Simboliese Ossewatrek
Fakkelloop
1838-1938
TALLE KLEIN MONUMENTJIES
Dwarsoor die land is klein monumentjies en klipstapels opgerig.
Om in die kleinste dorpies hierdie monumentjies op te spoor, is telkens ñ aangename herinnering.
Die dorpe het eie inisiatief gebruik en elkeen hulle eie vorm en ontwerp gebruik.
Tans pryk daar nog baie van hierdie monumente in ons mooie land, party in ñ uitstekende toestand, ander in uiterste gevaar, ander reeds verdwene!
WAT IS DIE GESKIEDENIS EN BETEKENIS VAN HIERDIE MONUMENTJIES?
Hiervoor moet ons teruggaan na 1938.
Voortrekkermonument Pretoria
Die behoefte om ‘n monument op te rig ter herdenking aan die Groot Trek en die Voortrekkers het reeds vroeg ontstaan. Paul Kruger het al in 1888 die idee geopper.
Eers in 1936 is daar besluit dat Pretoria die aangewese plek sal wees om so ‘n monument op te rig.
Alhoewel die gebou nie voltooi sal wees in 1938 met eeufeesvieringe nie, was die hoeksteenlegging en landswye feeste beplan vir 16 Desember 1938.
SIMBOLIESE OSSEWATREK 1938
Hierdie Simboliese Osswatrek van 1938 was een van Suid-Afrika se grootste kulturele gebeurtenisse.
Die gedagte het gekom vanaf Henning Klopper , hoofvoorsitter van die ATKV (SAS & H).
Sy voorstel was om ossewaens op die spore van die Voortrekkers van 1838 vanaf Kaapstad na Pretoria te laat reis. Gesinne moet deel wees en die hoogtepunt sal dan wees die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument in Pretoria 16 Desember 1938, presies 100 jaar na die Slag van Bloedrivier.
Die ATKV en die FAK en die jeugbeweging , Die Voortrekkers, ( 3 organisasies wat na 1920 ‘n groot rol in SA se geskiedenis gespeel het) gryp dadelik hierdie geleentheid aan om ook Afrikaans te bevorder en nasietrots te bou en spring dadelik aan die werk om ‘n eie ossewa te bou.
Aanvanklik sou net twee waens, die Piet Retief Wa en die Andries Pretorius Wa , vertrek het vanaf Jan van Riebeeck se standbeeld in Kaapstad en so na as moontlik volgens die oorspronklike roete getrek het.
Meer en meer waens het bygekom sodat daar uiteindelik minstens 8 waens vertrek het vanuit Kaapstad.
Talle dorpe en stede buite die trekroete het versoek dat waens by hulle ook moet aandoen sodat daar uiteindelik nuwe roetes beplan moes word ( 14 Trekroetes) en op weg is aangedoen by ander historiese plekke wat nie direk by die Groot Trek betrokke was nie soos bv. Taalmonument, Vrouemonument, ABO- slagvelde, Konsentrasiekamp Begraafplase ens.
Meer waens het op die pad aangesluit en orals is geesdiftig volkfeeste gehou.
Hele gesinne gekleed in Voortrekkerdrag, vroue met kappies op en mans met welige baarde het die waens ingewag , volksdanse gedoen en volksliedjies gesing, dope en troues gehou.
Meer as 500 dorpe is besoek, ongeveer 250 000 mense het aan die feeste deelgeneem.
Elke dorp het sy eie reëlingkomitee gevorm en klipstapels, gedenkstene, waspore in sement of klein monumentjies is oral op die roetes opgerig, byna in elke dorp.
Hierdie klipstapels of monumentjies is by kerke, skole, munisipale tuine, voor stadsale , langs die paaie en selfs op plase opgerig.
Sommige van hierdie monumentjies het reeds verdwyn, is vergete en verwaardloos, maar daar is gelukkig heelwat van hulle pragtig bewaar. Naamsveranderings van strate, geboue, pleine, dorpsuitbreidings ens. het ook oral op die roetes plaasgevind.
FAKKELLOOP 1938
Die Voortrekkers en Die Fakkelloop 1938
Die jeugbeweging ,Die Voortrekkers, besluit ook om ‘n landswye fakkelloop te hou as bydrae aan die vieringe.
Duisende Voortrekkers sal brandende fakkels dra uit alle windrigtings na die Voortrekkermonument waar hulle dan saam met die ATKV en FAK sal deelneem aan die hoeksteenlegging.
Hierdie was dan ook die Voortrekkers se eerste groot openbare optrede. Meer as 30 000 Voortrekkers het deelgeneem, 5000 km oor 2 maande is fakkels gedra oor berg en dal, vlakte en stad, wind en weer, storms en reënbuie , glad nie ‘n maklike taak veral vir klein Penkoppe en Drawwertjies nie.
Slegs ingelyfde Voortrekkers in uniform sou aan die Fakkelloop deelneem.
