Slag van Platrand ABO Ladysmith Harrismith Burgermonument NG Kerk Harrismith Simboliese Ossewatrek

6 Januarie 1900

Slag van Platrand

Ladysmith

ABO

Gedenksteen / Monument

Harrismith

NG Kerk Harrismith

Burgermonument

Waspore van Piet Retief Wa 1938 tydene Simboliese Ossewatrek.

LADYSMITH

Die Britte het ñ sterk mag van sowat 10 000 man met 30 kanonne in Ladysmith gestationeer

November 1899 beleër die Boeremagte Ladysmith en neem stelling in op talle heuwels so in ñ groot kring om die dorp.

Die beleg duur vir paar weke, die Britse kamp en dorp word daagliks gebombardeer. Die burgers raak verveeld en talle aansoeke om verlof word ontvang.

Desember 1899 val van die Boere die Britse stellings aan, maar dit word afgeweer.

Dit word nou duidelik dat die Britte nie met sporadiese bombardement tot oorgawe gedwing kan word nie.

Die Boere is nou waaksaam, want die vrees is daar dat Buller , in ñ poging om sy reputasie te herstel na ñ paar nederlae, sal poog om Ladysmith te ontset.

Vir Kommandant-generaal Joubert raak dit duidelik dat Platrand, suidwes van Ladysmith, ñ belangrike sleutelposisie is. As die Boere hierdie heuwel kan beset, kan hulle die Britte in ñ onuithoudbare posisie plaas.

Die aanval word beplan vir 6 Januarie 1900.

PLATRAND

Platrand is ñ heuwel so 4 km suidwes van Ladysmith. Versterkings kon dus maklik vanuit Ladysmith gestuur word

Platrand is ongeveer 200 m hoog en 4 km lank, strek van oos na wes.

Boere noem dit Platrand, die Britte noem die westelike deel Wagon Hill en die oostelike deel Caesar’s Camp.

Britte het stellings op Platrand ingerig en Boereverkenners kon met verkykers en teleskope talle Britse skanse en forte opmerk wat sterk bewaak word.

AANVAL OP PLATRAND 6 JANUARIE 1900

Volgens Britse verslae was dit ñ maanlose donker nag.

Die Britte was onrustig, want dit was onheilspellend stil in die Boerelinies. Hulle het hoendervleis gekry toe die Boere om Middernag in die linies begin om psalms te sing.

Die Vrystaters, burgers van Winburg, Kroonstad, Harrismith en Heilbron, aangevoer deur Kommandant Cornelis De Villiers van Harrismith Kommando, het Platrand net na middernag bereik en Wagon Hill so stil as moontlik oor die los klippe bestyg.

Teen 3 uur roep ñ benoude Britse brandwag; ” Halt, who goes there.” Die Britse brandwag begin wild in die donker skiet.

Die Vrystaters storm vorentoe, na die kruin toe. Ongelukkig kon hulle die Britse skanse nie oorrompel nie. Ten spyte van groot verwarring onder Britte, kon die Britte wel slaag om bv skuiling te vind in ñ klein fortjie, klipmure van sowat 200 voet in omtrek.

Die Boere het die Britte daar vasgepen.

Hewige skietery heen en weer.

Die Transvaalse Burgers het Caesar’s Camp aangeval, aanvanklik suksesvol die kruin bereik, maar is in ñ hewige teenaanval verdryf. Ook hewige skietery tussen die Boer en Brit vir ure volg.

SKROEIENDE SON EN HEWIGE DONDERSTORM

Ure lank duur hierdie onuithoudbare situasie.

Sowat 2000 Britte vasgepen en 250 Vrystaters skuil tussen die klippe terwyl bomme heen en weer oor hulle koppe vlieg.

Verslag van Ds JD Kestel lui:” Wat ñ geskiet was dit nie! Dit hou nooit op nie, want as die burgers nie van tyd tot tyd van agter die kliprantjies uitbars en die forte aanval nie, dan bestorm die Britte ons om ons van die kruin af te jaag…elke keer het ñ paar bly lê. …Die meeste is in die kop getref, want beide die Britte en die Boere was uiters waaksaam en wanneer iemand dit durf waag om sy kop van agter ñ klip of skans uit te steek, word daar op hom gevuur.”

Dit was onhoudbaar warm tussen die warmgebakte klippe. Daar was spoedig geen water meer oor nie en almal was onuitstaanbaar dors. Die gewondes het veral gely.

Die uitgeputte manne het dankbaar agtermiddag gesien hoe donker wolke opsteek en welkome skadu bring.

Teen 5 uur het ñ allerverskriklike storm losgebars. Hewige donderslae en stortreën.

Dankbare Boere het reënwater opgeslurp.

Met afgryse gesien hoe stroompies rooi water teen helling afloop. Bloed van makkers en vyand gemeng.

Ten spyte van die donderstorm het skietery nog sowat 2 ure voortgegegaan. Met hernude ywer het die Britte geskiet.

Donker het genadiglik toegesak.

TERUGVAL

Meer as 16 uur was daar op Platrand hewig geskiet. Toe donker toesak, kom die bevel dat Boere moet terugval voor oorstroomde riviere hulle vaskeer.

Die Boere was teleurgesteld. Hulle dapper vasberade stormloop onsuksesvol.

Die verliese was groot.

65 burgers het gesneuwel, meer as 120 gewond.

Aan Britse kant 424 ongevalle: 140 dood, 275 gewond.

Sondag 7 Januarie is ñ skietstilstand om gewondes en dooies te verwyder.

Party is so verniel deur skrapnel dat hul net daar begrawe is.

Kapt Hough skryf in sy verslag: ” …bebaarde ou manne in ruwe klere, in ñ ry neergelê.”

Kaptein Steavensen beskryf sy afgryse in sy dagboek:” Beskaafde oorlog is aaklig. “.

MONUMENTE

1938 word die slagveld as Nasionale Monument verklaar. Gedenkstene vir beide kante word opgerig.

By NG Kerk Harrismith word ñ gedenksteen opgerig met ererol van name van burgers van Harrismith wat op Platrand gesterf het en ook ander wat elders gesterf het.

Vlak by die voet van hierdie monument lê die waspore van die Piet Retief Gedenkwa wat met die Simboliese Ossewatrek 1938 deur Harrismith gereis het en sy spore in die sement nagelaat het.

Bron: Internet. Die Boereoorlog, T Pakenham. Afrikanerjoernaal, JC Steyn. Oorlog-Beeld, Jackie Grobler

Foto’s: Gys Ströh snr Desember 2022

Maak 'n opvolg-bydrae