VREDEFORT KOEPEL / ‘n KLIP UIT DIE HEMEL!

VREDEFORT KOEPEL – ‘n KLIP UIT DIE HEMEL!

(Bydrae deur Kobie Ströh)

(Hiermee ‘n baie eenvoudige verduideliking van ‘n komplekse gebeurtenis. Navorsers en geoloë het jare geneem om hierdie legkaart te probeer voltooi.)

Hier in die Vredefort Koepel vind ons nie die duidelike voorkoms van ‘n krater nie, eers na deeglike navorsing as dit as sodanig herken en verklaar.

Wat vandag nog sigbaar is, is slegs oorblyfsels van ‘n baie ouer struktuur wat deur erosie weggevreet is.

Die kern is ‘n plat rollende landskap bestaande uit oergraniet, omring deur sirkels sedimentêre-, en vulkaan rots (dieselfde gesteentes as díe aan die Wiwatersrand 100 km weg). Dit was duidelik dat hier een of ander kragtige geologiese gebeurtenis plaasgevind het. Rotse wat normaalweg diep onder die aardoppervlak lê, is hier op die oppervlakte sigbaar.

Verdefort Koepel is sover bekend die oudste en grootste impak krater ter wêreld.

Ongeveer 2 biljoen jaar gelede (meer as 2000 miljoen jaar) het hierdie katastrofe plaasgevind.

‘n Enorme meteoriet ( moontlik ‘n asteroÏed of komeet) groter as Tafelberg (10-15km in deursnee) het die aarde getref teen ’n geweldige spoed van sowat 20 km per sekonde (30 000-40 000km/uur).

Die impak was naby die hedendaagse Vredefort, sowat 15 km vanaf Parys, Vrystaat.

Die krag van hierdie impak was volgens berekening 5 biljoen keer groter as die kernbom by Hiroshima 1945. Dit sou 14 op die Richterskaal gemeet het, 100 000 keer sterker as die ergste aardbewing op aarde.

Hierdie meteoriet het letterlik die aarde se binneste ingeval, dring sowat 10 km diep in die aarde in en ontplof dan agv geweldige druk. Die aarde word hierdeur letterlik omgedop en oerrotse word blootgelê.

Ongeveer 70 000 ub kilometers grond en rots word losgeruk en in die lug gegooi en veroorsaak ‘n dodelike rotsreën oor honderde kilometers. ‘n Digte stofwolk wat die son blokkeer en winde van 1000 km per uur sou gevolg het. Aardbewings en grondverskuiwings het plaasgevind.

Toe die stof gaan lê het, was daar ‘n krater gevorm, meer as 50 km diep, 200-300km in deursnee (vanaf Welkom in suidweste tot Pretoria in noorde en in die middel die Vredefort Koepel).

Die walle van die krater het vining ingeval en ‘n vlakker krater van so 300 km wyd gelaat. In die middel was ‘n opheffing soos terugbonsing plaasgevind het, soos bv by ‘n klip wat in die water val. ‘n Aantal sirkelvormige rante het gevorm, soos rimpelings by ‘n klip in die water.

Hierdie hele proses het ongeveer 15 minute geduur.

Die horisontale aardlae (geologiese toebroodjie) was omgedop:

1. Transvaal supergroep ( dolomiet, skalie, kwartsiet

2. Ventersdorp lawa

3. Witwatersrand supergroep (gouddraend, konglomeraat, spoelklippe

4. Graniet gneiss wat kors van mantel skei wat letterlik omgedop is en die oerrotse word blootgelê.

Sommige plekke staan hierdie lae nou vertikaal op hulle sye en gee insig in die verre geologiese verlede van die aarde, iets wat nêrens op aarde so sigbaar is nie, dit is van geweldige geologiese betekenis.

Die trefslag het die horisontale lotslae ingeduik en omgekeer.

Binne sekondes was daar ‘n terugslag wat krake opgevul het en rotslae omgekeer het.

