Schoemansville
Hartbeespoortdam
Dambouers grafte
HARTBEESPOORT-
1918-1924
Die Hartbeespoortdam en Hartbeespoort-besproeingskema was ñ reuse projek wat nie net kosbare besproeiingswater aan die boere hier langs die Magaliesberge sou verskaf het nie, maar ook werk en heenkome aan ñ groot klomp mense gebied het.
Die groot doel aanvanklik was ook om veligting te bring aan die verarmde volk, die armblanke vraagstuk, en meeste werkers was arm wit mense.
Na WWI is ook werklose soldate in diens geneem wat wrywing tussen die mense veroorsaak het.
Na 1919 is ook swart arbeiders in diens geneem.
Sowat 1835 mense het aan die dam gewerk en ñ verdere 3 500 op die kanale.
Hoewel sommige van die werkers plaaslike mense was wat te voet, per fiets, te perd of donkiekar kon werk toe gaan, was die meerderheid werkers van ander dele van die land af.
Die plaaslike inwoners het hulle as indringers beskou en minagtend op hulle neergesien. Daar is na die kampe waarin hulle gehuisves was, verwys as Kanaaljapiekampe.
DAMBOUERS-KAMPE
Die omstandighede waarin hierdie werkers gewerk en gewoon het was armoedig, primitief en meestal haglik.
Daar was veral 2 groot kampe:
Een groot kamp noordwes van die wal met steengeboue.
Suidwes was ñ kamp met tente en sink- en sakgeboue. Ondraaglik warm en bedompig, klam en ook ysig koud in die winter.
Stof, modder, vlieë, vlooie, luise, muskiete, muise en rotte was groot uitdagings aan kampbewoners.
Mans, vrouens en kinders het in hierdie kampe gewoon. Meeste ondervoed.
Gebrekkige higiëne, tekort aan medisyne en mediese dienste het siektes gereeld laat uitbreek. Die 1918 Groot Griep was ook nog nie uitgewoed nie.
ñ Hout-en-sinkgeboutjie het gedien as skool, hospitaal, kerk en as gemeenskap saal.
DAMBOUERS- BEGRAAFPLAAS
Baie dambouers, hulle gesinne en veral kinders het hier gesterf. Van hulle grafte is hier in Schoemandville, langs die dam (Waterfrontstraat), in
ñ Dambouers begraafplasie. Baie kindergraffies. Die eenvoudige grafsteentjies, party leiklip, ander uit afval-yster gemaak, getuig van die armoede en ellende waarin hierdie dambouers geleef het.
Interessant is die Volkskunsversierings wat ooreenstem met die
Voortrekkertradisie. Die geskrewe op stene wys Afrikaans nog in ontwikkelingsfase.
Ook die geskrewe aan die “agterkant”… westekant van grafsteen. Dit verhoed dat besoeker op graf staan en dan saam met oorledene ooswaarts kyk.
MONUMENT VIR DAMBOUERS
1927 is hier langs die dam vir die Dambouers ñ monumentjie opgerig om erkenning te gee aan hierdie harde werkers wat so ñ reuse taak verrig het en gesorg het vir komende generasies.
ñ Groot klip gee ook erkenning aan hierdie Dambouers. 1920 -1924. Die woorde daarop gee ook erkenning aan die dambouers wat hier gewoon, gewerk het teen 35c per dag en hier gesterf het.
Bronne: Internet. Schoemansville.
Foto’s : Internet, Facebook.
Gys Ströh snr Junie 2023.
Samesteller : Kobie Ströh 2023