Winburg Voortrekkerbegraafplaas / Konsentrasiekamp Begraafplaas/ Hotel / Stadsaal / Kerkplein / Poskantoor

Winburg

Voortrekkerbegraafplaas

Winburg

Winburg of ook toe genoem Wenburg is die eerste dorp aangelê deur die Voortrekkers.

Andries Pretorius en ń paar trekboere het hierdie grond tussen die Vetrivier en die Vaalrivier van die Barolong geruil vir ń paar stuks vee en die belofte van beskerming teen die Matabeles.

Voor 1843 was Winburg deel van die Republiek Natalia.

1843 word Winburg ingelyf by Kaap de Goede Hoop.

1848 annekseer Sir Harry Smith die gebied tussen die Oranjerivier en Vaalrivier vir die Britse kroon as die Oranje Rivier-Soewereiniteit.

1854 word die onafhanklikheid van die Vrystaat erken en so bly dit tot met die ABO.

1872 word Winburg verklaar as ñ munisipaliteit.

Winburg area was betrek by baie oorloë o.a. teen die Matabeles, Basotho’s, ABO en selfs die 1914 Rebellie.

Die begraafplase getuig van hierdie tragiese gebeure.

Winburg was eens ń florende lewendige dorp, besige sentrale punt, selfs die hoofstad van die Vrystaat. Vandag agv veral padnetwerke is Winburg slegs ń skadu van vroeëre glorie.

VOORTREKKERGRAFTE

Naby die Winburg Voortrekkermonument is ń paar Voortrekkergrafte, die Wessel familie se grafte. Die oudste blyk díe van Mattheuwis Hendrikus Wessels 17/7/1799 – 10/5/1857.

Soms genoem die Rietfonteingrafte of die Wesselsgrafte.

OU BEGRAAFPLAAS/ENGELSE GRAFTE/KONSENTRASIEKAMP GRAFTE

Net buite Winburg is die ou begraafplaas.

Gedenkstene opgerig vir konsentrasiekamp slagoffers en ń aparte deel spesiaal vir Britse sterfgevalle. Hoewel erg verwaardloos is dit een van die min begraafplase waar die ysterkruisies nog nie almal gesteel is nie.

Opvallend hier is die grafkelder vir ene

Schnehage.

FP SCHNEHAGE

FP Schnehage is gebore 1811 in Hamburg Duitsland.

1840 kom hy na Suid-Afrika

1844 vestig hy hom in Winburg, vestig ń handelswinkel en werk as sekretaris vir die plaaslike landdros.

Tydens die ABO skaar hy hom aan die Boere se kant.

Na die Slag van Boomplaats word Schnehage deur Sir Harry Smith gevange geneem en beskuldig daarvan dat hy wapens en ammunisie verskaf het aan die Boere by Boomplaats.

Sir Harry Smith wou van hom ń voorbeeld maak deur hom aan ń boom op te hang op die Kerkplein.

Na ń emosionele pleidooi deur sy vrou word hy ń boete van 200 pond opgelê wat die goedgesinde inwoners sommer gou gou bymekaar gemaak het.

Na die oorlog was hy ń gewilde man en hy het ń suksesvolle sakeman geword wat ook later betrokke geraak het by die Vrystaatse Politiek en Winburg verteenwoordig het in die Volksraad..

1854 is Schnehage een van die ondertekenaars van Bloemfonteinse Verdrag wat die Vrystaat teruggee aan die burgers.

1888 sterf hy as ń vermoënde man met ń groot boedel en heelwat plase.

Schnehage se vrou is erfgenaam.

Schnehage se testament is baie interessant.

Sy oudste dogter Martha Margaretha 2/3/1843 trou in 1861 met Dr James Gibson, ń Engelsman, ń Skot. Dr Gibson was die eerste mediese dokter gevestig in Winburg.

Schnehage was so gekant teen hierdie huwelik dat hy haar en haar kinders uitgesluit het in sy testament. Inteendeel, die dag voor sy dood het hy ń klousule in sy testament bygesit wat bepaal dat haar kleinkinders ook uitgesluit moes word.

Schnehage ae grafkelder binne (Maart 2021)

KONSENTRASIEKAMP BEGRAAFPLAAS

Winburg het ń groot konsentrasiekamp gehad tydens die ABO. Die kampe was sonder infrastruktuur en vroue en kinders is hier aangehou in oorvol tente. Die besonderse koue winters van 1899, 1900 en 1901 het die lewe ondraaglik gemaak in hierdie kampe. Minstens 355 kinders en 132 volwassenes het hier gesterf, meestal agv siekte, wanvoeding en ondervoeding.

Hier vind ons ook die graf van Alice Draper waarvan ons lees in Nico Moolman se boek:The Boer Whore. Dit was juis tydens ń poging om medisyne vir haar siek vriendin Alice te probeer kry wat Susan Nel (17 jaar oud) die Britse offisiere ten prooi geval het en hulle haar vir dood weggegooi het nadat sy herhaaldelik verkrag is. Hopelik sal ons binnekort die film oor die lewe van Susan Nel te siene kry.

Die begraafplaas lê ongelukkig reg langs ń stortingsterrein wat besoek baie onaangenaam en onveilig maak.

Winburg se pragtige stadsaal is in 1938 gebou. Die ou Poskantoor is gesloop en op sy plek is die Stadsaal gebou.

ń Brand het in 2016 groot skade aan die gebou aangerig, maar kon danksy die gemeenskap se betrokkenheid geblus word voor gebou heeltemal verwoes is. Tans is die Stadsaal in onbruik, slegs ń gedeelte word gebruik as ń kliniek.

HOTEL

Winburg se Hotel is in die ou historiese gebou met datum 1867 aangedui.

POSKANTOOR Weerligafleier

Voor die Winburg Poskantoor is ń weerligafleier wat volgens landmeters presies die middelpunt van die Vrystaat aandui.

KS

Bronne: Internet. Wikipedia. Urban&Rural Exploration . Facebook.

Fotos: Internet. Gys Ströh snr Desember 2020

Maak 'n opvolg-bydrae