Kerkplein Pretoria / Paleis van Justisie

Paleis van Justisie

Kerkplein

Pretoria

Hierdie pragtige indrukwekkende getoringde gebou aan die noordekant van die Kerkplein Pretoria dateer uit die 19de eeu en is ontwerp deur die Nederlandse argitek Sytze Wierda. Dit was sy laaste gebou vir die ZAR. (Eerste was Die Ou Raadsaal)

Dit is tans die hoofkantoor van die Provinsiale Afdeling van SA Hooggeregshof.

Die eerste sitting van die Hooggeregshof 23 Mei 1877 is in die ou Volkraadsgebou op die Kerkplein gehou, later verskuif na ń gebou op die hoek van Andriesstraat en Bureulaan, maar díe gebou was gou te klein en toe is die Paleis van Justisie opgerig. Bouwerk het begin 1886, die hoeksteen is 8 Junie 1897 gelê deur Pres Paul Kruger. Bouwerk is gestaak tydens die ABO waartydens die gebou gebruik is as hospitaal vir Britse soldate.Na die oorlog is die gebou voltooi, maar nie deur die ZAR en Wierda nie. Volgens die oorspronklike tekeninge sou die gebou ryklik versier word deur beeldhouwerk, maar dit is ongelukkig nie gedoen nie. Die Paleis van Justisie op die hoek van Paul Krugerstr en Vermeulenstraat is in 1993 voltooi.

In 1910 word die Transvaalse Provinsiale afdeling van die Hooggeregshof van SA ingestel met hoofsetel Paleis van Justisie. Die groot hoeveelheid werk noodsaak gou die bou van ń groter gebou noord van die Paleis van Justisie (8 verdiepings hoog, 29 howe en 52 regterskamers). Die nuwe gebou se 8 verdiepings is dieselfde hoogte as die Paleis van Justisie se 4 verdiepings.

Die styl van die gebou van die Paleis van Justisie is volgens die ZAR styl en is uitsonderlik met sy 2 ingangstorings.

Die geweldige en asemrowende voorportaal of sogenaamde “vestibule” met sy kleurglasplafon, inlegvloer en sandsteenpilare /suile is die idee van John Kotze, die destydse Hoofregter.

Daar is 3 hofsale: Een vir blank, een vir Kleurlinge en een vir swartmense. (Grootte en gemak van die bankies in die 3 sale verskil nogal noemenswaardig)

Hier het al opspraakwekkende verhore plaasgevind soos díe van Daisy de Melker, Jopie Fourie se teregstelling en dan die bekendste een sekerlik die Rivonia verhoor waar Nelson Mandela aangekla en skuldig bevind is aan hoogverraad.

In die donker somber ondergrondse sel is Nelson Mandela aangehou en sy Freedom Charter is in sy eie handskrif teen die muur steeds sigbaar

Bronne: Consultus OK 1993. M Snyman Pretoria Balie

Wikipedia

Facebook Maroelamedia)

Inligtingsblaadjie Erfenisstigting

Fotos: Gys Ströh Snr November 2019. Geneem tydens toer gereël deur Erfenisstigting.

Hierdie foto toon die Paleis van Justisie in aanbou, en dit was ‘n nagmaalsnaweek (een keer per kwartaal het almal van heinde en verre gekom om dit by te woon, en dan op die kerkplein uitgekamp van ongeveer Donderdag tot Sondagmiddag). Die hoeksteen is op 8 Junie 1897 deur pres Kruger gelê. Dit was dus ongeveer 1898, nog voor die oorlog. Pretoria Historia

Pragtige foto van die Paleis van Justisie tydens die oorlog, toe dit afgekamp was en as ‘n hospitaal gebruik is. Die eerste voetstuk van die Krugerbeeld was toe nog op die plein, asook die kerk.

Die voetstuk gereed vir die Krugerbeeld. Dit is kort daarna afgebreek en die kerk ook. Die beeld is in Europa vervaardig en was reeds in ‘n stoorkamer in Lourenco Marques toe die oorlog afbreek, waar dit gebly het tot na die oorlog. Dit is toe eers in Prinsepark, later by die stasie, en eers in omtrent 1954 op die plein opgerig. Pretoria Historia

Maak 'n opvolg-bydrae