Voortrekkermonument / Marmerfriese /Pretoria

Voortrekkermonument
Pretoria
Marmerfriese

Samesteller: Kobie Ströh

Daar is sewe-en-twintig fries panele in die Heldesaal van die Voortrekker monument. Elke een beeld ń stukkie geskiedenis van die Groot Trek uit, maar vorm ń unieke eenheid.
Die marmerfries is van Quercetta-marmer gemaak, 92 m lank, 2.3 m hoog en weeg 200 ton. Die totale koste was 60 000 pond.
Vier Suid-Afrikaanse beeldhouers was die kunstenaars nl. Pieter Kirchhoff,
Frikkie Kruger en Laurika Postma en Hennie Potgieter.
Werk het in 1942 begin, en sou etlike jare neem om te voltooi. Eerstens is daar sketse gemaak.
Sketse was eers gemaak, daarna panele van klei, en daarna ook van gips.

Direkte afstammelinge van Voortrekkers was sover as moontlik gebruik om vanaf te werk
Na die modelle voltooi was, was dit na Italië verskeep waar waar 40 Italiaanse beitelaars, en 6 beeldhouers daaraan gewerk het.
Hennie Potgieter, en Laurika Postma het in Italië as toesighouers opgetree.
Ramano Romanelli was die hoof beeldhouer in Italië gewees, en hyself het ‘n span van 50 gehad wat onder hom gewerk het.

Die marmerfries is van Quercetta-marmer gemaak.
In totaal sou vier beeldhouers in Suid-Afrika daaraan werk.
Hul was gewees Hennie Potgieter, Pieter Kirchhoff, Frikkie Kruger en Laurika Postma.
Werk het so vroeg as 1942 begin, en sou etlike jare neem om te voltooi.

Beskrywing van die afsonderlike panele
1. Die Voortrekkers verlaat die Kaapkolonie 1835
2. Die Britse Setlaars oorhandig ń Bybel aan Jacobus Uys
3. Louis Treghardt by die Soutpansberg
4. Louis Treghardt se aankoms by Loureço Marques
5. Die Slag van Vegkop 1836
6. Piet Retief word goewerneur van die Voortrekkers
7. Die Slag van Gabeni (Kapain). Tweede ekspedisie teen Ndebele-krygers van Mxilikazi. 1837
8. Onderhandelinge met die Barolong wat hulp verleen na die Slag van Vegkop
9. Verslag van Piet Retief se onderhandelinge met dir Zoeloes
10. Die verblyf by Kerkenberg
11. Die tog oor die Drakensberg
12. Die ondertekening van die traktaat 4 Februarie 1838 tussen Piet Retief en Dingaan.
13. Die moord op Piet Retief en sy manskappe 6 Februarie 1838
14. Die aanvalle op die Voortrekkers by Bloukrans rn Weenen 17 Februarie 1838. Sowat 500 mense sterf in die onverwagse aanval.
15. Die waarskuwing aan die laers tydens die aanvalle
16. Dirkie Uys verdedig sy pa Piet Uys tydens strafekspedisie teen Dingaan. Beide sterf. 18 April 1838
17. Marthinus Oosthuizen se heldedaad toe die 16 jarige dwarsdeur honderde Zoeloekrygers te perd gejaag het om kruit vir die vasgekeerde Van Rensburg geselskap te neem, Februarie 1838
18. Die vroue moedig die mans aan
19. Die aankoms van ń nuwe leier, Andries Pretorius 22 November 1838
20. Die Gelofte word afgelê
21. Die Slag van Bloedrivier 16 Desember 1838
22. Die Geloftekerk word gebou 1840 Pietermaritzburg
23. Die gebeure by Saailaer. Die manne vertrek op verkenningstogte. Die vrouens ploeg, plant en saai. Die vrouens word sporadies aangeval deur die Zoeloes maar word telkens afgeweer deur die vroue self.
24. Die nuwe Zoeloekoning, Mpande 1840 wat Dingaan se magte verslaan het.
25. Die dood van die eertydse Zoeloekoning, Dingane.1840 word Dingane deur ń groep Swazi’s vermoor
26. Die Voortrekkers verlaat Natal 1843 nadat Brittanje Natal amptelik annekseer. Terugtog oor die Drakensberge
27. Die ondertekening van die Sandrivier-konvensie Januarie 1852 waar Brittanje die onafhanklikheid van die Transvaal erken, die Zuid-Afrikaanse Republiek. Twee jaar later 1854 word die Oranje-Vrijstaat erken tydens die Bloemfontein-konvensie.

Bron
Die Voortrekkermonument Besoekershandleiding

Meer detail bespreking van elke paneel : John Roderick

1.       Die Voortrekkers verlaat die Kaapkolonie 1835

Paneel een.                                 
Die begin van die trek, deur P. Kirchhoff.

As modelle was gebruik
(1) Vera Kirchoff (dogter van beeldhouer),
(2) Mev Kirchoff, (3) Coenie Roedolf, (4) Frikkie Kruger,
(5) Hennie Potgieter, en (6) Peter Kirchoff – die beeldhouer self.
Hierdie paneel, soos trouens al die panele is ‘n werklik uitstaande kunswerk.
Let byvoorbeeld op die detail met betrekking tot kleredrag, en selfs die getal speke in die
Kakebeen waens.
Alles wat hier gesien word was in werklike lewe tydens die Groot Trek gebruik.
Let gerus op die strykyster en die kers vorm asook die botter bak heel regs.

Selfs die skape is spesiaal Pretoria toe gebring en het maande lank in ‘n tuin gebly.

2. Britse Setlaars oorhandig ń Bybel aan Jacobus Uys

2. Die Bybel oorhandiging.
Hierdie paneel beeld die ontvangs van ‘n Bybel aan Jacobus Uys in 1837 naby Grahamstad uit.
Dit was oorhandig deur ‘n groot groep van sowat ‘n 100 Britse Setlaars aan die Uys familie.
Op die 17de Desember 1972 was ‘n Bybelmonument deur staatspresident CR. Swart naby  Grahamstad onthul.
Die Uys familie was ook die eerste om ‘n (fisiese) kerkgebou anderkant die “landsgrense” op te rig.
Ten tye van hierdie geleentheid was die bekende Uys klip ook opgerig.
Beide die Uys klip, en die Bybel is vandag te sien by die Voortrekker Monument in Pretoria. As modelle het die volgende persone opgetree.
1.) Izak Meyer Potgieter, vader van die beeldhouer.
2.) Catharina Helena Potgieter, moerder van die beeldhouer. (3). Ouma Stoffberg.
(4) Oom Louis van Bergen. (5) Martso Terblanche.
(Ouma Stoffberg het haar model werk baie ernstig opgevat.
Dit is sy wat heel regs onder op die paneel met ‘n Bybel op haar skoot sit.
Voordat met die werk begin was het sy aangedring daarop dat sy enkele teksverse uit die Bybel voorlees.
Daarna het sy die mans deurgekyk om te besluit wie sou bid. Die volgende oomblik het Gerhard Moerdyk, argitek van die monument die ateljee binnegestap, en het sy hom terstond aangetree om te bid.)

3.     Louis Treghardt by die Soutpansberg

Paneel drie.
Op hierdie paneel word Louis Tregardt aan die Soutpansberg uitgebeeld.
Dit is bekend dat hy net oor ‘n jaar daar oorgestaan het terwyl hy gewag het vir Hendrik Potgieter.
Tregartd het in die tyd ‘n skool vir die kinders opgerig.
Hierdie gebeurtenis, asook ‘n olifant tand en skool boeke is duidelik sigbaar.
As modelle het die volgende opgetree.
1.)Sakkie Buys.
2.) Mev.CF.Ackerman. Sy was een van die drie vroue wat die hoeksteen van die Voortrekker Monument in 1938 gelê het.
Sy was ‘n kleindogter van Hendrik Potgieter.
3.)Wynand Smit. (4)Martin Jooste.
(5)Louis Tregardt, volgengs ‘n ou tekening wat na bewering in sy leeftyd gemaak was.

4.       Louis Treghardt se aankoms by Lourenço Marques

Paneel (no.4) was deur Hennie Potgieter gemaak.
Dit beeld die aankoms van Louis Tregardt se trek in Lourenco Marques uit.

