Jameson Inval 29 Desember 1895 -2 Januarie 1896 Slag van Vlakfontein Krugersdorp

29 Desember 1895 -2 Januarie 1896

Jameson Inval

2 Januarie 1996 Slag van Vlakfontein Krugersdorp

Jameson Inval

Beplanning

Cecil John Rhodes, Premier van die Kaapkolonie, beplan en finansier die Jameson Inval.

Rhodes was ñ skatryk sakeman wat graag na die noorde wou uitbrei. Hy was dikwels in botsing met Pres Paul Kruger, wat ZAR onafhanklik wou hou.

Sy ideaal was ñ verenigde Suid-Afrika onder Britse Vlag. Die goudrykdom van die ZAR was aanloklik en die spoorlyn na Delagoabaai ñ probleem want dit kon die Britse greep op ZAR verswak.

Rhodes se idee was om ñ opstand onder die uitlanders in Johannesburg aan te hits, hoofsaaklik oor stemreg . Daarvoor het hy meer as 3000 gewere ingesmokkel.

Jameson kon hulle dan te hulp snel.

Die Britse koloniale Administrateur, Leander Starr Jameson sou bevelvoerder wees van troepe van Cecil John Rhodes en Betsjoeanaland Polisie, sowat 350 man.

Die Britse Hoëkommisaris in SA sou dan geleentheid hê om in te gryp, oënskynlik om burgeroorlog te verhoed en om Britse lewens te beskerm. Dit kon dan optrede regverdig en ook om aan te dring op ñ Wetgewende vergadering, oorheers deur Uitlanders. Pro-Britse regering en nuwe grondwet sou ZAR dwing om by Britse Federasie aan te sluit.

Die opstand

Inligting en gerugte oor die opstand onder immigrante het bekend geraak.

ZAR burgers wou dadelik optree, maar Pres Paul Kruger het hul gemaan om te wag totdat “die skilpad sy kop uitsteek.”

Geskille het nou onder die uitlanderleiers ontstaan. Sommige wou nie onder Btitse vlag die opstand laat plaasvind nie. Uitlanders raak onwillig om aan opstand deel te neem. Rhodes laat na om Jameson te laat weet dat opstand misluk.

Die inval

Jameson en sy troepe val Transvaal op 29 Desember, soos beplan, binne.

Twee manne wat telegraaflyne tussen Rustenburg en Zeerust moes afknip, knip in vermoedelike dronkenskap heiningdrade in plaas van telegraaflyne af. Lyne na Pretoria bly dus oop.

ñ Wakker telegravis , Albertus Meiring van Ottoshoop, raak agterdogtig en sien hoe verdagte mense tegraaflyne knip. ñ Perderuiter het ñ telegram vanaf genl Piet Joubert gebring, waarmee hy navraag wou doen het na moontlike troepe aan die grens. Meiring kon dadelik die inligting na Pretoria sein.

Gewapende burgers van die ZAR kon dadelik bymekaar kom en posisie inneem om Jameson se roete te versper.

Die aanval

1 Januarie 1896 toe Jameson reeds die mynhope van Johannesburg kon sien, loop hy hom naby Krugersdorp vas in die manskappe van Genl Cronje waar hulle agter klippe skuil. Ten spyte van sy meksims en kanonne waarmee hy die burgers bestook het, kon hy nie deurbreek nie en sy uitgeputte manne wat na ñ opmars van 86 uur met bitter min rus en kos moes klaarkom, het in ñ laagte op die plaas Vlakfontein gaan skuil, totaal omring deur burgers.

Oorgawe

Vroeg 2 Januarie 1896 hys Jameson die wit vlag, ñ voorskoot wat hy by ñ bruinvrou gekry het.

Gesneuweldes en gevangenes

Aan Britse kant sowat 18 dood en 40 gewond.

Aan Burger kant 4 dood, 5 gewond.

Begrawe in Krugersdorp, Burgershoop begraafplaas.

Gevangenes marsjeer gedwonge na Pretoria waar hul gevonnis word.

Pres Kruger wou ñ bloedbad vermy en pleit by burgers om skuldiges vry te laat. Vonnisse is versag tot groot boetes.. Die leiers is aan Brittanje oorhandig vir straf.

Gevolge

Brittanje was in ñ verleentheid en het homself amptelik gedistansiëer van die inval.

Rhodes word vervang as Premier van die Kaapkolonie.

Die inval het die nasionalisme in ZAR versterk en bande tussen Vrystaat en ZAR ook versterk. Hulle was vasbeslote om hulle onafhanklikheid te behou.

Wantroue teenoor Brittanje het ontstaan en hulle het hulleself begin bewapen.

Indirekte oorsaak van die ABO.

Gedenkteken

Gedenksteen is in 1917 opgerig in 1917 op plaas Vlakfontein, vandag net agter nywerhede buite Krugersdorp.

Bronne: Internet. Afrikanerjoernaal JC Steyn.

Foto’s: Internet. Facebook John Roderick.

Gys Ströh snr Augustus 2022

Maak 'n opvolg-bydrae