John Roderick; Facebook/FAK
Die geskiedenis van die
Voortrekkertapisserie
in die Voortrekker Monument .
1
Deel een.
Op die 1ste September 1952 was ń besluit deur die Vrou en Moederbeweging van Suid-Afrika
geneem om ń tapisserie te maak wat die Groot Trek sou herdenk.
Die tapisserie, in totaal 15 panele sou uiteraard in die Voortrekker Monument gehuisves word.
Vroueverenigings dwarsoor die land, ingeslote die van Suidwes-Afrika was genader om fondse vir die projek in te samel.
Met die hulp van die ATKV, etlike skole, kerke, stadsrade, landbou verenigings asook sakeondenemings was binne ń jaar voldoende fondse ingesamel.
Die pers, veral die “SAUK” van destyds het natuurlik baie gehelp om die projek bekend te maak en ook fondse te in.
Laaste was daar ook die skenkings van die Suid-Afrikaanse Weermag, en Kommando’s.
Erich Mayer een van Suid-Afrika se mees bekroonde skilders was genader om die panele te ontwerp.
Mayer het egter bedank aangesien hy, volgens homself, nie ń kenner van die Groot Trek was nie.
Ook sou dit volgens hom baie lank neem om ń indiepte studie van die Trek te maak.
Meyer het ook gereken dat hy te oud was gegewe die omvang van so ń werk.
Die bekende kunstenaar W.H.Coetzer was daarna gevra.
Die Vrou en Moederbeweging kon na my mening nie ń beter kunstenaar as Coetzer gekies het nie.
Hy was immers behulpsaam met die fries panele in die Voortrekker Monument, het reeds etlike Voortrekker kunswerke gelewer, en het ń indiepte kennis van die Groot Trek gehad.
Coetzer was aanvangklik skepties, maar tog oop vir oortuiging.
Om hierdie rede het hy aanvangklik slegs een paneel op tapisseriegaas geskilder.
Die toneel (die 9de in die reeks) was die van Blijde Vooruitzicht in Natal.
Die agtergrond het bergreekse gehad en op die voorgrond was daar gras en blomme.
Ook was daar ń kakebeenwa tesame met ń vrou, haar dogtertjie.(Ek kon nie ń foto van hierdie spesifieke paneel opspoor nie.
Nadat die tapisserie voltooi was het mev. Nellie Kruger en haar span Coetzer gevra om te kom kyk.
Coetzer het daarna ingestem om die werk te doen.
Die Vroue het op daardie stadium net een versoek gehad.
Coetzer was naamlik gevra om die verf kleure by die wol te probeer aanpas aangesien wol nie noodwendig altyd in die verf se klere te vinde was nie.
2
Mevrou Nellie Kruger en W.H.Coetzer het na die eerste proef paneel, bymekaar gekom om oor die verf se kleure te konfidereer.
Nadat beide partye die wol kleure deeglik ondersoek het, het Coetzer aan die werk gespring.
Coetzer het baie deeglik te werk gegaan en indiepte navorsing gedoen.
Olieverf sou nie werk tensy allerhande middels bygevoeg word wat weer op die lange duur nadelig op die tapisseriegaas sou inwerk.
Waterverf sou maklik wees om te meng en ook te kleur na gelang die wol se kleur.
Waterverf is egter geneig om in mekaar te vloei, en dit kan ook lank nat bly.
Op die end het Coetzer se keuse op Pelikan Plaka geval.
Laasgenoemde was ń Duitse produk en byna net so dik as heuning.
Pelikan Plaka het ook die voordeel gehad dat dit gou droog word.
Die keuse van wol was ook moeilik, dog op die end was besluit op “Patons Beehive Tapestry Wool”.
Daarna het Coetzer die verf begin meng om by die wol aan te pas.
Elke mengsel was afsonderlik in potjies gemeng.
Die kleur van die potjie, asook ń stukkie wol was op die deksel aangebring.
Tesame was 102 verskillende kleure verf deur Coetzer gebruik.
Soms het van die potjies uitgedroog en moes daar weer gemeng word.
Die verf van die tapisserie het vyf jaar van Coetzer se lewe in beslag geneem.
Volgende aan die beurt was die tapisseriegaas.
ń Bekende firma, Stuttaford, was genader en het ingewillig.
Laasgenoemde het die materiaal gratis verskaf wat ń groot geskenk was.
