NG Kerk Winburg
Burgermonument
Winburg
NG Kerk Winburg Moedergemeente
Klipkerk. Die NG Kerk Winburg is die oudste gemeente in die NG Kerk Vrystaat en Transvaal.
1840 is ń ooreenkoms tussen Hendrik Potgieter en Andries Pretorius op Potchefstroom gemaak en stig hulle die eerste Voortrekkerstaat, Republiek van Natalia. Dit sluit Transvaal, Natal en Noord-Vrystaat in.
1840 word ook die eerste Voortrekkerkerk gestig wat die gemeentes van Potchefstroom, Winburg en Pietermaritzburg ingesluit het.
1841 is die kerkrade vir díe gemeentes benoem en Ds Daniel Lindley, Presbiteriaanse sendeling van Amerika, word as eerste leraar aangestel. Hy vestig hom in Natal.
1842 besoek Ds Lindley Winburg en bevestig die eerste kerkraadslede. Hy doop met hierdie besoek 331 kinders.
Die oudste rekords van hierdie gemeente, doop, troue en lidmaatskap, is in 1842 aangeteken.
1850 word die eerste leraar hier aangestel, DJ van Velden. Hy vertrek 1853 na Ladismith, Kaap.
Hy word opgevolg deur Ds H van Broekhuizen, 1861-1866 wat ń baie moeilike tyd beleef. Droogte, kerkskuld, Basotho-oorloë maak sy werk bitter moeilik en hy verlaat gemeente weens swak gesondheid.
1867-1893 Ds PAC van Heyningen
1894-1904 Ds JJT Marquard wat moeilike tyd van ABO beleef, by die Boerekommando’s aansluit, gevang word en as krygsgevangene weggevoer word Kaap toe.
Sowat 10 predikante het al hierdie gemeente bedien.
Klipkerk
Aanvanklik is ń saal met ń grasdak vir kerkbyeenkomste gebruik.
1854 bou hulle die eerste kerk op die huidige terrein en 1854 wy die gemeente die gebou in sonder ń eie predikant.
Die gebou word gou te klein, word gesloop en die Klipkerk daar opgerig.
Die Klipkerk word ontwerp deur John H Till in Neo’Gotiese katedraalstyl en die hoeksteen word gelê in 1899 deur Pres Steyn, president van die Oranje Vrij Staat.
Die gebou word eers in 1904 voltooi na die ABO en ingewy in 1904.
Tydens die ABO is die halfvoltooide gebou gebruik as skuilplek vir ñ paar families wie se hoof van huis op kommando was en ook as ñ hospitaal.
Die gebou is netjies versorg en die binneruim slaan asems weg. Die ryk kleure en houtwerk, die orrel, die doopvont, loodglasventers, vloere ens. is imposant.
Die banke van Nieu Zeeland denne. Vroeër is die banke verhuur en in 1950 is die name van die banke verwyder.
In die konsistorie is waardevolle items en geskiedenis uitgestal.
Getuig van ń lewende gemeente.
Burgermonument
Langs die Klipkerk op die besonders netjiese en interessante terrein is ń Burgermonument opgerig ter herinnering aan burgers wat tydens die ABO geveg en gesneuwel het sowel as die wat in die Konsentrasiekampe gesterf het. Die skrif dof en onleesbaar, maar in die konsistorie is ń naamlys geraam. Die Vrystaatwapen in wit marmer uitgebeitel indrukwekkend.
NG Kerk Rietfontein WinburgHierdie gemeente ontstaan agv skeuring in die gemeente na die 1914 Rebellie. KS
Bron: Wikipedia. Gemeentegeskiedenis.
Fotos:Internet. Gys Ströh snr Desember 2020
NG Kerk Rietfontein Winburg
So 2 blokke weg van die Klipkerk NG Kerk Moedergemeente Winburg staan die NG Kerk Rietfontein se gebou.
Tydens die 1914 Rebellie het daar groot skeuring in die NG Kerk Winburg ontstaan.
ń Gedeelte van die gemeente het die Regering ondersteun wat in Britse Kamp gestaan het wat teen Duitsland oorlog verklaar het terwyl ń gedeelte gerebelleer het teen die Regering omdat hul nie teen Duitsland wou veg nie want hul het onthou dat Duitsland hul ondersteun het tydens die ABO.
Hierdie 1914 Rebellie het gelei tot ń gewapende stryd tussen SA Weermag en die rebelle naby Winburg, Mushroom Valley.
Die Winburg kerkraad ontvang ń versoek dat die rebelle as kerkraadslede moet bedank aangesien hulle die wapen opgeneem het teen mede-Afrikaners, ń versoek wat die kerkraad afwys.
Die beswaardes verlaat die kerk en stig ń nuwe gemeente, die Rietfontein Gemeente.
Vernoem na die plaas Rietfontein neffens Winburg, Pres Steyn se geboorteplaas.
Aanvanklik is diens gehou in die Stadsaal en in 1919 is ń eie kerkie gebou, die kruiskerkie.
