Die Agterryer / Bloemfontein Oorlogsmuseum / Jan Ruiter

Die Agterryer

Bloemfontein

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke

Standbeeld in brons, 1 1/4 lewensgroote, van ń agterryer.Die beeld is in 2013 onthul langs die Oorlogsmuseum op die terrein van die Nasionale Vrouemonument.

Beeldhouer: Phil Minnaar van Pretoria

Die vroue en kinders is vereer met die Vrouemonument. Die burgers is vereer met die beelde Die Afskeid, Die Bannelinge en die Bittereinders.

Met hierdie beeld van die Agterryer is gepoog om erkenning te gee aan die onbetwiste rol wat die agterryer tydens die Eerste Vryheidsoorlog en veral die Tweede Vryheidsoorlog (ABO) gespeel het. Sommige agterryers is opgeroep vir diens , maar meeste was vrywillig in die stryd. Hulle rol was veral die versorging van die perde, behulpsaam met kosvoorbereiding, kamp inrig, ammunisie versorg en om die burgers te dien. Soms het hul selfs by gevegte self betrokke geraak. Gewoonlik was daar vir so 5 burgers ń agterryer wat gedien en gehelp het.

Die bekendste agterryer is waarskynlik Jan Ruiter, ń Griekwa. Jan het sy baas Marthinus Steyn, die Vrystaatse president help ontsnap tydens ń Britse verrassingsaanval Julie 1901.Na die oorlog vestig Jan Ruiter hom op Pres Steyn se plaas Onze Rust (Bloemfontein distrik) waar hy werksaam was tot met sy dood 1940.KS

Bron: Internet

Fotos: Maart 2021

Jan Ruiter. (De Ruiter)

Die Griekwa agterryer wat Pres M T Steyn gered het

Reitz Noordoos-Vrystaat

ABO

Jan de Ruiter was Pres Steyn se getroue volgeling en helper deur die Anglo-Boereoorlog.

10 Julie 1901

Pres MT Steyn, President van die Vrystaat, oornag op die dorpie Reitz. By hom is sowat 30 man, o.a. die lede van sy Vrystaatse Regering.

Pres Steyn wil sy heliograaftoerusting herstel, daar is juis ‘n smidswinkel daarvoor in die dorpie.

Die inwoners bied hulle kerkhuise aan vir die manskappe wat hul met groot dankbaarheid aanneem.

Pres Steyn slaan sy tent voor een van die wonings in die dorpie op.

Verkenners berig dat die Britte onder bevel van Genl. Broadwood sowat 4 tot 5 ure te perd van die dorpie Reitz af kamp opslaan.

Die burgers voel gerus en plaas geen wagte uit nie.

Min wetend dat ‘n joiner die Britte vroegoggend gaan begelei na waar die President vertoef.

11Julie 1901

11 Julie 1901 is Pres Steyn oudergewoonte vroegdag wakker, maar keer weer terug na sy tent.

Ruiter, sy agterryer, staan soos gewoonlik voor ligdag op en begin om koffie maak vir die President.

Ruiter hoor ‘n lawaai. Aanvanklik dink hy dit is beeste, maar besef skielik dat dit Britte is wat op die dorp afjaag.

Ruiter storm die President se tent binne en skree: “Die Engelse is hier!”.

Pres Steyn is nog in sy nagklere, maar Ruiter lei hom vinnig stal toe, sowat 300/400 tree weg van die tent.

Daar wag Pres Steyn se perd, Dapper.

Een van die burgers bied gou sy saal vir die President aan,hy is ‘n kort mannetjie, maar tyd om die stiebeuels vir die langer president te stel, is daar nie.

Ruiter sê aan Pres Steyn dat die Britte reeds oral in die dorp is. Hulle sal met die kortste pad uit die dorp uit moet jaag.

Hulle jaag. Die bevel kom om te halt, maar hulle stop nie. Skote klap en Ruiter spring van blote skrik van sy perd af.

Pres Steyn dink Ruiter is gewond en jaag voort, die dorp uit.

‘n Noue ontkoming.

‘n Britse Offisier konfronteer Ruiter en vra wie is dit wat daar wegjaag. Ruiter hou kop en sê dit is sommer ‘n ou Boer.

Op navraag waar die President is antwoord Ruiter dat hy nie in ‘n huis is nie, maar in sy tent.

Hulpvaardig bied hy aan om Britte te gaan wys. Tydsaam neem hy hulle van plek na plek en gee sodoende President Steyn kans om ver genoeg weg te kom.

‘n Hele paar burgers word gevange geneem, o.a. lede van die Vrystaatse Regering.

Toe die Britte Pres Steyn se keil (hoed) en mantel wou verbrand, keer Ruiter dadelik en kleim dat dit aan hom behoort. Die keil sit hy sommer dadelik op sy kop.

Ruiter word in vrede laat gaan en ‘n paar dae later is hy weer op sy pos, aan die President se sy. Na Ruiter se dapper heldedade kyk die burgers met nuwe oë na hom.

Pres Steyn kom op sy vlug ‘n boer teë wat klere in Basoetoeland insmokkel. Hy kommandeer dïe boer sommer op vir klere en ‘n hoed. Later egter, toe hy die man weer teëkom, het Pres Steyn vir hom weer ‘n nuwe hoed gekoop.

Ruiter het die President se keil met trots gedra as bewys van sy heldedaad. By navraag van die President se Adjudant hoe dit met die hoed gaan antwoord Ruiters doodluiters: “Dit is maar swaar om een dag Ruiters te wees en ander dag President! “

Na die oorlog het Ruiter saam met Pres MT Steyn teruggekeer na sy plaas Onze Rust, Bloemfontein omgewing.

Daar op Pres Steyn se plaas het hy gewoon tot 1944 toe hy oorlede is. Hy is begrawe by die Boom van Samesprekinge, waar Pres Steyn dikwels gesit het en sake bespreek het. Die boom is later as Nasionale Monument verklaar. Ruiter se rusplek is dus indirek ook ‘n Nasionale Monument.

In Reitz is ‘n monument opgerig om hierdie gebeure in herinnering te roep.

Ruiters se daad het die President gered. Indien Pres Steyn gevange sou geneem word, sou dit die einde van die oorlog beteken het, want later is hy beskryf as die hart en die siel van die Vryheidsoorlog.

In Bloemfontein by die Vrouemonument is ‘n beeld vir die Agterryer opgerig.

Bronne: Internet. Netwerk 24.

Facebook.

http://monument-sa.co.za/die-agterryer-bloemfontein…/

Onze Rust:

http://monument-sa.co.za/onze-rust-bloemfontein-pres-mt…/

Foto’s: Internet. Facebook Junie 2023.

Samesteller: Kobie Ströh.

Maak 'n opvolg-bydrae