Vandag se paneel is getiteld,
“Die Verjaarsdag”.
Hierdie paneel beeld ń geselskap deftig geklede vroue uit wat onder ń eiekeboom voor ń huis ń bejaarde vrou geluk wens met haar verjaarsdag.
ń Kat skuur teen die ou dame se roksoom.
Spandaukop is in die agtergrond.
Twee deftige mans met keile op sluit hul by die geselskap aan en nog ń ander kom te perd aangery.
ń Seun wat met dolosse speel is in die voorgrond te sien.
Hierdie paneel beeld die beste uit van Voortrekker drag soos in die tyd gedra.
Let gerus ook veral op die vroue kappies, mantels en die herfs blare in die voorgrond.
Die kleure, asook die tapisserie is met een woord uitstaande.
4
Oor die Grootrivier”
Die paneel beeld die Voortrekkers uit wat met vlotte hul kakebeenwaens oor die rivier gebring het. Hierdie spesifieke toneel was deur Coetzer by Zanddrif, sowat 17,71 km vanaf Aliwal-Noord geskilder. Zanddrif is soms in die volksmond ook bekend as Vlotdrif. By die drif is vlotte van boomstamme gemaak en die waens daarop vasgemaak. Duidelik kan in die paneel gesien word hoedat die osse wat reeds deurgeswem het, besig was om in die jukke vasgemaak te word. Hier speel die berge en wolke in die agtergrond ’n minder belangrike rol en word gefokus op wat in die voorgrond gebeur. Let op na die gereedskapkas, die moeder na regs met die braaivurk in die hand, asook die koper konfoor op die tafel. Net agter die konfoor sit ’n bejaarde man wat omkyk met ’n kommetjie koffie in beide hande vasgehou. Na regs agter is ’n moeder en dogtertjie by ’n driepoot besig om ook ’n ete oor te hang. Laastens, let op na die 2 kakebeenwaens oorkant die rivier, met ander wat nog op pad was. Let ook op na die bruin stippeltjies net effe regs voor die waens aan die oorkant. Sou dit osse kon wees wat besig was om deur te swem?
5
7
Deel sewe.
Hierdie paneel is getiteld,
“Begrafnis in die veld.”
Geskiedkundige gegewens vir hierdie paneel was deur Coetzer uit Tregardt se dagboek gekry.
Tregardt skryf op die 11de Maart 1837 dat die dogtertjie van juffrou Scheepers te sterwe gekom het.
Op Sondag die 12de Maart het ook Anna Phillipina Susanna Scheepers na ń lang siekbed van 5 maande te sterwe gekom.
Tregardt skryf dat hy en Carolus die kiste gemaak het.
Die begrafnis het omstreeks 3 uur die middag geskied.
Die toneel dui die oomblik aan toe die kissie in die graf afgesak het.
Louis staan met ń Bybel in sy hande en het pas klaar gelees.
Langs hom, met die gryshare staan “ou” skoolmeester Daniël Pfefer.
Die res van die trek geselskap staan ook almal om die graf.
Martha Tregardt staan heel links, en die weduwee Scheepers staan regs in rou.
Laasgenoemde het ń paar maande tevore haar man aan malaria afgestaan.
Haar seuntjie met sy hond hou aan haar rok vas.
Op die kis lê ń eevoudige kransie van veldblomme, en ń dogtertjie wil as laaste eerbewys ń bossie veldblommetjies op die kis laat val.
Die gebreekte boompie heel regs word gebruik as simbool van die jong lewe wat nie meer bestaan nie.
Let gerus op die waens en osse in die agtergrond.
Hierdie paneel was ook deur mev.J.W. Prinsloo gemaak.
Die hoeveelheid steke wat dit geneem het om te voltooi word ongelukkig nie genoem nie.
Mevrou Prinloo vertel wel dat toe die tapisserie klaar was sy dit in haar sitkamer gehang het.
Sy het dit so krities as moontlik, en vanuit elke moontlike hoek beskou toe daar aan die voordeur geklop word.
Die gas was die skywer D.F.Malherbe.
Malherbe het die paneel aanskou en was duidelik aangedaan.
