Beaufort-Wes
NG Kerk Beaufort-Wes
Wes- Kaap
Beaufort-Wes
Aanvanklik is hierdie dorpie slegs Beaufort genoem. Die naam gegee deur Lord Charles Somerset, sy pa was die 5de Hertog van Beaufort.
Beaufort
Die dorp Beaufort is in 1811 op die plaas Hooyvlakte gevestig as ń setel vir ń adjunk-landdros. Die rede daarvoor was om die misdaad te bekamp en algehele wetteloosheid in Karoo aan te spreek en om konflik tussen Boesmans en migrerende Xhosas en kolonialiste te voorkom. Water was kosbaar in hierdie area en trekkende Xhosa met groot troppe vee wat water besoedel het tot groot konflik gelei. Veediefstal was ook ń groot probleem vir die boere. Gewentenlose handelaars het gesmokkel met vuurwapens en kruit en dit aan inboorlinge verskaf. Om hierdie wetsoortreders vas te vat was moeilik want hulle het net noord oor die Oranjerivier gevlug om die gereg te ontduik.
Hooyvlakte
Die plaas Hooyvlakte is in 1760 reeds aan Jacob de Clercq (aanvanklik Le Clercq en later De Klerk) en sy seun Abraham toegestaan. Hierdie plaas aan die voet van die Nieuweveldberge (Nuweveldberge) was ruig en wild was volop veral agv van die standhoudende Gamkafontein. Twee riviere, die Gamkarivier en Kuilsriviere is dikwels net droë lope. Roofdiere, veral leeus, was natuurlik ook volop.
Hierdie area was maar yl bevolk, teen 1804 was Jacob se naaste buurman byna 100 km weg van sy opstal. Die area was ideaal vir skaapboer met natuurlik groot probleme soos die natuur, die bedreiging van leeus en luiperds en ander roofdiere, veediefstal vanaf veral die Boesmans en basters en dan ook die reuse afstand na die markte.
1805 teken Jacob aan dat hy 3000 skape verloor het tydens ń wolkbreuk.
Beaufort
1815 onderhandel Landdros Fischer en Stockenstrom van Tulbach en Graaff-Reinet om hierdie plaas Hooyvlakte te bekom.
Die bestaande opstalgeboue word ingerig as woonhuise vir die landdros, amptenare en vir ń predikant. Ook ń tronk word ingerig.
Beaufort-Wes
1869 is die naam verander van Beaufort na Beaufort-Wes om verwarring te voorkom.
Kerk
1818 word ds John Taylor, ń Skot, aangestel as predikant. Die geweldige groot gebied en afstande het veroorsaak dat godsdiens en veral onderwys agterweë geraak het en dit was hoofsaaklik doel van aanstelling en natuurlik ook ń poging tot verengelsing van veral die kerk. Aanvanklik is dienste onder ń boom gehou in ń tent van wa-seile. 1820 is toestemming gegee om diens te hou in ń kamer in die huis van Abraham De Clercq, ń kamer met 2 beddens in. Die byna bomenslike taak het ds Taylor aangepak en sonder kerkraad die gemeentelede besoek. Huisbesoek in ń area van bykans 52 000vk per ossewa het hom maande van sy huis af weggehou. Om een of 2 keer per jaar elke lidmaat te besoek het minstens 18 maande geneem met groot gevare soos roofdiere, slange en oorstroomde riviere op die voetpaaie en waspore wat hy moes volg. Nogtans het hy noukeurig boekgehou en registers op datum gehou.
NG Kerk
1820 is die NG Kerk Beaufort gestig. Die eerste lidmate ( 69 lidmate) is 29/30 September 1820 aangeneem en voorgestel. Kerkraadslede is aangestel en fondse begin insamel vir ń kerkgebou.
1826 is die hoeksteen gelê.
1831 is die kerkgebou ingewy.
1831 het ń haelstorm 210 ruite van die gebou stukkend geslaan en is daarna hortjies voor die vensters aangebring.
Fondse was ń groot probleem sowel as predikante wat bereid was om beroepe aan te neem
1843 is die strooidak vervang met sink.
Die vloer nog steeds van grond.
1892 is die kerkgebou deels afgebreek en 2 galerye oa het deel gevorm van die nuwe groter gebou wat in 1894 ingewy is.
1912 verskyn ń bars in die toring wat herstel moes word.
1921 verkry gebou elektriese ligte.
Mettertyd het spreektaal in kerk ook verskuif van Engels na Hollands.
Predikante was hier altyd ontvang met groot vreugde en dankbaarheid.
Ds Colin Fraser
Ds Fraser was een van Skotse predikante wat deur Lord Charles Somerset na Suid-Afrika laat kom is om tekort aan predikante aan te vul en om lidmate te verengels. In 1825 is hy aangestel as predikant in die reeds 12 maande lange vakante pos van die NG Gemeente Beaufort-Wes as opvolger van ds John Taylor. Hy beywer hom veral vir die bou van ń kerkgebou. 1862 het hy afgetree agv kragte wat verminder weens ouderdom, maar steeds betrokke gebly en deeltyds diens gedoen. 1870 is hy op ouderdom 74 jaar oorlede en begrawe op die kerkgronde.ń Groot skare het sy begrafnis bygewoon en ń gedenksteen is op sy graf opgerig.
Ds Albert Zinn
Die 3de predikant van hierdie gemeente was ds Albert Zinn. Hy was van kleins af maar swak en hierdie veeleisende taak hey sy gesondheid aangetas. 1866 op ouderdom 28 jaar is hy oorlede. Hy is op die kerkterrein begrawe en ń gedenksteen is op sy graf geplaas.
Ds Paul Roux
Ds Paul Roux het hom veral beywer vir sendingwerk. Op ń sendingreis na Njassaland het ń tsetsevlieg hom gesteek en 1911 is hy as gevolg daarvan aan aan slaapsiekte oorlede. Hy is ook op die kerkterrein begrawe. 1915, eers na die oorlog, is ń gedenksteen ook op sy graf opgerig, naaldvormige gedenksteen.
Hierdie. gedenkstene is huidig nog in goeie toestand op die netjiese kerkterrein.
Bron: Wikipedia. Gemeentegeskiedenis
Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019.