Die Gelofte 1838 / Bloedrivier / Wenkommando / Jaar van Verskrikking

Die Gelofte

1838

JAAR VAN VERSKRIKKING

JAAR VAN GROOT NEERLAE EN TRANE

JAAR VAN VREES

JAAR VAN GROOT VERLIESE

JAAR VAN VREES

JAAR VAN GENADE

JAAR VAN WONDERWERKE

November 1837 Trek die Trekkers Drakensberge af, die groen Natal binne

Trekleier Piet Retief begin onderhandel inge met Dingaan

1838

Februarie die nag van verskrikking waartydens die Zoeloes talle laers en families aanval en uitmoor

Piet Retief en sy manne word vermoor deur Dingaan

Slag van Italeni waar wenkommando, ‘n Vlugkommando word met groot verliese

Die laers word aangeval en telkemale beroof van hulle vee.

Slag van Veglaer. Laer word suksesvol verdedig, maar verloor hulle vee.

Zoeloespioene word telkens opgemerk en laat laers in vrees lewe.

September 1838 groot verliese na die hinderlaag tydens die Slag van die Wit Umfolozi

Trekleier Gerrit Maritz kom te sterwe en laat die Trekkers feitlik leierloos.

Hulp word gevra uit die Kolonie.

Die Trekkers trek saam laer en begin om veghekke te bou om waens aft e sluit en aan die onderkant te beveilig.

November 1838 kom Andries Pretorius en sy Kommando by Sooilaer, Dubbele Laer aan. Begin dadelik met voorbereidings vir ‘n strafekspedisie teen Dingaan.

Andries Pretorius vertrek met sy Kommando Zoeloeland in.

Daaglikse verloop (Uittreksels uit John Roderick se daaglikse skrywe oor gebeure uit die geskiedenis):

Maandag 3 Desember 1838.

Jan Gerritze Bantjes. Bloedrivier, ń daaglikse joernaal.

“Journal der Ekspeditie…”

” Nademaal de heer Andreas Wilhs. Jacs. Pretorius, enige dagen geleden alhier is aangekomen, met ñ party zyner manschappen, ten einde met een kommando in de kryg tegens Dingaan, Opperhoofd der Zulus, op te trekken, om te trachten het, door hem van onze dood gemartelde medereizigers geroofde, trug te halen, ontstond er tengevolge van de aankomst, grote blydschap onder het algemeen.”

Sarel Celliers het die Sondag die Erediens gelei.

Die aand is daar ń biduur gehou.

Die lang verwagte kommando van kommandant Landman het die dag aangekom. Volgens Bantjes het die kommando 123 weerbare man getel. Daar was ook enkele Engelssprekende persone en etlike (sogenaamde mak-) Zoeloes teenwoordig gewees.

Hoofkommandant, Andries Pretorius, het die aand al die kommandante toegespreek en hulle op hul pligte gewys.

Dinsdag 4 Desember 1838.

Bantjes skryf dat die kommando stadig deur ń oop vlakte getrek en later die dag is daar deur die Kliprivier getrek en uitgespan.

Daarna het Andries Pretorius aandgodsdiens gehou.

Woensdag 5 Desember 1838. (Die joernaal van Jan Bantjes)

Die kommando het die dag oorgestaan.

Andries Pretorius het die kommando aan die beskerming van die Allerhoogste opgedra, en ook bemoedig.

Ook is aan die kommandante teenwoordig opdragte uitgereik, en is hul gemaan tot onderhorigheid en samewerking.

Die aanwesiges is ook gemaan tot groot oplettendheid met betrekking tot die omgewing, asook die vyand wat enige oomblik verwag kon word.

Sarel Celliers het die verigtinge afgesluit met gebed.

De Lange het ń Zoeloe spioen gevang, ‘n man van Jobe se kraal.

Daar is ook die dag besluit om die kraal van die vyandige Jobe aan te val.

Donderdag 6 Desember 1838. (Jan Bandjes se joernaal).

Bantjes skryf dat daar gedurende die oggend ingespan is en dat daar deur nog ń rivier getrek was. Daar is kort na die middaguur uitgespan.

Pretorius het gesorg dat daar die dag, soos trouens al die ander dae ook, ń behoorlike sterk laer getrek was.

Daar is selfs sover gegaan as om die laer met “doorntakken te verzerken”.

Die komende geveg teen Jobe was bespreek en ‘n Kommando het vertrek na Jobe se kraal.

