Polio: Die gevreesde epidemie.
Vandag is dit moeilik vir ouers om die vrees en angs te verstaan van ouers vroeg in die twintigste eeu. Polio was een van die mees gevreesde siektes wat honderde kinders laat sterf het, talle verlam of gedeeltelik verlam gelaat het.
Interessant is dat die polio virus duisende jare reeds mense besmet het, maar nooit was dit in groot epidemiese getalle nie. Hier en daar is ‘n jong kindjie of baba aangetas met simptome van koors of verlamming ( Soms tydelik, soms permanent) en sommiges het asemhalingsprobleme ondervind en het as gevolg daarvan gesterf. Omdat dit baie selde onder volwassenes aangetref is, was dit bekend as “Kinderverlamming”.
Daar is selfs Egiptiese mummies ontdek wat moontlik polio gehad het en ‘n 15de eeuse kliptablet het selfs ‘n afbeelding van ‘n man met ‘n verminkte, verswakte been.
Die eerste gedokumenteerde geval van polio was deur Sir Walter Scott, wat die siekte opgedoen het in 1773. Alhoewel die dokter dit beskryf het as “ Koors van tandekry” , was dit later duidelik polio en het dit hom gelaat met ‘n permanent verswakte been.
In Europa en in die VSA is daar in die middel 1800’s opgemerk dat klein groepies babas en jong kindertjies koors ontwikkel met gepaardgaande verlamming. Maar dit was maar klein van omvang.
Vanaf 1890 was daar kort kort uitbreek van polio gevalle, elke keer met meer gevalle en en met korter tussenposes.
1916 is daar skielik 27 000 gevalle aangemeld en meer as 6000 sterfgevalle, meestal onder jong kinders. In New York is meer as 2000 sterftes. Dit was die begin van groot epidemies wat periodiek gewoed het in Europa en in die VSA.
Teen 1950 was polio een van die ergste aansteeklike siektes onder klein kindertjies in die VSA. Gedurende 1952 het byna 60 000 kinders reeds polio opgedoen, meer as 3000 het gesterf en duisende is verlam. Publieke plekke is gesluit en mense het kontak met ander sover moontlik vermy. Groot paniek het ontstaan, veral onder die ouers van jong kindertjies.
Ysterlong
Daar is sowaar vandag nog mense wat in ‘ ysterlong oorleef!
Polio slagoffers sukkel meestal om asem te haal omdat die siekte die borsspiere aantas wat lug in en uit die longe druk. Ysterlonge is ontwikkel in Kopenhagen, Denemark in 1952 en is later oral gebruik om slagoffers te help om asem te haal. Die pasiënt word in ‘n staal silinder geplaas met net die kop en nek buite en dan word die hele lyf afgeseël om ‘n lugdigte kompartement te vorm. Pompe wat die lugvloei beheer plaas dan periodiek drukking op die bors om met asemhaling te help. Polio pasiënte het lang tye in die ysterlong gebly (meestal ‘n week).
Die person wat die langste tyd in ‘n ysterlong deurgebring het volgens Guinness Book of Records is in 2009 oorlede op ouderdom 83, nadat sy meer as 60 jaar in haar ysterlong deurgebring het.
Die gebruik van die ysterlong het so stadigaan minder geword en in 2018 was daar nog net 3 opgetekende gevalle in die VSA van persone wat nog afhanklik is van hulle ysterlonge. Dit op sigself is ‘n groot spanning vir hulle en hulle versorgers want kragonderbrekings en verouderde apparate kan hulle dood beteken. Vervangingsonderdele word jare lank nie meer vervaardig nie. Moderne asemhalingsmasjiene is in hulle gevalle nie so effektief soos die ou ysterlong nie.
Ongelooflik om te dink dat daar nog mense is wat soveel jare die ysterlong as deel van hulle lewens ervaar en daarvan afhanklik is. .
