Paardekraal Monument Paardekraalstraat Krugersdorp Desember 1891

Paardekraal Monument

Hierdie monument het onstaan as ń stapel klippe in ń versetaksie teen die Britte.

Na die anneksasie van Transvaalse Republiek was burgers baie ontevrede. Toe ondehandelings met Brittanje misluk het, is die burgers opgeroep na die plaas Paardeplaat Paardekraal vir ń vergadering 8 Desember 1880. Tussen 6000 en 8000 burgers het daar besluit om op te tree en op voorstel van Paul Kruger het die burgers ń klipstapel gepak. Hulle lê ook die Paardekraal Gelofte af.

Hierna volg die Slag van Majuba en ZAR ontvang weer vryheid.

16 Desember 1881 word ń dankfees op die terrein gehou.

1890 besluit die regering om ń monument op die terrein op te rig. Zytze Wierda is argitek en boumeester en die Paardekraal Monument word wydsbeen oor die klipstapel opgerig en op Desember 1891 deur Paul Kruger onthul. Dit was die eerste Volksfees waar die 1838 Gelofte herdenk is en sedertdien word hierdie volksfeeste gereeld hier herhaal.

Junie 1901 tydens ABO het Lord Roberts beveel dat die klipstapel verwyder moes word en onder ń treinbrug in Vaalrivier (Vereeniging) gegooi moes word. Majuba was ń teer punt onder die Britte.

Die destydse LP van Krugersdorp Clive Darby Lewis het later jare duikers gestuur om die klippe te gaan uithaal. Na verskeie pogings is die posisie van die ou treinbrug bepaal en van die klippe herwin. Klippe wat duidelik nie daar in Vaalrivier in Vereenigingarea hoort nie. Clive het later die klippe aan Paardekraal teruggegee waar dit weer sedert 2007 onder die monument pryk.

2010 is ń gedenkmuur opgerig met granietinsette en gedenkstene.

Op die terrein is ook ń klipstapel waar volksgenote self klippe kan gaan pak in vereenselwiging van die 1838 Gelofte.

In die hoek van die terrein is ook waspore en dierespore wat gelaat is tydens die 1938 herdenking van die Groot Trek. 1838-1938

Klein Museum ook op terrein. Beeld van Boerkryger.

Fotos: 16.12.2019 Gys Ströh snr

Beeld van Boerekryger

16 Desember 2019 is ń beeld van ń Boerekryger by Paardekraal onthul. Aanvanklik reg voor Monument maar sal later binne in die museum geplaas word.

Simboliek: (Soos verduidelik deur kunstenaar self)

Boerekryger in tipiese kleredrag tydens Vryheidsoorloë. ń Gewone burger met Martini Henry, bandelier oor skouer en hoed

Die bandelier is vol patrone, reg vir aksie.

Die kryger is fris en sterk, maar buig sy kop in nederigheid.

In een hand is ń klip. Simboliese oorwinning oor Engelse. Klippe is sinoniem met Paardekraal.

Hoed is afgehaal, kop is gebuig in eerbied en vertroue op God terwyl die Gelofte afgelê word.

Ten spyte van malende gedagtes wat deur kryger se kop vlieg , is die vashou aan Psalm 91: “Ek sal nie bang wees nie.” Kap jou klippe, slingervel oor skouer soos Dawid, moet nie moed verloor nie. Vertrou op God.

Die kunstenaar is Jaco van Niekerk vanaf Hartebeespoort Noord Wes. Hy het tydens Krugerdag vieringe 10 Oktober 2019 by Paardekraal die gedagte gekry om so ń beeld van Hoop en Vertroue te skep vir hierdie spesiale geleentheid 16 Desember 2019.

Die beeld is gegiet in cold cast bronze, afgewerk met Resin en bronspoeier en gepoleer om hierdie meesterstuk te skep.

Die beeld is geskep om God te verheerlik en afhanklikheid van mens aan Hom te toon.

Kunstenaar Jaco van Niekerk het hierdie beeld op eie koste vervaardig en aan Paardekraal geskenk en persoonlik onthul op 16.12.2019

Hy het ook die besonderse beeld van Ouma Swart in Standerton Konsentrasiekamp Begraafplaas geskep.

Fotos : 16.12.2019

Maak 'n opvolg-bydrae