Graniet en goudrots wat diep in aarde was (20 km onder die oppv), is na die oppervlakte geruk. Erosie oor miloene jare het die oorblyfsel van die meteoriet weggevreet en vandag is nog net oorblyfsels van die oorspronklike krater/koepel oor.

2005 het UNESCO hierdie gebied om Vredefort as Wêrelderfenisgebied verklaar. Dit word erken as die wêreld se grootste enkel-energie ontploffing wat die hele aardbol beÏnvloed het. Die verklaarde gebied bestaan uit ‘n kern, ‘n buffer en nog 3 terreine.

BEWYSE:

Geoloë het gesoek na tekens van geweldige skok van bo af (wat bewys dat dit nie vulkaniese uitbarsting van onder af was nie) , veral in die ringstruktuur. Hulle het unieke unieke bewyse gevind:

1. Omgekeerde rotslae wat opgedruk en omgekeer is, is duidelik sibaar

2. Breksies. Verskeie soorte gebreekte rots wat letterlik van skok ontplof het en na die tyd weer amper in oorspronklike posisie teruggesak het. Die dui op ‘n geweldige skok van bo af.

3. Granofier. Die impak veroorsaak die smelt van rots wat dan in die krake invloei. Die gesmelte rots en brokkies ander rots daarin, koel vinnig af en lyk swart glasagtig.

4. Splinter keëls. Hierdie splinterkeëls of dennenaald-rotse kom orals (meeste gebreek ) in die koepel voor. Veral b elangrik vir geoloë om die middel van die krater en die rigting van die skokgolwe te bepaal.

5. Pseudotagiliet. Swart are. Geweldige skok het die rotse verpoeier, die poeier het met gesmelte rots gemeng, in krake gevloei en as swart materiaal gestol.

6. Konglomeraat. Konglomeraat met spoelklippe uit die sedimentêre laag wat diep onder die oppervlakte was. Dit is ook dieselfde kwarsiet konglomerate (gouddraend) as díe van die Witwatersrand en Vrystaatse goudvelde.

7. Graniet. Pienk argaÏese graniet in die koepel se kern wat miloene jare gelede die aarde se kors en mantel geskei het.

8. Stromatoliete. Fyn gelamineerde rotse wat in vlak water gevorm met gefosileerde blou-groen alge wat miljoene jare gelede gevorm is, lank voor die Vredeforit -impak.

PLANTEGROEI, DIERELEWE, RYKE VOëLLEWE

Die plantegroei in die koepel is volop en uiteenlopend.

Die groot topografiese en geografiese verskille soos valleie, heuwels, vlaktes, rivieroewers ens. verskaf verskillende habitats (grasvelde, bosse, bome, struike) vir ‘n groot verskeidenheid van lewe. Meer as 100 plantspesies is hier al aangeteken en meer as 400 voëlspesies.

Die grootste gedeelte van die Vredefort Koepel is in privaatbesit en wildboere poog om klein-, en grootwild van ouds hier te hervestig.

MENSLIKE VESTIGING

Hier in die Vredefort Koepel is tekens van vroeë tot Steentydperk aktiwiteite. Heelwat San Rotskuns te vinde asook werktuie en krale van ou inheemse stamme.

Bewyse van ystertydperk. By Venterskroon is askoppies en artikels van yster en koper gevind.

Eerste botsing tussen Voortrekkers en Matabeles vind hier plaas by Liebenbergkoppie en die Vaalrivier Slag.

Botsing tussen Boer en Brit tydens ABO by Rensburgdrif (Slag van Rensburg drif).

Verskeie verlate myntonnels wat getuig van die sukkelbestaan van goudsoekers. (Gouddraende rotslae loop meestal vertikaal en nie soos normaalweg horisontaal nie. Daar moes dus baie diep gegrou word, gevaarlik en nie-winsgewend).

Bronne: Vredefort Dome David Fleninger. Vredefort Dome A Stone from Heaven Attie Gerber. Geological Journeys Nick Norman & Gavin Whitfield

Maak 'n opvolg-bydrae