Deel 1 beeld die Tregardt geselskap uit wat hul vuursteen pangewere op versoek van die Portugese moes oorhandig vir bewaring.
Na alle waarskynlikheid was dit gewees omrede die geselskap enkele vreugde skote afgevuur het nadat hul die hawe bereik het.
Hierdie gebeurtenis was besonder traumaties vir Louis en sy geselskap.
Die man wat op die vaatjie kruit met die dubbelloop wapen sit word voorgestel as Pheiffer.
Die wapen is ‘n presiese weergawe van die dubbelloop van Andries Pretorius by Bloedrivier gebruik het.
Heel links op die paneel word Louis se vrou uitgebeeld waar sy siek geword het aan die koors.
Die vrou agter haar is die vrou van die goewerneur wat haar so mooi versorg het.
Louis se vrou, asook hyself tesame met etlike ander lede van die geselskap het daar omgekom aan die koors. As modelle het die volgende persone opgetree.
1.)Maria Eunia Da Fon-secca, vrou van die Portugese gesant in Pretoria.
2.)Mev.Ackerman.(3) Jack Paw.
(4) Manuel da Silva Pereira. (5)’n onbekende dokter vanuit Mozambique. (6) Louis Tregardt, volgens ‘n tekening gedurende sy leeftyd.

5.       Die Slag van Vegkop Oktober 1836 toe laer deur Ndebele-krygers van Mzilikazi aangeval is.

vyde paneel beeld die Slag van Vegkop uit.
Die seun wat in die middel van die paneel besig is om ‘n voorlaaier te laai beeld die 12 jarige (latere president) Paul Kruger uit wat teenwoordig was tydens die slag.
Vegkop geskied op die 16de Oktober 1836.
Vyftig Kakebeen waens, ses en dertig weerbaare man tesame met hul vrouens en kinders kinders, en ‘n geloof in ‘n Hoër Hand het die dag staande gebly teen die beste van Mzilikazie.
Hier het onder andere Petronella (11) en Sophia(15) Botha die dag langs hul vader gestaan en voorlaaiers aangee.
Intensiteit van die geveg spreek duidelik uit die feit dat waens waaronder die van Sarel Celliers na die tyd 72 assegaai steek merke gehad het, en die feit dat na die slag van tussen 1113 na 1137 assegaaie opgetel was.
As modelle het die volgende opgetree.
7.)Dr.Carl Potgieter, kleinseun van AH. Potgieter.
8.)Mev.E.Stofberg. (9)Dr.Erlank. (10)Natalie de Villiers.
11.)Mev. B.S.Potgieter, vrou van die beeldhouer.
12.) Babette Vaandrager. (13)Mej.Stander.
14.)Mej.Kriel. (15)Louis Jacobs, ‘n agter kleinseun van Paul Kruger. Die voorlaaier in sy hande is die van Andries Pretorius. (16)Elsie van Dyk.

6. Piet Retief word goewerneur van die Voortrekkers. 1837

Paneel 6, met Hennie Potgieter as beeldhouer.
Insweer van Retief as Goewerneur.

In hierdie paneel word Piet Retief as Goewerneur van die Voortrekkers ingesweer.
Erasmus Smit staan presies in die middel en Gert Maritz is die effens gesette figuur na links van die tafel.
Die man wat kniel is dan Retief. As modelle het opgetree, (1)Mev. Tienie Holloway.
(2)Jan Coetzee. (3)Hennie van Rensburg.
(4)Steven Eyssen. (5) Oom Hendrik Ploeger.
(6)Erasmus Smit, volgens ‘n foto van hom.

7.       Die Slag van Gabeni 1837. Man te perd teen Ndebele-krygers op osse waarvan horings skerpgemaak is.

Paneel 7, met Hennie Potgieter as beeldhouer.
Die slag van Kapain.

Hierdie paneel is uniek deurdat  dit sover bekend die enigste ter wêreld is waar beeste en perde tesame in ‘n gevegs hoedanigheid op ‘n slagveld uitgebeeld word.
Hierdie veldslag het oor ‘n tydperk van ongeveer 9 dae geduur, en was Hendrik Potgieter die oorhoofse aanvoerder.
Kapain het die mag van Mzilikazi finaal gebreek.