Drawwers het mekaar elke myl afgelos, en behalwe vir Sondae was daar konstant gedraf.
Op die roete uit Kaapstad het die Suidoostewind dit veral vir die jonger dogters moeilik gemaak om die swaar fakkel te dra. Hoëveldse donderstorms bemoeilik ook die kinders se dapper pogings, maar hulle druk vasberade deur.
Toe die fakkel op 11 Desember by Winburg in die Vrystaat aangekom het, het feitlik elke Verkenner (Hoërskoolkinders) reeds na die laer in Pretoria vertrek ( Vir ‘n reuse Eeufees Voortrekkerkamp by die Voortrekkermonument in Pretoria se terrein). Hiervandaan was die draers verder dus net Penkoppe en Drawwertjies. (Laerskoolkinders)
Penkoppe en Drawwertjies het dieTransvaase Fakkel deur die besige strate van stedelike gebiede gedra.
Die koerantopskrifte het uitbasuin:
“DIE GROOTSTE AFLOSWEDREN WAT NOG OOIT IN DIE SUIDELIKE HALFROND GEHOU IS” Die Transvaler Maart 1938
“OPTOG van 3000 VOORTREKKERS MET FAKKELS!”
Die feesfakkel word deur Oom Vossie van Kaapstad ontwerp en deur TO Honiball gemaak, twee stelle fakkels word gemaak. ( 4 fakkels)
Twee roetes word beplan. Die eerste het op die 30ste November uit die Kaap vertrek, en die tweede vanaf Piet Retief se graf by uNgungundlovu , beide eindig in Pretoria.
Saam met die Kaap Fakkel word ‘n leersak gedra met die dagboek van Jan van Riebeeck daarin.
Saam met die Natal fakkel was ‘n leersakkie met ’n afskrif van Piet Retief se traktaat, ‘n tonteldoos, ‘n vuurslag en ‘n vergulde kopie van Die Gelofte.
By Bloedrivier Geloftefeesterrein is ook ‘n klippie van die terrein in die leersakkie gesit.
Hierdie artikels word in die Voortrekkermonument bewaar (in hoeksteen).
Groot sorg was gedra om die vlam van die fakkels brandend te hou, aangesteek deur ‘n seremoniële fakkel, tydens ‘n aansteekseremonie, bygestaan deur ‘n ondersteunende fakkel.
VOORTREKKER- MONUMENT PRETORIA
HOEKSTEENLEGGING 1838
Daar was twee stelle fakkels gewees.
Die eerste het op die 30ste November uit die Kaap vertrek, en die tweede vanaf Dingaanstad op die 7de Desember.
Groot sorg was gedra om die vlam van die fakkels brandend te hou.
Drawwers het mekaar elke myl afgelos, en behalwe vir Sondae was konstant gedraf.
Die Eeufeesprogram het amptelik begin met die ontvangs van die ossewaens in Pretoria op die 13de Desember 1938.
Op die 14de Desember was die fakkeldraers op besonder indrukwekkende wyse ontvang.
Sowat 3 000 fakkels het van dwarsoor die land aangekom, en deelgeneem
Die 1938 fakkelvlam is bewaar by die Universiteit van Pretoria totdat dit op 15 Desember 1949 na die Voortrekkermonument geneem is vir die inwyding van die Voortrekkermonument. Die vlam brand huidig nog.
VEREENIGING ONTVANG DIE WAENS 1938
Die hoogtepunt was toe 3 waens, getrek deur kinders , ingewag deur 130 000 mense , Pretoria binnegetrek word. Klokke het gelui en kanonskote het opgeklink.
Die Tranvaalse Hooftrek vertrek 5 November 1938 vanaf Parys na Pretoria.
9 tot 13 November wag 15 000 mense waens by Potchefstroom in en vier fees.
7 Desember bereik die Hendrik Potgieterwa Vereeniging en ‘n klipstapel word op die terrein van die ABO Vredesonderhandelinge gepak .
12 Sudente van Bloemfontein het hulle eie kakebeenwa gebou en sluit met hulle wa ook by Vereeniging aan.
Die Voortrekkerspannetjies en die kinders van die Langlaagte Weeshuis het ook beurte gemaak om die miniatuurwaentjie. Dirkie Uys, deur Vereeniging te trek.
Die Eeufees Kakebeenwa van Vereeniging sluit ook by hulle aan.
VEREENIGING ONTVANG DIE FAKKELS 1938
9 Desember 1938 kom die Natal Fakkel by die Pongolabrug aan op die grens tussen Natal en Transvaal.
Die fakkel word deur die Piet Retief Kommando ontvang en word hiervandaan deur verskeie Voortrekker Kommando’s gedra na die Vaalrivierbrug by Vereeniging.
Die Heidelberg Kommando dra die Natal fakkel tot by die Vaalrivierbrug by Vereeniging 13 / 14 Desember.
