SA Weemag Muur van Herinnering. Vir gevalle soldate en die vrouens en kinders wat soldate bygestaan het.
Gedenktuin. Onthul en amptelik geopen 27 Julie 2003.
Gedenknaald vir Boesman vegters wat vanaf 1975 geveg het. Veggroep Alpha.
Erestomp vir 32 Bataljon. Hardekoolstomp aanvanklik onthul op Buffalo Basis Wes-Caprivi Namibië. Oktober 2009 verskuif na Voortrekkermonument.
Naald vir Die Onbekende Soldaat.
Getemde Vryheid. Beeld van bul en jong man. 1961 voltooi en opgerig op grasperk in Parlementstraat Pretoria. 21 Augustus 2008 verskuif na Voortrekkermonument. Bul stel die volke van SA voor en die jong man die jeug van SA.
Koedoes. Deel van ABSA Bank Bpk se kunsversameling. Aanvanklik op Strijdomplein in Pretoria se middestad opgerig. Verskuif 4 Mei 2012 na Voortrekkermonument.
Viscountgedenkteken
(Viscountgedenkteken : Foto Christo Geldenhuys Facebook)
Koevoetgedenkteken
(Koevoetgedenkteken Fotos: Christo Geldenhuys Facebook)
Dorslandtrekgedenkteken
(Dorslandtrekgedenkteken Foto: Christo Geldenhuys Facebook)
SA Infanterie
Operasie Savannah
Die Voortrekkers Jeugbeweging Kultuurbeweging
Beeld is onthul 24/9/2016 met 85ste bestaansjaar van Die Voortrekkers. Die Voortrekkers is 30/9/1931 gestig in Bloemfontein as Afrikaanse kultuurbeweging gefokus op die jeug. Hierdie dinamiese beweging het oor hele land versprei en moes deur moeilike tye oorleef en aanpas. Die Voortrekkers slaag steeds daarin om Burgerskap, Afrikanerskap en bowenal Christenskap te bevorder by die jeug deur betrokkenheid en diensbaarheid. ñ Toekomsgerigte jeugbeweging.
“Voortrekkers trap nuwe spore.”
Fotos – Gys Ströh Snr
Koeksisterbankie
Koeksister is so sinoniem met Afrikaner Kultuur
Skool-op-wiele
Hierdie skool -op-wiele is in 1932 gebou deur Willem Joubert op versoek van die skoolsekretaris van Ermelo.
Dit was ń poging om ń oplossing te vind vir die tekort aan klaskamers.
Die onderstel is díe van ń ou stoom-dorsmasjien. Die skool is deur ń span osse getrek. Agv die smal spoorwydte moes helpers lamgs die skool loop om dit mbv toue te balanseer.
Die skool het sitplek vir 22 leerlinge gehad. Standerd 6 leerlinge van omliggende skole het daarvan gebruik gemaak en ook hul eindeksamen daarin geskryf.
2021
Fotos: Gys Ströh (snr) November 2019
Piet Retief Gedenknaald met die name van die burgers daar op.
Klein walaertjie van sement gepak daar neffens.
Replika van ń Zoeloehut.
Fotos: Gysbertus Johannes Ströh. November 2019
Brons Kakebeenwa
Hierdie brons kakebeenwa is soortgelyk aan die 64 waens in die walaer by Bloedrivier.
Die bronswaens is identies gemaak volgens die voorbeeld van die Johanna van der Merwe Eeufeesgedenkwa van 1938.
Die FAK Liedjietuin
Die meeste mense het seker al ‘n draai in die FAK se Liedjietuin by die VTM gemaak. Die tuin was onlangs weer in die nuus toe Lucas Maree se gedenksteen vanaf Victoriabaai af soontoe verskuif is. Wanneer mens by die VTM is, is dit die moeite werd om net weer rustig deur die tuin te stap en selfs ‘n oomblik (of langer) op een van die bankies te gaan sit.