FREDERIKSTAD
Frederikstad is sowat 34km van Potchefstroom geleë, kom 1885 tot stand, vernoem na Frederik Wolmarans. Frederik Gerhardus Wolmarans (1788-1872) was deel van die Potgieter Trek onder leiding van Andries Hendrik Potgieter. Hy neem deel aan die Slag van Vegkop. 1840 vestig hy hom op die plaas Boschhoek Potchefstroom distrik. Hy was ‘n bekwame man en word lid van die Volksraad. Ook as ouderling van Hervormde Kerk was hy aktief betrokke by kerksake. Sy seun Frederik Gerhardus Andreas Wolmarans, bekend as Frederik Stompoor vestig die plaas Stompoorfontein ook in die distrik Potchefstroom. Op hierdie plaas het Frederikstad ontstaan. Frederik Stompoor het blykbaar díe bynaam gekry weens ń gedeelte van sy oor wat hy verloor het tydens ń onderonsie met ń leeu. 1863 koop Frederik Stompoor die aangrense plaas Gerhardminnebron wat ń sterk varswaterfontein het. Hierdie was ń wyse aankoop aangesien die hoofpad tussen Pretoria en Kimberley se diamantvelde oor díe 2 plase geloop het. Frederik Stompoor rig hier ń halfwegstop in met vars water, voer, kos en verblyfplek vir moeë reisgers. Ook ń hotel en wynkelder. Selfs nadat die spoorlyn tussen die goudvelde aan die Rand en Potchefstroom, Klerksdorp en Frederikstad voltooi is ( 1897), bly Frederikstad ń gewilde uitspanplek. Teen 1899 is Frederikstad ń klein nedersetting en beskik oor ń treinstasie, ń goedereloods, die halfweghuise, telegraaf en poskantoor wat vanuit die stasiegebou bedryf word en ń aantal verspreide wonings.
VOORTREKKERGRAFTE
Sowat 4 km van Frederikstad se stasie is ń paar Voortrekkergrafte, sommige naamloos. Daar is wel ń gedenksteen(piramiede) met name op. Bo-aan is die naam van Frederik Gerhardus Andreas Wolmarans (Frederik Stompoor) 1812.7.31 – 8.3.1884.
ABO
Soos die oorlog teen die Britte voortgesleep het en die Britte die Verskroeide Aarde Beleid toegepas het, het die vraag na voedsel en klere en ammunisie vir die Boere groter en dringender geword. Die enigste manier om hulle voorrade aan te vul, was om dit by die Britte te buit.Die Britte het swaar geleun op spoorverbinding om voorrade te versprei onder hulle soldate. Die Boere het hierdie treine geteiken om broodnodige voorrade aan te vul. Genl PJ Liebenberg het Potchefstroom se manne aangevoer en hulle het herhaaldelik treine laat ontspoor en gebuit. Die Britte het dryfjagte teen CR de Wet geloofs om hom vas te probeer keer, want hy en Liebenberg was soos ñ doring in vlees vir die Britte.
Julie 1900 FREDERIKSTAD TREIN ONTSPOOR
Weens die herhaaldelike sabotasie van treinspore en treinbrûe het die Britte berede en voet patrollies vooruit gestuur om spore te inspekteer. 30 Julie 1900 het die patrollie nie raakgesien dat die lasplate ( “fish-plates”) van die spoor losgeskroef en verwyder is nie. ń Militêre trein met Britse troepe en vol voorraad op pad na Potchefstroom ontspoor by Frederikstad. In die ongeluk is die treindrywer dood, 39 mense beseer en 13 dood.
DIE SLAG VAN FREDERIKSTAD20 tot 25 Oktober 1900
Genl G Barton word gestuur om die spoorlyn te beveilig en om sodoende Liebenberg se aanvalle op treine en sabotasie stop te sit. Barton slaan kamp op by Frederikstad en herstel die spoorbrug wat erg beskadig was. Hy is goed toegerus met meer as 10 kanonne en ń groot mag van 2600/2800 man. Hy rig ook ń klein veldhospitaal hier op vir die verpleging van Britse soldate. Genl Liebenberg besef die oormag teen hom en vra versterkings aan.
20.10.190020 Oktober 1900 kom Genl C de Wet en Genl Liebenberg se magte saam. Hulle beskik nou oor 1500 man, 2 Krupp kanonne en 2 Pom-poms. Hulle neem posisie in rondom die kamp van Genl Barton. Barton besef sy netelige posisie en vra versterkings aan. Barton is omsingel en onder skoot. Liebenberg plaas burgers langs die walle van die Mooirivier en op koppies rondom Frederikstad om die Britte te verhoed om water te bekom.