Die Kaap Fakkel het ook reeds vroeër hier by die Vaalrivierbrug aangekom.
By die brug neem Oom Badie Badenhorst die 2 fakkels in ontvangs wat nou saam verder gedra sal word na Pretoria.
10 000 mense en ‘n groot kampvuur wag die fakkels in.
Op die brug vind ‘n seremoniële ontmoeting plaas. Mej MJ van der Merwe en MG van der Merwe, geklee in die vlagkleure van die 2 Republieke, beeld die ontmoeting van Pres Paul Kruger en Pres Steyn op die brug uit.
Hierdie fakkelseremonie by Vereeniging was beslis ‘n baie belangrike deel van die feesvieringe rondom die herdenking van die Groot Trek.
Die Vereeniging Kommando het hiervandaan die fakkels gedra tot by Danie Theron se graf op Eikenhof waar die Johannesburg Kommando oorgeneem het.
3000 FAKKELDRAERS VERWELKOM FAKKELS BY DIE VOORTREKKER MONUMENT PRETORIA 1938
“Soos die gloed van die komende dag is die aankoms van die fakkels van ver oor die heuwelrug vir duisende in die Eeufeeslaer aangekondig. Vuurpyle het hoog teen die aandhemel opgeskiet en in ’n sterrereën neergeval toe die eerste vlamme oor die heuwelrug kom.
Gelyktydig is seinvure op al die omliggende koppe aangesteek.
’n Skare van sestigduisend het aanhoudend gejuig toe die myl lange streep fakkels stadig en indrukwekkend vanaf die kruin van die koppie teenoor die Monument beweeg het soos glinsterende diamante wat stadig oor swart fluweel gerol het.”
Die 3000 fakkeldraers het rondom ’n reuse brandstapel beweeg waartydens elke Voortrekker hulle fakkels op die brandstapel gegooi het as simbool van hoe Afrikaners met ’n sterk en vaste karakter ’n ligdraer moet wees.
Die twee fakkelvlamme van Kaapstad en Natal is deur die Hoofleier dr. NJ van der Merwe seremoniëel verenig sodat daar net een fakkelvlam sou wees.
Díe vlam is die aand van 15 Desember in Die Voortrekkers se Eeufeeslaer bewaak.
VOORBEELDE GEVIND VAN MONUMENTJIES OPGERIG TYDENS SIMBOLIESE OSSEWATREK EN FAKKELLOOP 1838-1938
TRANSVAAL/Oos-Transvaal / Noord -Transvaal
Hartbeesfontein
Johannesburg Langlaagte
Abraham Kriel Tehuis Langlaagte Johannesburg
Krugersdorp
Nelspruit
https://monument-sa.co.za/nelspruit-mpumalanga-wawiel…
Nylstroom
https://monument-sa.co.za/nylstroom-konsentariekamp…
Randburg Laerskool Fairlands
Vereeniging
https://monument-sa.co.za/die-klein-monumentjie…
Warmbad
https://monument-sa.co.za/voortrekkergrafte-warmbad-bela…
VRYSTAAT
Bethulie
Brandfort
https://monument-sa.co.za/brandfort-ng-kerk-brandfort…
Harrismith
https://monument-sa.co.za/harrismith-burgermonument…
Heilbron
https://monument-sa.co.za/heilbron-vrystaat-ng-kerk…
Parys
https://monument-sa.co.za/parys-simboliese-ossewatrek…
Smithfield
Vegkop
Ventersburg
https://monument-sa.co.za/ventersburg-gereformeerde-kerk…
Vredefort
https://monument-sa.co.za/vredefort-polisiestasie…
KAAPKOLONIE
Bellville Wes-Kaap
Calvinia
Clanwilliam
Colesberg
Durbanville
Fraserburg
Goodwood Wes-Kaap
Koringberg Wes-Kaap
Kuilsrivier Wes-Kaap
Loxton
Montagu
https://monument-sa.co.za/montagu-gedenktuin…
Napier
Noupoort
https://monument-sa.co.za/noupoort-noord-kaap-noupoort…
Oudtshoorn
https://monument-sa.co.za/oudtshoorn-ng-kerk-groot-trek…
Port Elizabeth
https://monument-sa.co.za/piet-retief-monument-port…
Riversdale Wes-Kaap
Somerset-Wes
https://monument-sa.co.za/dirkie-uys-italeni-simboliese…
Steynsburg
Victoria-Wes
Wolseley Wes-Kaap
NATAL
Bronne: Internet. Vereeniging Geskiedenis. Fakkelloop. Simboliese Ossewatrek
Foto’s: Vaaldriehoek Kultuurnetwerk. Gys Ströh snr 2019 – 2023 Gysbertus Johannes StröhSalomi LaubscherRoché Walker PetersenJaco Jansen
Samesteller: Kobie Ströh (Vaaldriehoek Kultuurnetwerk… GGSA Vaal )