Sy woorde, “Die droefheid van Afrika…hoe is ons volk tog nie uit droefheid gebore nie…”
8
“Herstel van wawiele”
WH Coetzer was ’n opgeleide wamaker gewees wat elke deel van die wa geken het. Coetzer het hier sy ambag as wamaker saam met die dagboek van Louis Tregardt gebruik om die paneel te skilder. Tregardt en sy geselskap het by geleentheid naby Hangklipberg, na aan die huidige dorp Louis Trichardt oorgestaan. Die kakebeenwaens was daar almal baie deeglik nagegaan aangesien die tog oor die Drakensberge na Delagoabaai op hande was. Die (kommetjie) wiele van die waens moes gekort en herstel word. Die geselskap was toe reeds net oor ’n jaar op die trek-pad gewees. In die middel is “ouwe Botha”, na wie Tregardt dikwels in sy dagboek verwys, besig om vellings vir die speke van ’n wiel aan te sit. Tel gerus die speke, hul is presies veertien. Net agter hom staan Tregardt besig om ’n brief aan die Portugese in Delagoabaai te skryf. Hy vra kruit, lood, klerasie, naalde linne ens. aan en bied in ruil ivoor en velle aan. Let gerus op die gereedskap wat op die tafel uitgepak is. Daar is ’n omslag, skaaf, swaaihak tot selfs ’n kommetjie koffie vir die dors. Na links agter kan die vuur gesien word waaruit die rooiwarm waband gehaal is en waarmee die wiel gekort gaan word. Let op die vuur se rooi-oranje gloed teen die mans met die band, en ook teen die tent wat oor die wa gespan was. Oor die aambeeld in die voorgrond hang enkele hoefysters wat pas klaar gemaak was. Net langs die aambeeld is ’n houtemmer water waarin die tange afgekoel word. Let op die kakebeenwaens in die agtergrond onder die kremetartbome en die ruiter heel regs in die agtergrond. Coetzer se vrou, Tring het hierdie besondere paneel uitgewerk. Die twee het saam in sy ateljee gewerk, hy met die kwas en sy met die naald.
9
“Oor die Drakensberge”
Op die 7de Desember 1837 begin Tregardt teen die berg aftrek. Die hoë piek in die middel van die paneel is die Gopella-piek en is +- 5500 voet hoog. Tregardt het vier osse voor sy wa ingespan. Die twee agterosse se sterte was aan die kakebeenwa vasgebind, en dan die sterte van die twee voor hulle aan die beul van die disselboom. Blykbaar was dit gedoen om te keer dat die osse teen die skuinste bolmakiesie slaan. Om osse wat briek so na as moontlik aan realiteit te kon skilder, het Coetzer ’n plaaslike boer met osse se hulp ingeroep. Daar op die man se plaas teen ’n afdraand kon Coetzer ’n getroue weergawe vind van hoe ’n os met ’n vrag agter hom teen ’n afdraand rem.
Onder die agter-as van die wa is boomtakke ingedruk en vasgemaak. Die doel daarvan was om te help briek teen die afdraande. Om hierdie rede is die wa se wiele tesame met enkele ander items ook daarop vasgemaak. Tregardt beskryf op meer as een plek in sy dagboek hoedat van die takke aan klippe vasgehak het. Die tent van die wa is gehawend en gelap. Ook val daar ’n skaduwee daaroor wat aanduidend is van die hoë steftesyfer later in Delagoabaai.
Die grysaard regs is die skoolmeester Daniel Pfheiffer, wat op daardie stadium reeds 78 jaar oud was. Duidelik kan gesien word hoe ’n dogtertjie hom laaf met ’n kommetjie water. Let op na die hoed op sy knie, en vrou net effens vorentoe waarvan net haar rug en kappie uitsteek. Regs in die hoek is ’n moeder besig om ’n kind teen die berg af te dra op haar rug. Let op die mooi patroon van haar kappie. Regs na bo word beeste en skape die berg afgebring.
10
“Blijde Vooruitzicht”
Blijde Vooruitzicht, en die terrein waar die Kaalvoetvrou-monument te vinde is, is feitlik bymekaar geleë. Kerkenberg is ook glad nie ver daarvandaan geleë nie. Erasmus Smit, predikant gedurende die Groot Trek, skryf op Saterdag die 11de November 1837 “noemde nu deze vallei Blijde Vooruitzicht”.
