Winburg Voortrekkermonument

Winburg

Vrystaat

Voortrekkermonument

Winburg

Die oudste geproklameerde dorp in die Vrystaat, een van die oudste nedersettings noord van die Oranjerivier.

Die Groot Trek

Toe die Voortrekkers hierdie area ingetrek het was daar nie ander inwoners nie. Die naaste was die Barolong by Thaba Nchu ( so 60 km suid) en die Basotho stamme in die berge ( so 100 km oos), huidig Lesotho.

1836 het Andries Pretorius reeds hier vee geruil en ń ooreenkoms met die Barolong bereik. In ruil vir vee en beskerming vir die Barolong teen die Basotho’s wat voortdurend hulle vee steel, kry hulle die grond tussen die Vaalrivier en die Vetrivier.

Toe die Voortrekkers hier begin bymekaar kom het, het hulle verskil oor waar die dorp gevestig moes word. ń Stemming is gehou onder die burgers en Andries Pretorius se groep wen om die dorp in sy huidige ligging aan te lê. Van daar die naam Winburg, die Hollandse woord : “winnen”, wen.

Voortrekker Monument

Winburg was die nedersetting van die Voortrekkers en die godsdienstige sentrum vir die trekkers. Winburg speel ń belangrike rol in die Voortrekkergeskiedenis. 1837 was daar reeds ongeveer 5000 trekkers hier in die laer.

Die idee van ń Voortrekkermonument is al vroeg geopper en die vraag is alreeds in 1930 gevra…Waar?..

Winburg en Bloedrivier was die sterkste aanspraakmakers op die plek van oprigting.

Winburg het verseker die beste ligging gehad; In die hartjie van die Vrystaat, op die Voortrekkerroetes, maklik bereikbaar, voldoende water vir tuine rondom, ruimte vir ñ opelug museum. ń Koppie op die plaas Rietfontein is gekies om monument baie sigbaar te maak.

1936 tydens ń konferensie is ń stemming gehou en Winburg verkry 12 stemme en Pretoria 14 stemme. Die Voortrekkermonument sou in Pretoria opgerig word.

Winburg Voortrekkermonument

Winburg bou ń sekondêre Voortrekkermonument net buite die dorp.

1964 word ń kompetisie uitgeskryf vir die beste ontwerp en simboliek en die eerste prys gaan aan Hans Hallen en M. Dibb. Hans Hallen se ontwerp word aanvaar.

Aanvanklik is beplan om yster en gouddraende rots uit die Vrystaatse myne te gebruik, maar die kostes sou te hoog wees. Wit beton, gegiet in seksies mbv rowwe houtvormwerk is gebruik.

10 Oktober 1968 word die inwyding vam die Winburg Voortrekkermonument luisterryk gevier met meer as 12 000 mense teenwoordig en verbyvlugte van Harvards in formasie en straalvliegtuie.

Simboliek

Monument ter nagedagtenis aan die Voortrekkers.

5 skulpvormige suile wat die hoogte in reik.

Elke suil verteenwoordig ń Trekleier; Piet Uys, Andries Potgieter, Andries Pretorius, Piet Retief en Gerrit Maritz. Die hoogte van die suile is elk proporsioneel tot die afstand wat elke trekleier afgelê het.

Die groepering van die suile dui op ń ordeliewende gemeenskap en herinner aan die wa-laer en die vorm van die rondkappige wa.

Die bokant van elke suil is in die vorm van die trekosse se horings en gee erkenning aan die rol wat die osse gespeel het in die Groot Trek.

Die opswiepende krommings dui op die vorentoe en boontoe beur van die beskawing die binneland in.

Die waterbak wat die suile met 5 geute verbind beeld die geloof van die Trekkers uit.

Water word na buite gelei, simbolies van die Groot Trek, die onrustige gees van die Trekkers en hulle invloed wat die land deurvloei het.

Die lae dak vang die reënwater op, vloei deur die 5 geute en word langs waterketting “waterchain” gelei en mbv ń pomp hersirkuleer. Die water van die Rietfontein dam sou water aanvul.Huidig nog net oorblyfsels van “waterchain” oor en die pompkamer in onbruik.

Die beskutte binneruim beeld die rol van die vrou gedurende die Groot Trek uit.

Die oorspronklike ontwerp het voorsiening gemaak vir ń beeld van ń vrou wat ń kind omhels. Baie planne en baie besware veroorsaak dat idee vergete raak en beeld nooit ontwerp is nie.Selfs op plaat wat die ingewikkelde simboliek van die monument verduidelik word die binneruim en vrouebeeld nie eers genoem nie.

Net soos by die Voortrekkermonument val die lig deur ń opening bo op 16 Desember in die binneruim. Daar was ń koperplaat met Bybelverse, maar díe het sedertdien verdwyn. Nou skyn die ligstraal op die vloer en dui duidelik aan waar die plaat was.

Die ligstraal versinneneeld die Goddelike Lig.

Daar kan van onder af opgekyk word na die lig daar bo.

Agteruitgang.

Tekens van vandalisme en verwaardlosing duidelik sigbaar alhoewel terrein netjies is.

Die museum gesluit agv Covid.

Die buitemure van die museum herhaal die simboliek van die voortrekkermonument en die plaveisel die wielpatrone simbolies van die Groot Trek.

Die groot buitelug amfiteater is oorgroei, veral met doringboompies.

Simboliese Ossewatrek

Waspore voor die monument 1938. Herdenking van Groot Trek 1838-1938

Muurtjie met reliëf 1988. Herdenking van die Groot Trek 1838-1988

Bronne; Internet. Wikipedia.

Fotos: 17 Desember 2020. Gys Ströh snr

Maak 'n opvolg-bydrae