Die Agterryer Bloemfontein Oorlogsmuseum van die Boererepublieke

Die Agterryer

Bloemfontein

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke

Standbeeld in brons, 1 1/4 lewensgroote, van ń agterryer.Die beeld is in 2013 onthul langs die Oorlogsmuseum op die terrein van die Nasionale Vrouemonument.

Beeldhouer: Phil Minnaar van Pretoria

Die vroue en kinders is vereer met die Vrouemonument. Die burgers is vereer met die beelde Die Afskeid, Die Bannelinge en die Bittereinders.

Met hierdie beeld van die Agterryer is gepoog om erkenning te gee aan die onbetwiste rol wat die agterryer tydens die Eerste Vryheidsoorlog en veral die Tweede Vryheidsoorlog (ABO) gespeel het. Sommige agterryers is opgeroep vir diens , maar meeste was vrywillig in die stryd. Hulle rol was veral die versorging van die perde, behulpsaam met kosvoorbereiding, kamp inrig, ammunisie versorg en om die burgers te dien. Soms het hul selfs by gevegte self betrokke geraak. Gewoonlik was daar vir so 5 burgers ń agterryer wat gedien en gehelp het.

Die bekendste agterryer is waarskynlik Jan Ruiter, ń Griekwa. Jan het sy baas Marthinus Steyn, die Vrystaatse president help ontsnap tydens ń Britse verrassingsaanval Julie 1901.Na die oorlog vestig Jan Ruiter hom op Pres Steyn se plaas Onze Rust (Bloemfontein distrik) waar hy werksaam was tot met sy dood 1940.KS

Bron: Internet

Fotos:Okkie Jooste Maart 2021

Maak 'n opvolg-bydrae