Die naam is deur Smit aan die omgewing gegee omrede ’n brief van Piet Retief ontvang is. Die brief is deur Piet en Coenraad Meyer, wat deel was van die Retief-geselskap, gebring. Piet en Coenraad het ook vrugte, al die pad vanuit Natal, saamgebring. Die brief het bevestiging gebring dat Dingaan positief ten opsigte van ’n grondtransaksies was. Ook is daarin konsent gegee om die berg af te trek.
Smit skryf op Dinsdag die 14 November 1837 die volgende: “In de morgen om 8 ure spanden we de ossen voor de 23 wagens, om de zeer hoge Drakensberg af te rijden. Na zeer veel moeite, meer dan 20 remhoogten kwamen wij met 18 wagens tegen zonsondergang, in de laagte aan de voet van die grote Drakensberg; alwaar wij bij water en zeer goed gras uitspanden.” Smit skryf verder dat slegs die wa van W Prinloo omgeslaan het en dat ’n pragtige stel stoele gebreek het.
Die paneel beeld ’n seun net regs van ’n wa uit wat met die Voortrekkervlag (van die latere Republiek Natalia) teen die berg afstap. Dit het duidelik gereën omrede die wa diep spore trap, en die veldblomme pragtig staan. Anders as met Tregardt wat sy waens se agterwiele afgehaal het, is hierdie waens gebriek deur remskoene, asook rieme vasgehou deur van die Voortrekkers. Samelopend met bogenoemde, skryf Smit ook dat sommige waens se agterwiele met remkettings aan die waens se onderstelle vasgemaak was. ’n Vrou met ’n lam is stadig besig om ’n trop skape en bokke teen die berg af te stoot. Net links van die vrou kan ’n dogtertjie ook met ’n lam in haar hande gesien word. Haar “suster” net agter haar het veldblomme in haar hand terwyl die groter dogter ’n pop in haar hande dra. Let op dat al die vroue verskillende kappies dra, en ook die veldblomme heel regs in die hoek. Al op die rand van die berg is mans te perd besig om te help.
11
Hierdie paneel is getiteld
“Retief se afskeid”, en was deur mev.M.B. de Wet van Oudtshoorn uitgewerk.
Piet Retief staan hier in die middel van die tapisserie.
Sy vrou, tant Lenie het haar hand op haar seun Pieter se skouer.
Retief se dogter Deborah staan net regs voor van hom en is besig om sy veldfles vol water te maak.
Retief se seun wou vreeslik graat op die tog saamgaan.
Hierdie toneel waar die seun pleitend vra, Retief oorweeg, en die moeder probeer keer word ook uitgebeeld.
Regs op die doek is van die ruiters al gereed om te vertrek.
Die bladsak aan Retief se lyf waarin die traktaat gevind was, asook die veldfles was later by sy oorskot gekry.
Let ook op dat beide hy en sy seun kruithorings dra.
Kyk net hoe mooi is Lenie, Retief se vrou se kappie en mantel.
Deborah se kappie en rok is self ook baie mooi.
Vier jong seuns by name Pieter, (Retief se seun) Danie Liebenberg,
Kosie Oosthuizen en Kootjie Opperman sou die tog tesame met 65 ander Voortrekker mans en agteryers meemaak.
Die doel van die tog was om die beeste wat Sikonyella gesteel het aan Dingaan terug te bedorg. Deur dit te doen sou die grond transaksie vasgemaak gewees het.
Die geselskap het op die 25ste Januarie 1838 vertrek en niemand sou lewend terugkeer nie.
12
Deel twaalf.
Hierdie paneel is getiteld
“Bloukransmoord”.
Hierdie paneel was deur mev.Minna Steyn van Pretoria uitgewerk.
Die skilder vertel dat toe hy die paneel geverf het hy na musiek van Grieg se Liriese Suite geluister het om die chaos, angs en verwoesting van die nag te kon vorm en vasle.
Die werkster, mev Steyn vertel dat Coetzer haar gereeld aan huis besoek het om te kyk hoe sy vorder en die werk hanteer.
Op ń dag het hy lank en aandagtig na haar werk gesit en kyk.
Dit was die lang vlegsel van die vrou met die met die verskrikte kind in haar arms wat hom vasgehou het.
Na ń ruk het hy haar aangeprys en gesê dat hy nie kan glo dat hy so ń werk met sy hande
gemaak het nie.
Die tragedie van die Bloukraans Moorde gedurende die nag van die
17de Februarie 1838 was een van die grootste harseer verhale van die Groot Trek.