21.10.1900
Barton verlaat gedurende die nag die kamp en neem stelling in op twee koppies. Hy verdeel sy mag tussen die 2 koppies. Barton is egter afgesny van sy watervoorraad en bly onder skoot van die Boere.
ń Swaar donderstorm bars uit om omstandighede nog ongemakliker en gevaarliker te maak.
22.10.1900
Barton laat sy manne ingrawe en skanse van klippe ens oprig. Barton bly onder skoot en word gebombardeer. Die Boere merk op dat Britte water by ñ klein dammetjie kry. Swart arbeiders gaan haal water met ń muilwa vir die Britte. Planne word beraam om water daar ook te beveilig.
23.10.1900
Planne word beraam om Barton se hospitaal by Frederikstad te beset voor versterkings opdaag. Boere het bewus geword daarvan dat versterkings op pad is. Die plan is ook om die waterbron te beset.
24.10.1900
Barton bly steeds onder skoot terwyl planne beraam word om waterbron te beset onbewus daarvan dat versterkings vir Britte reeds opgedaag het. Vrywilligers (100 man, blyk later baie minder) gaan grawe hulle onopgemerk in by die treinbrug om beheer oor die dam te kry. ń Baie gevaarlike operasie want hulle moes groot oop velde kruis.
25 Oktober 1900
Die manne is nou verspreid tussen die stasie en Gerhardminnebron. Hulle is min en jong onervare maar ywerige dapper manne. Die opdrag was dat hulle nie moet skiet en hulle teenwoordigheid verraai nie. Skuilplek was bitter min en terrein oop.
Vroegoggend kom 2 swartes met ń muilwa om water vir Britte te kom haal. Dioe swart werkers skrik en hardloop weg. Een word geskiet, maar die ander een slaag in die mistoestande om weg te kom en alarm te maak. Die skote het die burgers se teenwoordigheid verraai en hulle posisie weggegee.
Barton stuur 500 man om hulle van 2 kante aan te val.
Die boere by die treinbrug bied hewig weerstand teen die oormag, hulle ammunisie raak min, hulle is omsingel en hul slaan op vlug oor die oop veld onder hewige vuur. Britse bajonette word ook gevel. Boere het geen kans in die oop veld sonder enige skuiling. Groot slagting onder Boere, bitter min oorleef en word gevange geneem.
In die verwarring steek die Boere wit vlag op, maar ander hou aan veg.
Genl Liebenberg en Genl de Wet breek uit en kom weg. De Wet vind al die driwwe is beset en hy beweeg laer af na Rensburgdrif om die Vaalrivier oor te steek.
Liebenberg laat sy manne by die plaas Bulskop en gaan na sy plaas vir ń tyd.
Die verliese was swaar. Aan Britse kant meer as 100 dood of beseer. Aan Boerekant 46 dood, 38 Krygsgevangenes weggestuur na Indië en Ceylon.
Die Britte weier dat die Boere ń ambulans en ń dokter instuur om die gewondes te versorg. Gewondes word hardhandig behandel uit wraak en na ń Britse hospitaal in Potchefstroom gestuur. Hulle word saam met die ander gevangenis in oop beestrokke vervoer na die Fort in Johannesburg. Talle beswyk aan hulle wonde. Die dooies word net daar waar hul gesterf het deur die Britte begrawe.
VUURPELETON
3 manne, Lt PC Fourie, TC Lombard en JA Basson word verhoor, skuldig bevind dat hul onder wit vlag geskiet het en al 3 word 30 Oktober 1900 gefusileer.
MONUMENT
1913 word die gevalle burgers herbegrawe 100 meter vanaf Frederikstad en ń monument vir hulle opgerig.
Koos de la Rey en Liebenberg het die inhuldiging waargeneem.
DIE GEVOLGE
Die Slag van Frederikstad het die oorlogstaktiek verander. Guerilla oorlog volg.
Potchefstroom word deur die Britte beset en oorgeneem. ń Sterk militêre basis word daar gevestig tot na die Uniewording van SA.
Frederikstad vorm ook deel van die Blokhuislinie en beleef baie skermutselinge tussen Boer em Brit.
Al die inwoners van Frederikstad is weggevoer konsentrasiekampe toe of as krygsgevangenes weggevoer na krygsgevangene kampe toe.
FREDERIKSTAD tans:
Die roete van die spoorlyn is verander en Frederikstad se stasie bestaan nie meer nie. Daar is wel nog oorblyfsels soos die ou stasiegebou en die watertenk. Dele van platform ook nog sigbaar en spoorstawe staan nog ingeplant voor die verlate gebou. Die monument is omhein en plaaslike mense sien daarna om.Ks
Bronne: Internet The Five-Day Battle, Johan Wolfaardt.
Fotos: Gys Ströh snr 2020. Herdenk 120 jaar Slag van Frederikstad.