Salvamento Steengroef / Parys/ Vredefort Koepel

Salvamento Steengroef

Parys

Vredefort Koepel

VREDEFORT KOEPEL

Die Vredefort koepel is reeds in 2005 as Wêrelderfenisgebied verklaar.

Vredefort koepel is een van die grootse impak kraters ter wêreld en ook een van die oudstes.

Die krater is so groot (ongeveer 300 km) en al so deur die eeue deur erosie weggevreet dat dit baie navorsing geverg het om bevestiging te kry.

Meer as 2000 miljoen jaar gelede het ñ reuse meteoriet die aarde hier getref, ongeveer 15 km suid van Parys.

Volgens berekening was hierdie klip groter as Tafelberg, ongeveer 10 km in deursnee.

Hierdie reuse klip uit die hemel het die aarde teen ñ geweldige spoed getref, die aardkors diep ingedring, ń reuse ontploffing veroorsaak en die terugslag het rotslae wat tot 20 km onder die oppervlakte van die aarde is, blootgestel len laat regop staan.

Erosie het oor miljoene jare die struktuur verander en die oorblyfsels van die meteoriet weggekalwe en vandag is daar net oorblyfsels van die oorspronklike krater sigbaar.

Vredefort Koepel is ń gesogte navorsingsterrein vir geoloë van reg oor die wêreld.

Parys en Vredefort lê naby aan die kern van die kratervloer.

Geoloë het baie bewyse van hierdie gebeurtenis al hier opgespoor.

PARYS GRANIET

By die ingang na Parys val blokke graniet dadelik op. Orals in omgewing teen geboue en monumente is hierdie graniet gebruik. Dit is eeu oue graniet wat blootgestel is deir die impak wat in hierdie omgewing gemyn is. Die pienk kleur van die Parys graniet is kenmerkend, so ook die dik are van Pseudo brekka (donker grys tot swart) in die graniet.

Parys graniet is ook bekend as African Juparana, so genoem deur Mnr Pedretti, na ń soortgelyke graniet in Brasilië.

Graniet word hier in Parys gemyn vanaf 1890 tot 1998.

Een van die eerste myners was Mnr Mario Angelo Pedretti, ń graniet beeldhouer, wat vanaf Italië geïmmigreer het. Hy het begin om granietblokke te myn in die area van die huidige Parys Waterwerke.

1896 bou Pedretti die Parys tronk met granietblokke, later ook o.a. die Poskantoor.

Parys graniet was gesog en orals in Suid-Afrika gebruik, veral in regeringsgeboue, by die Voortrekkermonument en selfs dele van die ou Jan Smuts lughawe.

Die inwoners van Parys het baie gekla en druk op die myn geplaas want die geraas en stof was ondraaglik. Daar is gebruik gemaak van ń “thermal lance”(“flame cutter) om die buitenste verweerde kors van die oppervlakte te verwyder om die graniet bloot te lê en te sny. Díe het ń mengsel van parafien en diesel en suurstof gebruik het om graniet mee te sny. Rotse is gesplit deur gate paar duim uitmekaar te boor, 2 halfsilinders van staal in gate in te druk, ń staal wigvormige prop in te druk en dan met ń hamer gekap om rots te split. Soms ook met dinamiet gesplit. Blokke is uitgelig met ń hefboom struktuur en na die treinstasie vervoer. Vir uitvoer na Durban per trein en na Johannesburg toe vervoer vir die Suid-Afrikaanse mark.

Steengroewe (Quarry)

Salvamenti Quarry

Op die Kopjeskraal pad is ń verlate steengroef, die Salvamenti Steengroef, met reuse blokke graniet wat verstrooi rondlê.

Duidelike bewyse van vroeëre werksaamhede is hier te sien.

Let asb daar op dat hierdie op privaatgrond is en toestemming moet verkry word om terrein te besoek. Die myn is ook gevaarlik want daar is 3 meter hoë kante, loodreg en onbeskermd en die snygroewe is tot 16 cm wyd.

Die blokke wat daar rondstaan is nog die laaste blokke wat deur 3 generasies, Mnre Angelo Pedretti gesny is.

Daar is verskeie redes waarom die myne verlate is en net so gelaat is. Druk vanaf die inwoners en omgewing en die fokus van graniet myn skuif na Brits, Bosveldstollings kompleks. Die gewilheid van graniet wat afneem. Verbeterde mynpraktyke en tegnieke. Die blokke bestem vir Italië het nie die voorgeskrewe grootte van 2mx2mx3m nie. Laer kwaliteit graniet. Die blokke is meestal nutteloos want uitermatige krake is veroorsaak deur verkeerde myntegnieke. Die interessantste rede is natuurlik die blootlegging van swart lae en glasagtige are in die graniet ( pseudotachalite). Internasionaal was dit nie aanvaarbaar nie . (Pseudotachalite: unusaul rocks melted and shattered by the meteorite impact of Vredefort; characterised by widespread thin veinlets and breccias with dark, glassy matrix, representing rock shattered and melted by the catastrophic impact event – p. 314 Geological Journeys). Vandag is dit een van die belangrikste bewyse van die meteoriet impak, die graniet wat gesmelt het met die impak.

Op die Venterskroon pad is ook die verlate Leeukop Steengroef, vertommende blokke graniet met groot swart glas pseudotachalite strepe. Hierdie is seker die mees gefotografeerde myngroef.

Voortsetting van mynbedrywighede in hierdie ou steengroewe is ook nie meer moontlik nie want die area is nou beskermd as Wêrelderfenisgebied. Ks

Bronne: Geological Journeys Norman and Whitfield Vredefort Dome Attie GerberWorld Heritage Sites of SA. David Fleminger

Fotos: Gys Ströh snr 2021.

Maak 'n opvolg-bydrae