Tragedy Hill
Port Edward
Tragedy Hill
Port Edward
1831
Misverstand lei tot ñ groot tragedie
DIE EERSTE WIT PIONIERS /SETLAARS IN NATAL
HENRY FYNN
HF Fynn (Henry Francis), gebore 29.3.1803 in London arriveer en vestig hom as eerste pionier in Port Natal (later Durban).
Henry Fynn was ñ jagter, handelaar en avonturier.
SHAKA
Henry Fynn wen die guns van Shaka, die Zoeloe Koning toe hy hom help nadat hy ñ steekwond opgedoen het.
Shaka gee aan hom ñ stuk land en 9 Zoeloe vrouens as teken van sy dankbaarheid.
Henry hou 6 van die vrouens en gee 3 aan sy broer, Frank Fynn. Frank is 29.8.1808 in Kaap die Goeie Hoop gebore.
Die 2 Fynn broers vestig hulle handel onder Shaka se beskerming en bewind. Onder die Afrika vroue het hulle ñ takryke nageslag. Frank se Zoeloenaam was Phobana ( Betekenis: Kyk na mekaar).
DINGAAN
1828 word Dingaan Koning van die Zoeloes na Shaka vermoor is.
Dingaan was maar ñ wantrouerige heerser wat nie die vaardighede en beheer van sy voorganger Shaka gehad het nie.
1831 ontstaan daar ñ misverstand tussen Dingaan en die Britse handelaars .
ñ Valse gerug deur een van Dingaan se manne word versprei dat die Britte Dingaan se gebied wil oorneem.
Dingaan stuur sy impi’s om die Britte in Port Natal aan te val.
Van die Britse handelaars en hulle gesinne vind skuiling aan boord van ñ skip.
TRAGEDY HILL
Van die ander Britse handelaars, gelei deur Henry Fynn en sy familie en sy volgelinge ( genoem iziNkikumbi. Betekenis : Sprinkane) vlug kuslanges, hulle trop vee word vooruit aangejaag.
Die gerug word versprei dat hulle die vee gesteel het.
By die mond van die Mbilanhlolarivier (ook genoem Bulanhloya “Dangerous Boiling) word hulle deur die Zoeloes aangeval wat onder die indruk is dat die vee van Dingaan gesteel is.
Henry Fynn ontvlug deur te swem van een rots na ñ ander.
Sy broer Frank Fynn vlug verder suid tot by ñ heuwel wat genoem was Isandlundly ( gevorm soos ñ hut / shaped like a hut), in die omgewing waar Port Edward vandag is.
Die Zoeloe-krygers haal hulle hier in en hulle vlug teen die heuwel op.
Hier teen die heuwel vind ñ massaslagting plaas, die Fynn-familie en ander vlugtelinge en Setlaars word hier vermoor asook lede van ñ plaaslike stam, die Langeni.
Frank Fynn slaag ook daarin om te ontvlug. Frank en ander oorlewendes van sy familie vlug na Pondoland (Oos-Kaap). In 1837 keer hy terug Natal toe en 1838 sterf Frank in Port Edward.
Hoeveel mense hier vermoor is sal nooit bepaal kan word nie en daar is heel moontlik nog steeds beendere tussen die digte bosse aan die hange van die heuwel.
Sedertdien is hierdie heuwel bekend as Tragedy Hill. Tragedy Hill kyk uit oor Silver Beach, Port Edward).
DINGAAN SE REAKSIE
Dingaan was baie ontstoke toe hy besef dit was ñ misverstand.
Hy versoek een van die oorlewende Setlaars, Henry Ogle (1799-1860), om die skuldige een wat die gerugte begin het teregtestel. Nadat Henry die Zoeloe man geskiet het, het Dingaan aan hom 5 beeste gegee as vergoeding.
HENRY FYNN
Henry Fynn vlug na Pondoland en laat sy oorlewende Afrika vrouens en kinders agter in Natal.
1836 word hy die Britse Regering se diplomatieke amptenaar in die Kaap.
1837 trou hy met Ann Brown van Grahamstad (1817-1839).
1841 trou hy met Christina Brown (1821-1870)
1852 keer Henry Fynn en Christina terug Natal toe waar hy as plaaslike magistraat diens doen.
20.9.1861 sterf Henry Flynn in Durban
Henry laat ñ groot nageslag onder Afrika mense agter.
Henry was ñ interessante karakter. Nathaniël Isaacs (1808-1872) beskryf hom in sy geskrifte as volg:
Na hy 8 maande lank tussen die Pondo’s en met hulle handel gedryf het;
“Lank, bebaard, sy gesig oorgroei, met n pap strooihoed, ñ kombers met stroke vel vasgemaak om sy nek, klere en skoene in vodde. Hy is met groot respek deur die Pondo’s bejeen want hy het telkens hulle lewens gered.”
Bronne: Internet. Facebook. Eggsa. Heritage Portal.
Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2024, Internet.