In net een nag was 41 mans, 56 vroue 200 “bediendes” en 185 kinders om die
lewe gebring.
Leterlik alles wat leef en beef, mens sowel as dier het omgekom.
Groot volwasse mans het die volgende dag traane afgevee omrede dit wat gesien was.
Die tapisserie beeld vlamme en rookwolke wat hoog die lig in staan uit.
Daar is gebreekte wawiele, stoele banke en kiste, en dan ook vroue wat huil, bid
en veg.
Let op die oop Staate Bybel amper heel links onder asook die dogtertjie net bo die Bybel se groot oë.
Dan is daar die dogter net na regs
met die pangeweer in die hand wat skiet en die kruithoring net links by haar elmboog.
Geen van die vroue dra kappies en almal is in nagklere omrede die moorde in die nag gebeur het.
Hierdie is ń paneel is soos Namakwaland se blomme. Mens kan nie alles op een slag sien en in neem nie.
13
“Die storm”
Sir Harry Smith het by geleentheid die Voortrekkers aan die Drakensberge besoek. Hy skryf onder meer dat die Voortrekkers op daardie stadium in uiters moelike omstandighede gelewe het. Ten tye van Smith se besoek, was die laers juis getref deur ’n enorme hael- en donderstorm. Dit is hierdie tipe omstandighede, waarvan die weer maar een faktor was, wat Coetzer in hierdie paneel probeer weergee het.
In hierdie paneel is twee kaalvoet mans besig om ’n voor te grawe sodat die water kan afloop. Ook word die haelkorrels eenkant toegekrap. Alles en almal is feitlik deurnat aangesien die kakebeenwaens se seile deur die hael aan flarde geslaan is. Let op na die bome, veral na regs waarvan die blare afgeslaan is, asook die een langs hom waarvan daar ’n stuk seil in die takke hang. Kyk ook net regs is ’n vrou besig om met ’n blaasbalk lewe in ’n vuur te probeer blaas. Koffie, op daardie stadium sou sekerlik vorentoe gesmaak het. Kyk net bietjie na die dogter amper in die middel wat haar ore toedruk vir die donderslag wat na agter toe uitslaan. Ongeag die mense se omstandighede is daar steeds hoop in die vorm van ’n reënboog na links in die hoek. Let gerus ook op na die voorste kakebeenwa in die paneel. Mevrou Steyn het haarself hier oortref deur die wa se wiele in die water te laat weerkaats.
Sy het in die skrywer se opinie meesterlik daarin geslaag om aan die nageslag nie net ’n kosbare kleinood na te laat nie, maar ook te wys hoe swaar aan die land gekom is.
14
“Boekevat”.
Hierdie is die laaste triptiek in die reeks.
Die paneel was uitgewerk deur mevrou M.R. Oosthuizen.
Met hierdie paneel het Coetzer aan die publiek en nageslag die diepe Godsdiens-sin van die Voortrekkers geillistreer.
Dit is is nag-donker buite die ligkring van die drie vetkerse wat brand.
Aan die sterre hemel kan die Suiderkruis duidelik gesien word.
Let gerus mooi op.
Die familie sit in ń vierkant getrek deur kakebeenwaens waarvan die een been weggelaat was.
Hierdie vierkant, oorspan deur ń seil bied ń amperse huislike atmosfeer aan die familie.
Eerwaarde Erasmus Smit skryf dikwels in sy dagboek hoe suile bo oor waens gespan was om ń kerk te vorm.
Heel regs sit die patriarg, waardig en stemig soos dit die geleentheid betaam.
Coetzer het “ou Vader” dominee J.D.Kestell hier gebruik en kon na my mening nie ń beter keuse gemaak het nie.
Oue moeder net regs van die patriarg het ń huislike atmosfeer geskep deur ń groen tafeldoek oor die tafel te drapeer.
Dat sy oud is kan gesien word in haar grys haare, kopdoek en mantel vir die nag koue oor die skouers.
Na regs agter die patriarg en binne die wa is ń moeder met ń suigeling.
Die leë stoel in die voorgrond is waarskynlik haar sitplek.
Let gerus op die drie sterre wat deur die seile flonker in die donker nag.
Langs “oue” moeder sit ń vrou met ń dogtertjie duidelik aan die slaap met haar oë toe.
Coetzer het sy drie kinders in hierdie paneel as modelle gebruik.