As modelle het opgetree (1) Jan van Wyk,
(2)Mathys Potgieter en (3)dr.Carel Potgieter.

8. Onderhandelinge met die Barolong wat hulp aangebied het na Vegkop

Paneel 8.
Onderhandelinge met Marokko.
Beelhouer, Hennie Potgieter.
Hierdie paneel beeld die aankoms van trek-vee soos verskaf deur Marokko uit.
Na die slag van Vegkop het die Matabeles met feitlik al die vee en trek diere terug getrek.
As opperhoof het hy ook voedsel aan die Trekkers na Vegkop gestuur.
Dit is bekend dat hy goed met die Voortrekkers oor die weg gekom het. Dit is ook bekend dat Hendrik Potgieter van hom grond geruil het.
Let gerus op die pragtige (“bobbejaan-boude”) pangewere, en osse in die paneel.
(‘n Sendingstasie is later van tyd by sy tuiste, Morokashoek opgerig.) As modelle het opgetree, (1)mnr.Breedt, (2) Piet Rampapoela, (3) H. Ahlers.


9. Verslag van Piet Retief se onderhandelinge met die Zoeloes

Paneel no. 9.
Blye Vooruitsig.
Beeldhouer was Hennie Potgieter.
Die paneel beeld ‘n boodskapper uit wat die blye tyding bring dat Retief daarin geslaag het om grond van Dingaan te ruil.
(Erasmus Smit beskryf die dag as, ” Geloofd en gedankt zij des naam des Heren, voor de grote weldaad aan ons allen bewezen” …, terstond was die omgewing waar gestaan was ook deur hom “Blijde Vooruitzicht” genoem.)
Normale laer bedrywighede waaronder die brei van rieme, die versool van skoene, en naaldwerk word ook uitgebeeld.
(Vergelyk gerus die klei paneel, met soos dit vandag daar uitsien.)

As modelle het opgetree (1) Stephan Joubert, (2) dr.GD. Roos, (3)Jannie Roos, (4) oom Nollie Bosman en (5) Hannes Pretorius.

10. Die verblyf by Kerkenberg. . Piet Retief se dogter Debora verf haar pa se se naam en geboortedatum op haar pa se verjaarsdag en die jaartal 1837 op ń rots by Kerkenberg uit.

Paneel 10 Beelhouer, Laurika Postma.

Hierdie paneel beeld Deborah Retief, dogter van Piet Retief uit waar sy haar vader se naam by Kerkenberg teen ‘n oorhang rots op sy verjaardag, die 12de November 1837 geverf het.
Retief was op daardie stadium in Natal waar hy met die Zoeloe Koning, Dingaan oor grond onderhandel het.
Let gerus op die seun in die voorgrond wat met dolosse speel, en die pop van die dogter.

As modelle het opgetree, (1)Irma Moerdyk, dogter van die argitek, (2)Sylva Moerdyk, dogter van die argitek
(3)Lea Botha, (4)Stephanie Joubert,
(5) Stephan Joubert, en (6)Billy Kleinháns.

11. Die tog oor die Drakensberg

Paneel, no. 11.
Beeldhouer, Frikkie Kruger.
Aftog oor die Drakensberge

Erasmus Smit beskryf op die 14de November 1837 die aftog van die eerste 18 kakebeen waens teen die berg af as volg;
“Na zeer veel moeite, meer dan 20 remhoogten (somige met 2 ketenen aan een voor-
en aan een achterwiel der wagens, geremd) kwamen wij met 18 wagens tegen zonsondergang, in de laagte aan de voet van die grote Drakensberg, alwaar wij bij water en zeer goed gras uitspanden. “
Tydens hierdie geleentheid het slegs die wa van W. Prinsloo omgeslaan,en het ‘n stel stoele in die slag gebly.
Die leser sal ook oplet dat die wa se agterwiele afgehaal was en dat bome aan die onderstel vasgewoel was.
Dit dan natuurlik alles om te help met die afgaan, en om te briek.
Yster asook hout remskoene was in die tyd gebruik, en by tye selfs ‘n kombinasie daarvan.
Ook sal die leser daarop let dat daar net 2 osse voor die wa gespan was. Agterosse, soos in hierdie geval het ongetwyfeld sleutel posisies vervul.
Hul was gewoonlik groot, sterk en goed geleerd.
Let gerus op die twee osse se boudspiere, en hoe hul na agter toe beur.
Net so belangrik was die touleier, asook die drywer wat duidelik sigbaar in die paneel vertoon.

