Vrouemonument
Bloemfontein
DIE BANNELING MONUMENT.
Staatspresident C. R. Swart het gedurende sy ampstermyn die idee gekoester dat
‘n monument opgerig moet word vir die gestorwe Boere-Krygsgevangenes tydens
die Anglo-Boereoorlog.
Hy was ook die groot dryfkrag daaragter gewees.
Die meerderheid van hierdie mense se begraafplaase, en grafte is ontoeganklik vir die gemiddelde belangstellende.
Om hierdie rede was besluit om ‘n monument ter ere van die gestorwe krygsgevangenes op te rig.
Die Nasionale Vrouemonument was gesien as die mees geskikste terrein waar so ‘n beelde groep opgerig kon word. Hierdie besluit was sterk gesteen,
omrede die terrein immers hulde aan vroue en kinders van die oorlog bring.
Danie de Jager, bekende Suid-Afrikaanse beeldhouer was daarna genader om met ‘n ontwerp vorendag te kom.
Uit hierdie opdrag was dan gebore,
“Die Banneling Monument”.
De Jager in sy eie woorde het besef dat hy iets sou moes vasvang van ‘n ou kryger,
te oud om te veg, maar in dieselfde asem ook die van ‘n kind wat eintlik maar nog albaster moes speel.
Die see, en ‘n skip moes ook vergestalt word, en die ou man moes met ‘n sigbare droefheid na ‘n stadig dog sekere gesig na ‘n stadig verdwene Vaderland staar.
Die kind daarteen moes iets weergee van vrees, en vertwyfeling.
Hennie van der Walt het as argitek opgetree.
‘n Brons naamlys met gestorwenes se name daarop maak deel uit van die monument.
Dit is op die 10de Oktober 1983 deur ‘n honderdjarige oud-Banneling, mnr J. J. A. Lombaard onthul.
(Afrikanerbakens.
Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
1989. Bl 104 – 105.
Foto’s, erkenning aan Wikipedia. )
Erkenning aan skrywer: John Roderick