Let ook op die 3 anderskleuriges, effe in die agtergrond wat ook luister na die Skrif.
Let ook op hoe mooi en duidelik die kakebeenwa agter die tafel uitgewerk was.
ń Meesterstuk.
16
“Simboliese samevatting”
Hierdie laaste tapisserie kan omskryf word as ’n samevatting van die Groot Trek. Reg in die middel kan die see gesien word wat aanduidend is van die Voortrekkers se wil om ’n eie hawe en kontak met die wêreld. Die branders teen die rotse beeld die storms uit wat hul moes deurstaan. Die donderende bliksemstrale en storm is tekenend van die geweld en bloedvergieting wat hul deurstaan het. Die wolk het ’n silwer rand wat hoop en oorwinning beteken.
Hierdie toneel is binne ’n wawiel geplaas waarvan die vellings verweer en gehawend is. Dit is aanduidend van die talle ontberings wat die mense deurstaan het. Die band van hierdie wiel is rooi omrede dit deur baie bloed geloop het. Die wiel rus op ’n anker van hoop, en die anker weer op ’n Bybel wat oop is. Laasgenoemde simboliseer geloofsvertroue. By die punte van die anker kan die Potgietervlag en die Voortrekkervlag gesien word. Direk daarnaas is kruithorings wat seëvier oor skildvelle wat aanduidend is van oorwinning.
Die gewel van die Geloftekerk in Pietermaritzburg omkrans die middelste gedeelte en is aanduidend van die dankbaarheid en erkenning van die Voortrekkers aan die Almagtige. Die berg Majuba is direk agter die Geloftekerk. Let op die wit duif op die Geloftekerk se gewel wat aanduidend is van vrede.
Links in die halfdonkerte is die amfiteater van die Drakensberge. ’n Draak, groot en oorheersend, is daarby afgeteken en stel chaos voor. Onderkant die Drakensberge trek ’n aantal Voortrekkerwaentjies asof uit newels en onsekerheid die oop wêreld binne. Net na dit is ’n aantal Voortrekkervroue met fakkels wat die newels en onsekerheid verdryf. So word erkenning aan die vroue van die Trek gegee.
Regs word ’n groeiende toekomstige stad met wolkekrabbers teen ’n helder agtergrond afgebeeld. Dit is aanduidend van vooruitgang, en die vrug van arbeid. Net onder die wolkekrabbers is die stadsaal van Pietermaritzburg, Raadsaal van Pretoria, die standbeeld van president Paul Kruger en laastens die Raadsaal in Bloemfontein. Ook is die kerkie wat die Voortrekkers op Lydenburg gebou het te sien.
Onder en na regs daar twee ratte wat inmekaar draai wat op hul beurt uitloop in twee rokende skoorstene. Ook dit is aanduidend op groei en vooruitgang. Samelopend is daar ook vrugte, ’n gerf graan, ’n protea, landerye en boorde wat vooruitgang simboliseer.
Nikè die mitologiese godin van oorwinning is na regs te sien. Sy het ’n palmtak wat vrede voorstel in haar linkerhand en in haar regterhand ’n lourierkrans.
17
Die maak, en borduur van die tapisserie reeks was gewis nie sonder probleme gewees nie.
Coetzer was byvoorbeeld nie tevrede met die kleure van ń reënbui in, “Die Uitog” paneel nie.
Coetzer het self ook kritiek goed aanvaar en gehanteer.
ń Skaap was soos ons dit vandag steeds ken en noem boud en blad gemaak.
Coetzer het haar punt ingesien en die nodige verandering gedoen.
Die eerste tappiserie paneel wat voltooi was die van “Oor die Drakensberge” deur
Hierdie paneel was op die 20ste Augustus1954 op luisteryke wyse in ontvangs geneem.
Al die panele was op soortgelyke manier in ontvangs geneem.
In die tyd was slegs geringe verbeteringe aangebring.
Panele was eers oor spanrame van kiaathout , 11cm breed en 3cm dik getrek.
Masonite-borde was aan die agterkant gebruik, en die was bedek met gegalvaniseerde ysterplaat.
Gaatjies was deur die borde en yster geboor sodat die panele kon “asemhaal”.
Hierdie gaatjies was toe gesoldeer met kopergaas om insekte uit te hou.
Dit het Coetzer 44 dae geneem om die panele te raam.