As modelle het opgetree (1)J.Kriel, (2) mev. I. Kammeyer en (3) mnr. Breedt.

12. Die ondertekening van die traktaat 1838 tussen Piet Retief en Dingane

Paneel no. 12.
Beeldhouer was gewees Frikkie Kruger.
Hierdie paneel beeld die onderteken van die Retief – Dingaan traktaat op die
4de Februarie 1838 uit.
Let gerus op die op die jong anderskleurige seun wat langs Dingaan sit met bakhande.
Oorlewering wil dit hê dat Dingaan daarin gespoeg het en dat die man dit dan aan sy lyf moes smeer.
Dit wat gedoen sodat geen liggaamlike afval van die koning deur toordokters in die hande gekry kon word en die koning dan benadeel nie.
Die stoel waarop Dingaan sit was uit ‘n soliede blok hout gekerf, het 5 pote gehaad,
en is vandag in die Gelofte kerk in Pietermaritzburg te sien.
Retief se seun staan langs hom, en die ander een was die seun van die Engelse sendelinge.

As modelle het opgetree, (4&5) Frikie die beeldhouer se seuns, (6)Willie Louw, (7) N.Ghubeni en (8) F. Luthuli.

13. Die Moord op Piet Retief en sy manne

Paneel no. 13.

Die moord op Piet Retief en sy mense.
Die beelhouer was Frikkie Kruger.
Die modelle is onbekend.

In hierdie paneel word Retief na regs uitgebeeld.
Oorlewering wil dit hê dat hy heel laaste om die lewe gebring was, en gedwing was om alles te aanskou.
Umgungundlovu is in die agtergrond sigbaar

14. Die aanvalle op die Voortrekkers by Bloukrans en Weenen. 17 Februarie 1838

Paneel 14.

Die moorde by Bloukrans en Weenen.
Beeldhouer was gewees Laurika Postma.
As modelle het opgetree, (1)mev.L.C.Steyn,
(2)tant Sannie Broers, (3) baba van prof. W. A. Willimse,
(4)J.Horak(6)E.Horak, (7) E.Horak.

Hierdie was een van die panele waarin daar van die oorspronklike ontwerp afgewyk was.
Direk links van figuur 5, (E. Horak) word ‘n Zoeloe kryger uitgebeeld met ‘n fakkel in sy hand.
Oorspronklik was daar ‘n baba in sy hand gewees, en was die voorstelling dat hy die baba se skedel teen die wiel wou verbrysel.

Na die moord op Piet Retief het Dingaan sy Wildebeeste regiment uitgestuur om die niksvermoedende Voortrekkers te oorval.
Die Voortrekkers het verspreid gestaan vanaf die teenwoordige Colenso, Weenen en Chieveley tot by Estcourt.
Veertig mans, 56 vroue, 185 kinders asook 200 bediendes was in een nag om die lewe gebring.

WHAT YOU DONT SEE AT THE VOORTREKKER MUSEUM ANYMORE
Removed from public view, in storage, a giant marble frieze depicting a Zulu attack on white women and children, a Zulu warrior shown raising a white baby above his head, prelude to smashing the baby against a wagon wheel. When they found a white pregnant woman, they would cut the baby from white woman’s stomachs whilst she was still alive, and then smash the babies head against wagon wheels.

15. Die waarskuwing aan die laers tydens die aanvalle

Paneel no 15

Terese Viglionni.
Frikkie Kruger was die beelhouer.
Hierdie paneel beeld die heldedaad van hierdie merkwaardige vrou uit.
Terese(a) het naamlik vrou alleen in die middel van die nag, en onder doodsgevaar te perd vanuit haar kamp gejaag om die niksvermoedende Voortrekkers te waarsku. Hierdie gebeure was gewees die aand van die 16,17 Februarie 1838, of te wel die Bloukrans Moorde.
Deur haar toedoen was etlike gesinne betyds gewaarsku en kon hul vlug en of laer trek.

(Sonder om afbreek aan haar formidabele daad te doen moet dit genoem word dat baie ander hulself ook in die tyd heldhaftig gedra het.)

As modelle het opgetree, (7)Lea Spano,
(8)mej.du Preez en (9) Helene Guldenpfennig.

16. Dirkie Uys verdedig sy pa, Piet Uys

Paneel 16. Dirkie Uys.

Laurika Postma was die beeldhouer.
As modelle het opgetree, (1)J.Combrink, en (2)Wener Kirchhoff.
Hierdie paneel beeld die strafekspedisie teen die Zoeloes uit.
Die ekspedisie was die gevolg van die moorde op Piet Retief en sy mense,
asook die Bloukrans Moorde.
As leiers het opgetree, Piet Uys en Hendrik Potgieter. Uys, tesame met sy seun Dirk en enkele ander Voortrekkers het in die Italeni-kom omgekom.
Dit beeld Dirk duidelik uit waar hy by sy vader kniel en help, ten spyte van die feit dat hy moes geweet dat die oormag te groot is.

17. Marthinus Oosthuizen se heldedaad

Paneel 17.
Marthinus Oosthuizen.
Beeldhouer Laurika Postma.
As model het opgetree, Michel Moerdyk, seun van Gerhard Moerdyk.

Hierdie paneel beeld die onverskrokke dapperheid van Marthinus Oosthuizen tydens die Bloukrans Moorde uit.
Marthinus het die oggend van die moorde die vasgekeerde Van Rensburg,
Harmse, Pretorius en Loggenberg families uit hul nood gered.
Hierdie families was op ‘n koppie, bekend as Rensburg koppie deur ‘n Zoeloe impi vasgekeer. Hul kruit en lood was byna gedaan. Marthinus het te perd dwarsdeur die menigte gejaag, en die nodige verskaf, en so dan die aanwesiges van ‘n gewisse dood gered.

18. Die vroue moedig die mans aan

Paneel 18, 19 en 20 vertoon tesame as een.

Beeldhouer was Laurika Postma.
Paneel 18
As modelle het opgetree,
(1)G.Kammeyer (2)mev.A.Lindeque, (3)ouma C. Oelofse
(4)Van Zyl, (5)L.Postma die beeldhouer,  (6) mev.S.Moerdyk, (7) P. Postma, (8)D.van Warmelo en (9) S.Postma.

Hierdie paneel beeld die vroue van die Trek uit waar hul die mans moed inpraat na die Bloukraans Moorde.
Etlike mans wou op daardie stadium tou op gooi, maar die vrouens het hul tot ander insigte gebring.
Dit beeld ook die vroue uit wat na die Briste anneksering vasbeslote was om eerder kaalvoet terug oor die Drakensberg te stap as om onder die Britse bewind te woon.

19. Die aankoms van ñ nuwe leier, Andries Pretorius

Paneel no. 19.
Die aankoms van Andries Pretorius in Natal.

Die beelhouer was gewees Laurika Postma.
As modelle het opgetree, (10) W.van Heerden, 11)Trudie Kestell, dogter van ds. Kestell, kleredrag deskundige, (12) Andries Pretorius na ‘n tekening van hom.
Erasmus Smit, beskryf Pretorius se aankoms in die laer op ‘n besondere wyse in sy dagboek.
Presies soos as wat Pretorius in die dagboek beskrywe word, word hy ook op die paneel uitgebeeld.
Let ook op die vrou wat besig is om botter in die bak langs haar te maak

20. Die Gelofte word afgelê

Paneel no. 20.
Die aflegging van die Gelofte.

Die beelhouer was gewees Laurika Postma.
As modelle het opgetree, (13) kapt.Truter, (14)foto van Sarel Celliers asook mnrJ.J.Bosman (15) genl. J.C.KEMP(Anglo-Boereoorlog) 16) ds.H.Louw, (17)M.Coetzee, (18)dr.Van der Walt, en (19)H.Ahlers.

