Noupoort Noord-Kaap Noupoort Blokhuis Hugenote Fees/ Simboliese Ossewatrek

Noupoort

Noupoort is ń plattelandse dorp wat eens ń belangrike spoorwegsentrum in Noord-Kaap was. Die dorp is vernoem na ń spoorwegpas, Naauwpoort, wat deur die Caledonheuwels gegaan het. Die pas is later vervang deur ń tonnel. Hierdie eens besige dorp is nou stil en soos meeste dorpe in SA duidelike tekens van verval en vandalisme. Die dorp is bekend vir sy rehabilitasie sentrum vir dwelmafhanklikes.

Blokhuise

Gedurende ABO het die Britse magte blokhuise gebou as forte, uitkykpunte en vesting vir hulle troepe om treinspore en brûe te beskerm teen die Boeremagte. Boerekommandos het in hierdie deel van die Kaap dikwels aanvalle geloods vanuit die Vrystaat. Die blokhuise het ń sterk verdedigingslinie gevorm wat gestrek het vanaf Queenstown deur Molteno en Burgersdorp na Bethulie en Aliwal-Noord.

Noupoort Blokhuis

Hierdie blokhuis is sekerlik die mees onpraktiese blokhuis wat in SA gebou was.Dit is waarskynlik ń nabootsing van ń toring windmeul soos bv Mostert’s Mill in Kaapstad.

Die wit kalk afgewitte klipmure is 7 meter hoog. Deursnee onder by voet is 8,5 meter en plat af na top tot 7 meter.

Op 4, 9 meter hoogte is die muur 100 mm teruggesny waar daar 3 gegote yster luggate aangebring is.(225x75mm).

In die middel van die topgedeelte is 5 staal skietgate vertikaal en naby bokant is 15 skietgate horisontaal. Hierdie skietgate is ongewoon want hul staal is aan buitekant gemonteer en nie in middel soos by ander blokhuise nie en die openinge is ook buitengewoon groot.

Die dak is rondawel tipe of sambreel tipe van gegolfde sink met ń effense verlenging oor die ingang.

Die ingang is vertikaal en meer as 7 meter bo die grond in ń sink muur. Toegang was baie moeilik.

Die boonste vloer was net bokant die luggate en troepe kon kniel en deur onderste skietgate skiet terwyl ander kon staan en deur boonste skietgate skiet.

Die onderste gedeelte was waarskynlik ń baie diep stoorruimte of moontlik 2 vloere gebruik as stoorruimte wat die hoë ingang soveel onpraktieser gemaak het.

In hierdie omgewing was baie aksie tydens die ABO.

Ongelukkig het vandale reeds hulle spore hier gelaat.

Bron: Internet. Fotos: Gys Ströh (snr). Januarie 2020

Hugenote Fees

Ossewatrek

Hugenote Fees 1689 -1939

Ossewatrek 1838 -1938

Pragtig versorgde monumentjie voor die biblioteek.

Woorde op Monumentjie: Die pad van Suid-Afrika.   Geloof Hoop Liefde

Ou Geboue/ eens museum: Pragtige ou geboue en kerke in Noupoort. Ongelukkig het vandale en verwaardlosing reeds hulle spore ook hier gelaat.

Fotos : Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae