Voortrekkergrafte Warmbad Bela-Bela

Voortrekkergrafte

Warmbad

Bela-Bela

Limpopo

Bela-Bela:Tswana naam wat beteken “Pot wat kook”

Ontstaan van dorp is te danke aan die geotermiese warmwaterbron waar sowat 22 000 liter water teen temperatuur van 53°C uit die aarde uit borrel. Hierdie water is mineraalryk wat veral voordelig is vir rumatieklyers. Van die vroegste tye af is hierdie ń gewilde uitspanplek en geneesplek.

Twee jagters, Jan Grobler en Carel van Heerden het tydens ń jagtog hierdie bron raakgeloop toe hulle ondersoek ingestel het na die stoom/mis wat daar gehang het waar warm water en koue lug ontmoet. Hier was ń moeras en vele wilde diere was hier vasgevang in die modder en het uiteindelik gesterf.

Oorspronklike eienaar : Die Voortrekker Carel van Heerden het toe ń plaas hier gevestig en noem dit Het Bad.

1873 het ZAR die plaas Het Bad gekoop en stig die dorpie Hartingsburg. Die Warmbron word genoem Warmbad. Min mense het in Hartingsburg gewoon want vars water was skaars en siek mense het net ń paar maande in die jaar (5 maande) die warmbron besoek. Die amptelike naam was nou wel Hartingsburg maar het in volksmond bekend gestaan as Warmbad.

Tydens ABO annekseer die Britte die warmbron (nie veel meer as ń hut nie) en verander naam na Warm Baths. Hulle bou ook ń Blokhuis langs die spoorlyn.

1920 geproklameer as dorp Warmbad.

2002 is naam amptelik verander na Bela-Bela.

Agter die munisipale kantore is ń aantal Voortrekkergrafte oa. díe van Christina Pretorius gebore De Wit 1800-1848, die vrou van Trekkerleier Andries Pretorius. Sy het swaar herstel na erge griep en is na die minerale bad gebring in die hoop op herstel, maar het toe hier gesterf en is hier begrawe.

Die eienaar van Het Bad Carl van Heerden is ook hier begrawe.

Daar is ń monument opgerig met herstel van die Voortrekkergrafte en ook een deur die MOTHS.

Indrukwekkend is Die Stem se woorde(gebedgedeelte) geskryf op ń marmerblad. Ongelukkig is woorde baie baie dof en slegs met moeite en baie water kon woorde leesbaar word.

Die grafte is in erg verwaardloosde toestand huidig en aan die kanon wat daar opgerig is kan die skade van vandale en metaalstopers duidelik gesien word. Die metaal word stuk vir stuk gesteel. Al die boute is reeds gesteel. Groot skade.

Fotos: Julie 2019. Gysbertus Johannes Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae