Sarel Celliers Kroonstad/ Doornkloof/ Clanwilliam (Sarel Cilliers) ABO NG Moedergemeente Turner Monument ABO Kroonstad Vrystaat / OVS

Kroonstad

Kroonstad is ń groot dorp in die Vrystaat wat reeds gestig is in 1855.

Interessant is dat Kroonstad  glo vernoem is  na ń perd, Sarel Celliers se perd Kroon.  Kroon is hier beseer of het hier verdrink in ń spruit. Die spruit is toe genoem Kroonspruit. Later het die dorp sy naam as Kroonstad gekry.

Die Valsrivier vloei deur die dorp. Die pragtige wawielbrug kenmerkend van Kroonstad..

Kroonstad het ń ryke geskiedenis, veral tov die Anglo Boereoorlog.

NG Moedergemeente  Kroonstad

Die eerste kerk is Januarie 1862 ingewy. Dit was met tamboekiegras bedek, met misvloere en sonder banke. Kerkgangers het hulle eie veldstoeltjies saamgeneem om op te sit.

Tydens die Basotho oorlog is die kerk as ń fort gebruik. ń Sloot is om die kerk gegrawe  en die hele burgery het vir veiligheid in die kerk geslaap.

Die tweede kerk is 24 November 1877 ingewy, maar ook weer later afgebreek.

Die derde kerk en huidige kerkgebou is in 1914 ingewy, hoeksteen gelê 1912.

Die pragtigste sandsteengebou, indrukwekkend.

Hierdie kerkterrein is netjies versorg en spog met 2 pragtige monumente.

1. Sarel Celliers / Cilliers se standbeeld:

 Sarel Celliers staan op ń wapenwa terwyl hy die Bloedrivier Gelofte aflê.  Die bewoording van die Gelofte is op die sy aangebring.

Sarel Celliers / Trekleier

Bloedrivier : Lei  Sarel Celliers die trekkers om ‘n Gelofte af te lê.

Sarel Arnoldus Celliers: 7/9/1801 Klein Drakenstein(Paarl) – 4/10/1871 Doornkloof Lindley OVS.

Gebore die 7de September 1801 op die plaas Shoongezicht, in die Klein Drakenstein. Tot op sy 5de lewensjaar was hy ‘n kind van die Boland gewees. Sy pa het die grond daarna verkoop en na die Agter-Sneeuberg, Graaf-Reinet versit.

Groei op in Graaff Reinet, sy ouers was veeboere.

Op 10 jarige ouderdom kom hy tot bekering en geloof speel ‘n hoofrol vir res van sy lewe. Sy ideaal om predikant te word, word nooit verwesentlik nie. Die Bybel rig sy lewe.

Hy tree op die 6de Oktober 1823 in die huwelik met Anna Francina Viljoen. Elf kinders sou uit die huwelik gebore word.

Aanvanklik boer hy in die Kamdeboo distrik, dog versit later na Colesberg.  Op daardie stadium was hy reeds ‘n welvarende en gerespekteerde man gewees.

Hy het die bynaam “Leeu” gedra omrede hy sy lewe as Christen volkome uitgeleef het.

Sarel Celliers boer later in distrik Camdebo (Colesberg). Weens lang droogte wil hy na diegebied tussen Modderrivier en Renosterrivier verskuif maar die Kaapse Goewerneur weier toestemming.

Gedurende 1836 verlaat hy die Kolonie permanent. Hy was vooraf reeds in verbinding met Hendrik Potgieter, en het die twee partye dan ook min of meer op dieselfde tyd getrek en later bymekaar aangesluit. Hy is oortuig dit is die Wil van God om Die Evangelie noordwaarts uit te brei. Hy is die nie-amptelike leraar van Potgieter trek en speel ‘n leidende rol in die geestelike lewe van die trekkers.

 Gedurende Oktober 1836 was Cilliers een van die hoof figure tydens die slag van Vegkop gewees. Dit word vertel dat hy voor die slag, en met die Matabele reeds binne sig eers die mense bymekaar geroep het en gebid het. Ook deel hy agterna aan verskeie ekspedisies teen Mzilikazi, van die Matabele.

Reeds voor die Trek, maar veral gedurende hierdie tyd het hy sterk op die voorgrond getree as geestelike leier en kerk-man.

Na die moord op Piet Retief 6/2/1838 val Zoeloes die Voortrekkerlaers aan en Sarel Celliers gaan van laer tot laer om mense te waarsku en te help ontset.  Hier dink ek in die besonder aan die gebeure by Rensburgkoppie gedurende 1838. Op die 11de April deel hy ook in die slag van Italeni. Ten spyte van die nederlaag staan hy steeds sterk in die geloof en stel hy ‘n voorbeeld. Hy was ook lid van die geselskap wat daarna hulp in die Transoranje en die Kolonie vir sy mede Trekgenote gesoek het.

Andries Pretorius begin voorberei vir aanslag van Dingaan en Sarel Celliers speel ‘n groot rol in die geestelike voorbereiding van die trekkers. Sy belangrikheid lê daarin dat hy die trekkers gelei het om die Gelofte by Wasbank af te lê 9/12/1838 wat die Slag van Bloedrivier 16/12/1838 voorafgegaan het. Die Gelofte is daagliks herhaal.

Sarel Celliers word  die beste geassosieer met “Die Gelofte” , in oorleg met Andries Pretorius.  Een ding staan vas,  Celliers en sy mense het in al die jare na die slag getrou sy Gelofte na gekom. Vir hom en sy mense was dit ‘n saak van groot erns.

Na Bloedrivier vestig hy hom op die plaas Welgevonden buite Howick waar hy inkomste uit hout verkry.  In die tyd was hy verkies tot die Volksraad sowel as ouderling. Hy speel ook ‘n vername rol met betrekking tot die Geloft kerk in Pietermaritzburg . 1843 onttrek hy hom uit die politieke lewe toe Brittanje Natal annekseer.

1847 verkoop hy sy plaas en verhuis na die plaas Doornkloof Lindley.  Sarel Celliers het op kerklike gebied betrokke gebly. Na sy vrou se dood hertrou hy met Aletta Elizabeth Loots – 1 seun uit sy 2de huwelik.

1860 tydens Basoeto oorloë raak hy weer aktief betrokke om sy plaas te beskerm. Hy bou selfs ñ fort op sy plaas wat vandag nog op Doornkloof te sien is.

Hy is oorlede op die 15de Mei 1854, en is op die plaas  Doornkloof begrawe

Die dorp Kroonstad is volgens oorlewering vernoem na Sarel Cilliers se perd Kroon wat daar in die rivier verdrink het.

Voor die NG Moederkerk in Kruisstraat Kroonstad is ‘n beeld van Sarel Celliers wat die Gelofte aflê. Ontwerp deur Coert Steynberg en onthul  Geloftedag 1950.

Kroonstad beskik oor ‘n Sarel Celliers museum.

Die Wawielbrug oor die Valsrivier buite Kroonstad heet ook die Sarel Celliers Brug.

Doornkloof

Die plaas word in stand gehou en pragtig gerestoureer. Die Ou Huis met sy dik klipmure van 75cm dik is daar te sien asook die ou tuin, die leidam, die Beesveldam en die fort.

Clanwilliam WesKaap

Voor NG Kerk Clanwilliam ook ‘n monumentjie bekend as die Sarel Celliers monument.

2.  ABO Monument:

‘n Monument met 2 burgers op wat die ABO in herinnering roep met die name van gevalle burgers van Kroonstad commando. Onder is die woorde: Getrou tot die einde.  Roep ook  gedagte aan die 1400 vroue en kinders wat in Kroonstad se konsentrasiekamp dood is.

Bron: Internet en Monument plate.

Fotos:  Gys Ströh snr Januarie 2020. Clanwilliam: Riana Maree 2019

Die  Sarel Cilliers brug oor die Valsrivier

Doornkloof

Clanwilliam WesKaap

Voor NG Kerk Clanwilliam ook ‘n monumentjie bekend as die Sarel Celliers monument.

Turner monument.

Boer Concentration camp. Konsentrasiekamp grafte en grafte van soldate in ń parkie in ‘n woonbuurt in Kroonstad. (Turnerstraat)

Kroonstad het die pragtigste ou geboue.

1. Stadsaal en inligtingsentrum. Ongelukkig gesluit met ons besoek. Vuil, gebreek en verwaardloos met werkers wat net rondsit.

2. Paar ou geboue oa die Standard bankgebou. Pragtig

3. NG Kerk Kroonheuwel. Ingewy 6.2.1957. Wat persoonlik interessant is, is dat my wyle skoonpa Markus Ströh die toring gebou het. Dit is juis vanaf hierdie toring wat hy sy toekomstige vrou raakgesien het. Dit is nou nie meer ń NG Kerk nie, wel die Grace Bible Church.

4. Gereformeerde kerk in Turnerstraat.  Ontwerp deur Gerhard Moerdyk.  Gestig Junie 1925 en hoeksteen gelê 6 Maart 1948. Moerdyk het ruim van simboliek gebruik gemaak in ontwerp van die gebou.  Die grondplan is ń kruisvorm en kerk bied sitplek vir 400 tot 500 mense. Oorspronklik was daar nie kerkbanke nie, maar opslaanstoele. Die houtstawe agter die preekstoel stel 3 kruise voor en  ń “tong” strek na bo met sonstrale bo-oor.

Maak 'n opvolg-bydrae