Martha Lillard (Oklahoma) spandeer meer as die helfte van haar dag in so ‘n ysterlong en die res van die tyd is sy afhanklik van ‘n suurstofmasjien wat nie so effektief is nie. Sy het polio opgedoen toe sy 5 jaar oud was in 1953. Sy onthou sale wat gepak is met rye ysterlonge wat pasiënte aan die lewe gehou het. Met verpleegsters wat vining moes reageer as daar kragonderbreking was om te help. Liliard onthou: “You just laid there and you could feel your heart beating and it was just terrifying. The only noise that you can make when you can’t breathe is clicking your tongue. And that whole dark room just sounded like a big room full of chickens just cluck-cluck-clucking. All the nurses were saying, ‘Just a second, you’ll be breathing in just a second.’”
Entstof/ Immunisering
1950 het Jonas Salk ‘n entstof teen die poliovirus ontwikkel na jarelange navorsing en is daar begin met toetse en observasies met baie goeie resultate. Dit is beskou as ‘n groot mediese deurbraak en teen 1955 is in aller erns begin om die entstof te gebruik. Dit het so te sê die siekte in die ontwikkelde lande uitgeroei. Teen 1961 was daar slegs 161 gevalle in die VSA opgeteken. Ongelukkig is die siekte nog nie heeltemal uitgeroei nie, want daar kom nog soms gevalle voor in ontwikkelende lande waar konflik, politieke onstabiliteit en gebrekkige infrastruktuur immunisisering bemoeilik. Dit maak die risiko vir die uitbreek van ‘n nuwe epidemie soveel groter. As daar iewers nog ‘n virus skuil, kan dit terugkom. Ouers besef nie die gevaar van polio nie. As ‘n klein kindjie die virus opdoen, kan dit met die moderne vliegverbinding tussen lande vinnig versprei onder diegene wat nie geimmuniseer is nie met rampspoedige gevolge.
Sedert 1988 is ‘n reuse inentingsveldtog wêreldwyd aangepak en sedertdien is meer as 2.5 biljoen kinders is ingeënt teen polio deur die samewerking van meer as 200 lande en 20 miljoen vrywilligers. Wêreldwyd het polio gevalle afgeneem met 99%. Die laaste 1% bied groot uitdagings.
Polio is nogtans nie ‘n siekte van die verlede nie. Selfs al is dit onder beheer, is daar vandag nog tussen 350 000 en 500 000 mense wat die polio virus oorleef het, maar talle van hulle leef met ernstige nagevoge en ly daagliks agv daarvan.
Polio in Suid-Afrika
Polio epidemies het ook gereeld voorgekom in SA en groot paniek veroorsaak. Die hoeveelheid gevalle is egter relatief klein in vergelyking met epidemies van ander siektes wat in SA voorgekom het. Daar was polio epidemies in 1918, 1948 en die ergste een in die somer van 1956 en 1957. In die epidemie tydperk het baie kinders die virus opgedoen sonder enige noemenswaardige simptome. Hierdie kinders het dan ‘n natuurlike immuniteit ontwikkel, maar dit bly ‘n groot risiko aangesien die verlammende effek later maklik gesneller kan word deur oormatige oefening of trauma.
Immunisering is huidig die enigste manier om ‘n volgende epidemie te voorkom.
Suid-Afrika is reeds ‘n aantal jare polio-vry. Enkele gevalle kom steeds in Afrika voor.
Immunisering
12 Mei 1955 is die polio entstof goedgekeur as veilig en doetreffend. Dr Jonas Salk het ‘n jaar lank proeflopies en toetse gedoen om die entstof suksesvol teen alle variante ( “Strains”) van Polio en die veiligheid daarvan te bewys. Polio word veroorsaak deur die polio-virus wat die bloedstroom binnedring en die hele senuweestelsel aantas.
This ancient Egyptian stele shows a man with a shriveled leg and foot positioned as they would be if polio destroyed motor nerves