Reserwe Bank / Suid-Afrikaanse Pond / Rand

19 April 1922

Suid-Afrikaanse Reserwe Bank voortaan die enigste gesag wat Suid-Afrikaanse geld mag vervaardig, uitreik en vernietig. Die Suid-Afrikaanse pond.

VOOR 1825

Verskeie geldeenhede was in die Kaap in gebruik. Daar was nie ñ eenvormige geldeenheid nie.

Munte was gebruik soos Rupees van Indië, Dollars van Spanje, Duitse sjielings, Engelse Sjielings, Nederlandse gulden om paar voorbeelde te noem.

Die Nederlandse gulden was meestal gebruik.

1780 toe die oorlog tussen Nederland en Engeland uitgebreek het, het munte skaars geraak in die Kaap aangesien die Nederlandse Halfwegstasie feitlik afgesny was van moederland.

1781 is daar begin om papiergeld uitgegee, riksdaalder note, Kaapse Rijksdaalder of Kaapse Riksdaalder genoem, met die gedagte om dit gou te vervang met munte. Op papier met die hand geskryf en gestempel. Ongelukkig het vervalsings vinnig te voorskyn gekom.

Papiergeld het gekom om te bly, veral in moeilike tye as munte skaars geword het.

1795 het die Goed vore (Goodvore) te voorskyn gekom vir klein bedraggies. Dit was op Karton geskryf.

1816 verskyn al hoe meer die Britse pond en halfpond (papier),

eensjieling stuk, sikspens (silwer), pennies (koper).

BRITSE POND

1825 word die Britse pond deur ñ koninklike bevel as die wettige betaalmiddel in alle Britse kolonies ingestel o.a. die Kaapkolonie.

6 Junie 1825 het Lord Charles Somerset die sterling pond as wettige betaalmiddel verklaar.

1831 is die riksdaalders herroep. 1841 was die laaste inruilings.

SUID-AFRIKAANSE RESERWEBANK

1921 is die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank gestig.

19 April 1922 kry die SARB alleenreg om banknote in SA uit te gee, die Suid-Afrikaanse pond.

Hulle verkry die alleenreg om note te vervaardig, uit te reik en te vernietig om sodoende die integriteit en beskikbaarheid van Suid-Afrikaanse geld te verseker. Hulle belê in verskeie sekuriteitskenmerke vir note om note teen vervalsing te beskerm.

RAND VERVANG DIE SUID-AFRIKAANSE POND

14 Februarie 1961, met Republiekwording, vervang die Rand die Suid-Afrikaanse pond en gaan SA oor tot die desimale stelsel.

Die Rand kry sy naam vanaf die Witwatersrand, die rif of rand waar die meeste van Suid-Afrika se goud gevind is.

Maak 'n opvolg-bydrae