Holy Trinity Anglican Church / Belvidere / George / 1855

Holy Trinity Anglican Church

Belvidere

George area

1855

Bekoorlike klein kerkie in die mooiste rustigste omgewing.

Díe historiese kerkie is as ñ Nasionale Monument verklaar en bedien ñ groot gemeente. ñ Wyd verspreide gemeente, ñ groot verskeidenheid gemeenskappe al langs die Knysnarivier, van bosbouers, houtkappers, saagmeule werkers, inwoners, besigheidsmense tot sakemanne.

Die kerk is gebou volgens die Normaanse styl van die 11de en 12de eeu.

Die planne is verkry vanaf Engeland en verskaf deur Sophia Gray, die vrou van due eerste Biskop van Kaapstad.

THOMAS HENRY DUTHIE

Die kerk is gebou deur Thomas Henry Duthie, die destydse eienaar van die Belvidere Landgoed. Thomas het Belvidere aangekoop vanaf sy skoonpa, die bekende George Rex.

Thomas Henry Duthie is in 1805 gebore in Stirling Skotland.

Thomas was ñ kaptein in die 72nd Highland Regiment. Hy sluit by die Highland Regiment in die Kaap aan in 1828.

In 1830 onderneem hy ñ jagtog in Knysna omgewing.

Thomas trou met Caroline, die dogter van George Rex.

Hulle woon ñ jaar lank in Engeland, maar keer terug Suid-Afrika toe.

1833 koop Thomas die Belvidere landgoed van sy skoonpa en hulle woon daar 1833 tot 1857.

Thomas Duthie bou ñ huis en later die kerkie op Belvidere landgoed.

DIE HOLY TRINITY KERKGEBOU

Kaptein Thomas Duthie se broer, eerwaarde AH Duthie, samel fondse in Engeland in om te help met die bou van die kerk.

Sandsteen is baie skaars in hierdie area, maar gelukkig vind hulle ñ klein sandsteengroef op die Belvidere landgoed, so 2 myl weg vanaf perseel waar kerk gebou word.

Drie Skotse messelaars of “klipkappers”, Alexander Bern, Alexander Lawrence en Colin Lawrence, kap,. vorm en lê die sandsteensteenklippe vir die bou van die kerk.

Die sandsteensteenklippe is per ossewa na die terrein gebring.

Die klipwerk is meesterstukke en merkwaardigste is die preekstoelgedeelte wat uit een klip gekap is, bekend as die “Monster Stone”.

Vir die houtwerk is plaaslike stinkhout en geelhout gebruik.

Elke dingetjie in die kerk vertel ñ storie.

ñ Storie uit die verlede.

ñ Storie van geloof, hoop en liefde.

Die klok, geskenk deur Francis Newdigate Esq., wat in ñ nis by die ingang hang, is gegiet in Engeland.

Voor die klok Belvidere bereik het, het dit oorboord geval. Na ñ paar maande onderwater kon dit eers weer herwin word en opgehang word in die kerkie.

Die leiklip vir die dak is ook per skip vanuit England gebring.

Die besonderse loodglasvensters het elke een ñ spesiale geestelike boodskap en is opgedra aan besonderse mense soos bv die 2 broers William Henry Duthie en Alfred George Duthie, die “Charity Window” aan Bourchier en Jane Bowker, dogter van Kaptein Thomas, Mej AV Duthie, laaste direkte afstammeling.

Ander loodglasvensters is die familiewapens van o.a. die Duthie familie, biskop van Kaapstad, Barrington ens.

Die gebou is op 5 Oktober 1855 ingewy deur Biskop Gray van Kaapstad.

DUTHIE CHURCH

Die Holy Trinity Church is ook bekend as die Duthie Church. Gebou deur Kaptein Thomas Duthie en lank in die sorg van familiehande.

Die laaste direkte afstammeling was Mej A V Dutchie, ñ welbekende botanis. Sy sterf in 1963 en haar graf lê rustig in die skadu van die eikebome langs die kerk. Daar rus reeds verskeie van haar familielede, vriende van die familie en gemeentelede.

PRAYER WALK

Die gedagte aan ñ rustige denkende biddende tydjie het tydens die 160 jarige viering ( 1855 – 2015) tot stand gekom.

Die idee is om biddend die rondte te stap en in noue kontak met die Skepper te kom. Om hoop te kry, krag te kry, opgehef en aangemoedig te word.

Die roete begin by die kruis en volg dan net die biddende hande. Volg tydsaam en gebruik die bankies om rustig te sit.

“Whether you turn to the right or to the left, your ears will hear a voice behind you saying: ” this is the way. Walk in it” Jes 30:21″.

“Reach out and touch the Lord as He goes by,

You’ll find He’s not to busy to hear your heart’s cry.

He’s passing by this moment,

Your needs to supply

Reach out and touch the Lord

As He goes by.”

Dankie vir hierdie wonderlike geleentheid en toegang tot die kerkie.

Alles is netjies en mooi in stand gehou.

Baie naby aan die oorspronklike kerkie.

ñ Nasionale Monument om op trots te wees.

Bronne: Holy Trinity church.

Foto’s: Gys Ströh Snr ( Gysbertus Johannes Ströh ) Desember 2023.

Samesteller Kobie Ströh

Foto’s Gys Ströh Des 2023

Corney Ströh Des 2023

Maak 'n opvolg-bydrae