, is nog altyd ń bron van vermaak vir Afrikaners wat die Apiesrivier as ń spruit beskou. Hy kruip weg in ń goederetrein en later steek ń mynbestuurder en sy vrou hom weg in ń mynskag van ń steenkoolmyn in Witbank. Versteek tussen ń besending wolbale ontsnap hy verder per trein tot in Delagoabaai. Van daar reis hy per skip na Durban en word op 23 Desember in Durban as ń held ontvang.

Churchill keer terug na die front

Januarie 1900 keer Churchill terug na die Natalse Front as korrespondent tot Julie 1900 waarna hy terugkeer na Engeland.

Churchill in Londen

1900 skryf Winston Churchill 2 boeke oor die oorlog.

Hy beskryf sy ervaring en indruk van die Boere baie gunstig. (Kyk foto onder)

Hy is gekant teen die Britse metodes teen die einde van die oorlog en skryf ń brief aan Milner waarin hy daarna verwys as barbaars.

Hy word verkies as parlementslid en betree ń prominente rol in Brittanje se geskiedenis.

Gedenksteen

ń Gedenksteen is opgerig op die plek waar Churchill gevange geneem is.

Daar naby is ook die grafte van gesneuwelde Britse soldate. Besonders is die name en inligting op grafte wat met ingemesselde patroondoppies geskryf is. Hierdie is alles op privaatgrond en kan slegs besoek word met toestemming.( Johan Outram ATKV Drakensville reël Kultuurtoere)Ks

Bron: Wikipedia. Maroelamedia. Www.mieliestronk.

Fotos: Internet. Gys Ströh snr Augustus 2021.

Maak 'n opvolg-bydrae