Vrydag 7 Desember 1838.

Die kommando wat teen Jobe uitgetrek het, het veilig teruggekeer.

Jobe se kraal en die omgewing was geheel en al verlate gewees.

Daar word besluit om die volgende dag direk en sonder versuim na Umgundgundlovu op te ruk.

Saterdag 8 Desember 1838. (Jan Gerritze Bantjes se joernaal oor die slag van Bloedrivier).

Bantjes skryf dat hul die oggend ingespan het en deur vlaktes en klowe getrek het tot aan die Blyderivier (eintlik die Wasbankrivier) waar hulle weer ‘n sterk en stewige laer getrek het.

Die kommando het die naweek daar oorgestaan en dit is ook die plek waar die Gelofte die eerste keer op die 9de Desember afgelê is.

DIE GELOFTE

Sondag 9 Desember 1838.

Die eerste aflegging van die Gelofte.

Andries Pretorius ontbied die drie hoofkommandante, Sarel Celliers, Karel Landman en Joubert.

Pretorius stel dit aan hulle dat hy ‘n Gelofte aan die Here wil maak:

Dat as Hy hul uit die hand van die vyand sou red, hul, sowel as hul nageslag die dag as dankdag in die toekoms sou eerbiedig.

Die drie mans moes na hul onderskeie gemeentes gaan en navraag doen of daar beswaar sou wees teen die aflê van bogenoemde Gelofte.

Die drie man het teruggekeur en gerapporteer dat geen besware aangeteken is nie.

Sarel Celliers het daarna die oggendgodsdiens vanuit die tent van Pretorius waargeneem.

Psalm 38 vers 12, 16 en 21 is voorgelees.

As prediking is voorgehou, Rigters 6 verse 1 tot 24, “Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel…Is dit nie Ek wat jou stuur nie?”

Volgens Jan Bandjes is die diens afgesluit met ‘n gebed en is die Gelofte die eerste keer afgelê.

Pos deur Jan C Greyling :

Voordat die Gelofte die eerste keer voorgelees is, het Pretorius gevra of daar enige lede teenwoordig is wat hulself nie opgewasse voel vir die taak nie of wat enige gewetensbesware sou hê teen die aflê van die Gelofte.

Hy het bygevoeg dat dit hul eie keuse was en indien hulle onttrek, dit nooit teen hulle gehou sou word nie. Daarna het 3 Voortrekkers stil uit die groep weggegaan en is die Gelofte die eerste keer voorgelees.

In die daaropvolgende dae is die Gelofte elke aand gedurende Godsdiens herhaal.

Maandag 10 Desember 1838.( Jan Bantjes, ń joernaal bygehou rondom die slag van Bloedrivier, GDJ Duvenage, Die Groot Trek, deel drie)

Die kommando het deur die Wasbankspruit (en oor die Biggarsberg) getrek.

Aan die oorkant het die trek moeisaam gevorder aangesien die gras uitermate hoog gegroei het.

Omrede die vyand die laer in die hoë gras kon oorval is daar besluit om die gras af te brand.

Nadat die werk gedoen was, het die aanwesiges opgelet dat daar etlike slote (erosieslote) in die omgewing was, en dat die wêreld daarlangs vol groot klippe was.

ń Verkenning kommando wat uitgetrek het, het laat die agtermiddag teruggekeer.

Hul het weinig te rapporteer gehad behalwe dat hul in die verte groot stofwolke gesien het. Hierdie was waarskynlik veetroppe gewees wat voortydig verwyder was.

Teen skemeraand is daar uitgespan aan ‘n sytak van die Steenkoolspruit, net Wes van die huidige Dundee.

Dinsdag 11 Desember 1838

Jan Bantjes, ń joernaal bygehou gedurende die slag van Bloedrivier.

Bantjes skryf dat die laer gedurende die oggend opgebreek was en dat daar ingespan was.

Enkele waens het die kommando verlaat met die doel om agt Elande wat die vorige dag geskiet was, op te laai.

Die waens is net mooi ingespan en het al ń ent getrek toe berig ontvang was dat anderskleuriges gesien is.

Almal is dit eens gewees dat dit bes moontlik die Zoeloes kon wees wat op pad was. Pretorius het dadelik uitgespan en ń sterk stewige laer aan die Buffelsrivier getrek.