Hierdie paneel beeld Sarel Celliers duidelik uit waar hy op die kanon, “Ou Grietjie” staan en besig is om Die Gelofte af te lê.
Die Gelofte was sewe dae agter mekaar herhaal.
Let daarop dat al die mans met ontblote hoofde staan omrede dit ‘n gewigtige aangeleentheid was.

21. Die Slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838

Paneel nommer 21.
Die Slag van Bloedrivier.
Beeldhouer was gewees Peter Kirchhoff.
As modelle was ‘n tekening van (1)Andries Pretorius, gebruik.

Hierdie paneel beeld die Slag van Bloedrivier op die 16se Desember 1838 uit.
Pretorius, as no 1 kan duidelik met swaard in die hand gesien word.
Die wa-laer, met lanterns is ook duidelik sigbaar

22. Die Geloftekerk word gebou 1840

Paneel no 22.
Die Gelofte kerk.
As beeldhouer het opgetree Pieter Kirchoff.
Modelle was gewees, (1)Gerhard Moerdyk, argitek van die monument, en (2)H. Ahlers .

Na die oorwinning tydens die Slag van Bloedrivier was die Gelofte kerk in Pietermaritzburg opgerig.
Die oprigting daarvan was uit erkenning, en ook die nakoming van die Gelofte.

23. Die gebeure by Saailaer

Paneel nommer 23.
Getiteld, SAAILAER.
Beeldhouer was gewees Peter Kirchhoff.
As modelle het opgetree, (1)mev.F.Meyer, (2)mej.E.Pirow, (3)mej.A.Holloway, (4)mej.V.Kirchoff, dogter van die beeldhouer.

Hierdie paneel beeld die die mans wat (na links) op kommando vertrek uit.
Dit beeld die vrouens uit wat agtergebly het, wat ploeg en saai, asook waar hul help met verdediging.

Hierdie paneel is vir my persoonlik een van die mees gedetailleerde.
Kyk byvoorbeeld na die ploeg, die ploeg vore, waens, bome, pangewere en natuurlik die vroue se klere en kappies.

24. Die nuwe Zoeloekoning, Mpande 1840

Paneel no. 24.
Kroning van Mpande.
Die beelhouer was gewees Frikkie Kruger.
As modelle het opgetree,
(1)Oom Tienie van Schoor,(‘n groot gees, en leier gedurende 1938 Simboliese Ossewatrek.)  (2)Dr.Theo Schuman, (3)Andries Pretorius, volgens ‘n tekening van hom gemaak.

Hierdie paneel beeld die kroning van Mpande as koning van die Zoeloes nie.

Mpande was ‘n halfbroer van Dingaan gewees.

25. Die dood van die eertydse Zoeloekoning, Dingane

Paneel nommer 25.

 Dingaan word vermoor

Beeldhouer was gewees Laurika Postma.
Dit is nie bekend wie as modelle opgetree het nie.
Hierdie paneel beeld die toneel uit waar Dingaan deur die Swazi’s in Swaziland vermoor was.
Let op die duidelike verskil met betrekking tot die klere drag van die Swazi, s en die Zoeloes.

26. Die Voortrekkers verlaat Natal

Paneel nommer 26.

Uitog oor die Drakensberge.
Beeldhouer Frikkie Kruger.
As modelle het opgetree, (1) Frikkie se vader, (2)Marie Joubert, en (3) Stoffel de Jager.

Hierdie paneel beeld die Voortrekkers uit wat besig is om Natal na die tweede Britse
anneksering te verlaat
Die klein aalwyne na links is foutief, aldus die skrywer.

27. Die ondertekening van die Sandrivier-konvensie 1852

Paneel nommer 27.

Sandrivier konvensie.
Beeldhouer Pieter Kirchoff.
As modelle het opgetree (4) dr. Van der Bijl (Yskor) , (5) Andries Pretorius, na ‘n tekening van hom.

In kort het Brittanje deur die ondertekening van die Sandrivier konvensie die onafhanklikheid van die Zuid-Afrikaanche Republiek en die Oranje-Vrystaat erken.

 

Maak 'n opvolg-bydrae