1941 is díe kerkie gesloop en op dieselfde terrein is die huidige kerk gebou.
Die argitek Gerhard Moerdijk se praggebou met die toring sentraal herinner baie aan die vorm van ń skip.
1952 skryf die gemeente se medewerker, moontlik Ds Barnardt, in ONS GEMEENTELIKE FEESALBUM :” Die Here het hierdie gemeente, uit nood en angs gebore, wonderlik geseën.”Huidig is daar goeie samewerking tussen die 2 gemeentes.
Bron: Wikipedia, Gemeentegeskiedenis, Facebook
Fotos: Internet, Facebook, Gys Ströh snr Desember 2020.
Winburg
Die Eerste Pastorie
Die Eerste Pastore Die oudste woonhuis wat deurlopend bewoon was en steeds bewoon word noord van die Oranjerivier.
Sedert 1848 is gereelde kerkdienste gehou in Winburg.
Mei 1850 word daar begin met die bou van ń Pastorie. Die pastorie word gebou van die beste boumateriaal beskikbaar, 50 vragte klip en 40 000 stene word gebruik. Geelhoutplanke en balke word per ossewa aangery vanaf die Kaap vir vloere en dak. Die dak word bedek met Tamboekie gras.
Ds Dirk van Velden word aangestel as die eerste predikant en arriveer Sept 1850 vanaf Holland.
Ongelukkig is die pastorie nog nie voltooi nie en hy en sy vrou en 5 kinders moet 8 maande voorlopig in die agterste vertrekke van die kerk woon.
1851 tot 1854 woon Ds van Velden en sy gesin in die Eerste Pastorie waar hy nog ń seun en ń dogter ryker word.
Ds Van Velden vertrek na Ladismith in die Kaap en ń nuwe predikant Ds H van Broekhuizen word eers on 1861 aangestel. Hy beleef ń moeilike tyd in Winburg; Groot droogte, Groot kerkskuld, Basotho-oorloë en groot verdeeldheid. Weens swak gesondheid verlaat hy in 1866 Winburg.Gedurende sy verblyf in die pastorie in 1863 word die lekkende dak herstel.
1867 tot 1893 word hy opgevolg deur Ds Pieter A C van Heyningen. Hy en sy gesin van 9 kinders woon in die pastorie.
Pastorie herbou
1882 ontstaan ń vogprobleem in die pastorie, vog in die fondasie.
Die pastorie word afgebreek en klip vir klip oorgebou op ń hoër fondasie.
Díe sandsteen huis word vergroot om voorsiening te maak vir die predikant se groot gesin.
Ds Van Hyningen se jongste dogter, Carolina lê die hoeksteen van die pastorie op 9 Maart 1882.
ABO
1894 woon Ds JJT Marquard en sy gesin in die pastorie, aanvanklik 3 kinders maar nog 2 word hier gebore.
Gedurende die ABO het ds Marquard by die Boerekommando’s aangesluit, hy word gevang en as krygsgevangene weggevoer Kaap toe.
Sy gesin bly in die pastorie en verleen hulp in die vorm van beskuitbak aan die Boere tot die Britte eers beslag lê op hulle wa en later die pastorie beset.
WWI
1906-1918 woon Ds Willem H Boshof in die pastorie en beleef ń ernstige skeuring in die kerk.
Verdeeldheid ontstaan oor aan wie die lidmate hul guns en ondersteuning bied Duitsland wat hulle goedgesind was tydens die ABO of Engeland, die vyand tydens die ABO.
Die Tweede Pastorie
1947 besluit die Winburg NG Kerk om ń nuwe pastorie te bou, die Tweede Pastorie in Victoriastraat.
Die Eerste Pastorie verkoop
Die Eerste Pastorie word verkoop en is sedertdien in privaatbesit en verwissel reeds ń paar keer van eienaar.
Gastehuis
Die Eerste Pastorie word bewoon en die agterste kamers is omskep in gastekamers. Die ou besoekerskamers wat slegs van buite bereik kon word is nou met ń gang verbind met die hoofhuis.Die waenhuis, ń nou dubbelmotorhuis, die perdestalle nog oorspronklik met ń perdeskoen bokant die woonkamer se deur wat getuig van ń tyd lank lank gelede.
Die huis is pragtig ingerig en elke fyn detail vang die oog.
Die dak nou ń sinkdak.
Die vloere en plafonne, eintlik nog ń vloer, nog van Oregon Pine en vergeet van saggies loop op die krakende vloerplanke.
Die lang stoep wek heimwee , die Victoriaanse kaggels van gegote yster wat nog in die koue winters gebruik word en die oopskuifvensters is besonderse herinneringe aan ń era wat verby is.
Bespreek gerus ń nag of 2 in die Eerste Pastorie en ervaar opregte Vrystaatse gasvryheid en beleef die voorreg om in so ń ou historiese huis te slaap.KS
Bron: Wikipedia, theheritagepotal.co.za en Die Eerste Pastorie
Fotos: Gys Ströh snr Desember 2020