Terwyl die laer in orde gebring was, het Pretorius ń perdekommando uitgestuur om die saak te ondersoek.

Die kommando is gou terug gewees en het berig gebring dat dit Zulu spioene was wat gesien is.

Dieselfde kommando het ook van die verlate Zoeloekrale ondersoek. Nege Zoeloemans is gevind en is na ń kort geveg doodgeskiet.

Teen skemeraand is nog ń Zulu gewaar. Twee ruiters wat uitgestuur was, is egter net te stadig gewees om die man te vang. Die omgewing waar hy die laaste keer gesien was is egter deeglik ondersoek.

Ene (Edward) Parker het die man eerste gewaar en is byna raakgegooi met ń assegaai.

Parker het die Zoeloe sonder enige verdere drama doodgeskiet. Die man het ń knapsak mielies by hom gehad.

Daar is die dag nie verder getrek nie en is daar oorgestaan.

Woensdag 12 Desember 1838.

Bantjes skryf dat die verkenners dou voor dag reeds in die saal, en in die veld was.

Dit het egter die dag gereën en om hierdie rede het die laer die dag nie versit nie.

Die verkennings patrollie het ń Zoeloe spioen raakgeloop en doodgeskiet.

Edward Parker het ook vroeg die oggend die laer verlaat. Anders as die ander perde kommando het hy ń aantal Zoeloes by hom gehad wat hy van Port Natal af saamgebring het.

Parker, en sy Zoeloegroep het ń Zoeloe spioen gevang. Die plan was om hom na die laer te neem vir ondervraging, en om hierdie rede is die man met ń riem aan Parker se perd vasgemaak.

Hoe of wat Parker gemaak het, is nie duidelik nie, maar op ń manier het die spioen los gekom en na Parker op sy perd gegryp.

Die spioen het Parker van sy perd geruk, en in die proses die man se dubbelloop pangeweer uit sy hande probeer wring.

Parker het volgens Bantjes beide die snellers van die dubbelloop af gedruk, en die spioen in beide die arm en die skouer gewond.

Parker het dadelik berig na Andries Pretorius, en die laer, gestuur, dog toe laasgenoemde daar aangekom het is die man klaar dood gewees.

Parker, en sy Zoeloe spioene het ook ń aantal vroue en kinders gevang, en na die laer gebring.

Andries Pretorius het die vroue en kinders in vrede gelaat, en toegelaat om die laer te verlaat.

Hy het egter aan hul ń wit vlag gegee om aan Dingaan te oorhandig. ń Boodskap is saamgestuur naamlik dat indien Dingaan die vermoorde mense se perde, pangewere en ander eiendom oorhandig daar oor vrede gepraat kon word.

Pretorius het ook laat weet dat hy meer as bereid is tot oorlog was, selfs al sou die stryd 10 jaar duur.

Pretorius het sy naam en van op die vlag geskryf as teken van die egtheid daarvan.

Die vroue het daarna die laer verlaat.

Donderdag 13 Desember 1838.

Jan Bantjes se joernaal:

Bantjes skryf dat hul gedurende die oggend ingespan het en in beweging gekom het.

(Volgens Duvenage (deel 3, bl152) het die laer aan die Buffelsrivier gestaan vanwaar hul vertrek het en ook deur die rivier getrek het. Volgens dieselfde bron het dit die dag, die 13de,14de gereën.

Die Buffelsrivier (Umzinyati) is by Kommandodrif deurgetrek.

Duvenage noem dat Landmansdrif, sowat 10km verder Noord ook moontlik gebruik was om deur die rivier te kon trek. )

Bantjes gaan voort en noem dat hul al ñ ent getrek het toe van die anderskleurige spioene berig gebring het dat drie Zoeloe spioene gesien, en doodgeskiet is.

Die terrein waar die spioene geskiet was word beskryf as uiters onherbergsaam beskryf.

Groot vee troppe is ook deur die kommando gesien.

Vrydag 14 Desember 1838.

Die joernaal van Jan Bantjes bygehou tot en met die slag van Bloedrivier:

Bantjes skryf dat ñ kommando van 120 gekommandeerde man teen dagbreek die laer verlaat het.

Volgens die joernaal het daar die dag 8 Zoeloes gesneuwel.

Bogenoemde is na alle waarskynlikheid ñ gevolg van die

vorige dag se inskrywing naamlik dat, “ñ grote party “….” in ñ lelike plaats op ñ berg aangetroffen hadden”.

Sedert die vertrek van die kommando het daar volgens Bantjes reeds 23 Zoeloes gesneuwel.

Jan Bantjes, ń joernaal bygehou gedurende die slag van Bloedrivier.

Saterdag 15 Desember 1838.

Bantjes skryf dat daar vroeg die oggend ingespan was en dat daar getrek was tot aan ń spruit waar daar uitgespan is.

Volgens Norval (E.J.G) se werk, Bloed Sweet en Trane, het die kommando die Buffelsrivier deurgetrek en langs die Incomerivier, wat ń sytak van die Buffelsrivier was, uitgespan.

ń Patrollie wat die oggend vertek het, het teruggekeer met berig dat 5 Zuluspioene gewaar was en dat een doodgeskiet was.

Die terrein waar hul die spioene op die lyf geloop het, het hoë walle en slote gehad. Dit, volgens Bandjes, is dan hoe die ander 4 Zulu’s weggekom het.

(Ek neem aan hul was in die omgewing van die rivier of spruit gewees).

Norval skryf dat Hans Dons kort nadat daar langs die Incomerivier uitgespan was, met ń klein berede mag van 25 man in ń suidelike rigting uitgetrek het.

Hierdie groepie het, nadat hul oor ń lae rantjie beweeg het, op feitlik die hele Zulu weermag afgekom. Volgens Norval was die Zulu weermag ongeveer 25km van die laer (ń uur te perd) gewees en tussen die Nqutukoppe.

Bantjes se inskrywings die dag is byna soortgelyk.

Hans Dons het dadelik vir Johannes H. Hatting en Jan Robbertse na die laer gestuur om die Voortrekkers aldaar te waarsku.

Pretorius het, nadat berig ontvang was, die omgewing deurgekyk.

ń Diep sloot wat in die Ncomerivier doodloop, asook die rivier self, het beteken dat die laer aan twee kante beskut sou wees.

Die strategiese waarde van die terrein was deur Pretorius erken.

Die terrein was ideaal en Sarel Celliers beskryf dat dit aan die Voorsienigheid toegeskryf was.

Rooi Piet Moolman, Laerkommandant, was opdrag gegee om die waens weer deur die Incomerivier te trek tot by die terrein langs die sloot (donga).

Gedurende 1866 het ń aantal Voortrekkers, sowel as Zulu’s wat aan die slag deelgeneem het, ń stapel klippe gepak wat die middelpunt van die laer (soos dit destyds was) aangedui het. Volgens hierdie middelpunt was die laer van Oos na Wes getrek en ongeveer 300 treë van die sloot/donga af gewees.

Waar die sloot in die rivier geloop het, was die rivier ongeveer 1400 treë breed gewees.

Nadat die waens weer terug deur die rivier getrek het, het Pretorius met ongeveer 220 (300,360) man en ń kanon wat deur ń perd getrek was, die laer verlaat. Hans Dons het die rigting aangewys en dit was nie lank voordat by die Nqutukoppe aangekom was nie.

Na oorlegpleging en verskeie argumente was daar besluit om die Zulu weermag vir die huidige oomblik in vrede te laat en na die laer terug te keer.

De Lange het egter met ń paar man agtergebly om die Zulu weermag dop te hou.

(Vriende, ek het vir hierdie vertelling swaar gesteun op die werk van Norval. Bantjes se joernaal beskryf basies dieselfde in breë trekke, dog Norval se werk is meer volledig.)

Sondag 16 Desember 1838.

Jan Bandjes.

Die slag van Bloedrivier.

“Zondag, de 16de December, werd voor ons als geboren; de lucht was open, weder klaar en helder.”

“Agter die waens is die hande om die snaphane geklem. Buite hurk die jonges op die linkerknieë agter hul skilde.

Almal aanskou hoe die Sondag gebore word, baie stadig – in die glim op ñ lem, ñ oshoring ; in die glans van ñ loop ; in die dowwe spieëling op die seekoegat.”

Slegs drie Voortrekkers naamlik Andries Pretorius Gerrit Raath en Philip Fourie was gedurende die slag gewond.

Na die slag,…

“Men offerde gebeden en dankzegging tot God…” en kan hierdie as die eerste bevestiging van die Gelofte na die Slag van Bloedrivier gesien word.

“…dat de overwinning aan Hoger macht werd toegeschreven, en dat de mannen…, vezamelde tot plechtige dankstond, en om de belofte te hernieuwen…”

Maandag 17 Desember 1838.

Jan Bantjes, ń joernaal bygehou gedurende die slag van Bloedrivier.

Bantjes, en Sarel Celliers skryf dat die getal gesneuwelde Zulu,s deur van die aanwesiges op die dag gereken is op ongeveer 3000.

Die Voortrekker J.H.Hatting noem egter die getal as tussen 6 na 7000, terwuil W.G.Nel die getal aandui as 4000. Daniel Bezuidenhout praat van 3500.

Volgens Duvenage se werk moes daar eers ñ pad deur die gesneuweldes gemaak word alvorens die waens kon trek.

Hoe dit ook al was, feit is dat die laer op Maandag die 17de Desember 1838 opgebreek het en dat daar in die algemene rigting van Umgungundlovu getrek is.

Umgungundlovu is ongeveer 80 km. ver in ñ Suid Oostelike rigting gewees.

Verskeie Zulu spioene is die dag doodgeskiet.

Twee Zulu,s wat gevang was is met dieselfde boodskap as die vroue na Dingaan gestuur.

Volgens Bantjes het hul in die verte rook gesien. Verkenners het later berig gebring dat dit Umgundgundlovu is wat gebrand het .

Dinsdag 18 Desember 1838 tot 20 Desember 1838

Maandag na die Slag van Bloedrivier is die kamp opgebreek en trek hulle in die rigting van Umgungundlovu. Umgungundlovu, die plek van die Olifant, Dingaan se kraal.

So 80 km ver soos die kraai vlieg.

Die presiese roete is nie bekend nie.

Hulle bereik die 19de die Babanangokop ( Waterskeiding tussen Wit Umgilozi en Umhlatuze) waar hulle in ñ sterk laer trek.

Etlike Zoeloe spioene word gevang en geskiet.

Een spioen word na Dingaan gestuur met ñ vredesaanbod.

Jan Bantjes skryf eers weer in sy joernaal die 20ste.

Donderdag 20 Desember 1838.

Die joernaal van Jan Bantjes bygehou gedurende die slag van Bloedrivier.

Bantjes skyf dat daar getrek is tot ongeveer ñ kwartier vanaf Umgungundlovu.

Daar is uitgespan en ñ kommando van 200 man saamgestel met die doel om na Umgundgundlovu te gaan.

Met hul aankoms by Umgundgundlovu is die stat egter verlate gevind.

Dingaan se hut, trouens die omgewing in geheel is afgebrand gewees.

Pretorius het die stat laat deursoek en alle items van waarde na hom toe laat bring.

Volgens Duvenage het verkenners vroeg reeds berig van die brand by Umgungundlovu gebring. Daar is volgens genoemde bron ongeveer 3km van die stat laer getrek.

Duvenage gaan voort deur te noem dat ñ groepie berede ruiters op die 20ste vanuit die laer vertrek het om die beendere van Piet Uys en diegene wat saam met hom gesneuwel het te begrawe.

Duvenage noem dat die kommando wat na die stat gegaan het 200 man was. Onder die items wat in van die hutte gevind was is ondermeer die pangewere van Gert en Louis Nel.

Beendere van Piet Retief en sy manne is op KwaMatiwane gevind waar hulle vermoor is en hulle liggame gelaat is om deur aasvoëls en wilde diere geëet te word.

KwaMatiwane, Heuwel van Teregstelling, Moordkoppie.

Norval stem in breë trekke ooreen met bogenoemde. Volgens hom is Piet Retief se beendere uitgeken aan sy ses silwer onderbaadjie knope, sy skedel- en kakebeenvorm.

Piet se skedel is uitgeken deurdat die skedel ñ ou geneesde kruisvormige breekmerk gehad het.

Dirkie se beendere is egter nêrens te vinde gewees nie.

Die bladsak met die traktaat wat die onderhandelinge met Dingaan bevestig het, is by Piet Retief se beendere gevind.

21 Desember 1838 het die manne die beendere daar in ñ massagraf begrawe

1922 is daar ñ monument naby die massagraf opgerig.

Dingaan het na Swaziland gevlug.

1840 is hy daar om die lewe gebring.

Die einde van ñ Zoeloe era van tirannie.

https://monument-sa.co.za/die-moord-op-piet-retief-en-sy…

Met dank aan John Roderick en andere.

Maak 'n opvolg-bydrae