Simboliese Ossewatrek / Victoria-Wes / Magrietha Prinsloo Wa / Klipstapel

Simboliese Ossewatrek

Victoria Wes

Simboliese Ossewatrek tydens die Eeufeesvieringe van die Groot Trek 1838-1938

Die waens het verskillende roetes kruis en dwars oor Suid-Afrika gevolg om soveel moontlik dorpe in te sluit.

Die Magrietha Prinsloo Wa het die Noorwestelike roete van die Kaap besoek.

Magrietha Prinsloo was een van die jong vroue wat wonderbaarlik die Bloukransmoorde oorleef het.

Die wa is spesiaal vir die Simboliese Ossewatrek 1938 gebou deur die wamakersfirma Philps van die Paarl.

Die Magrietha Prinsloo Wa kom 20 Oktober 1938 by Victoria Wes aan. Daar word die wa feestelik ontvang voor hy verder vertrek op sy roete na Pretoria.

Op Victoria Wes word ñ klipstapel gepak ter herdenking aan hierdie spesiale gebeurtenis.

Na die Eeufeesvieringe is die Magrietha Prinsloo Wa aan Hoërskool Cilliè geskenk vir bewaring.

Lees meer:

https://www.facebook.com/share/p/12DaZB2UVyT

https://monument-sa.co.za/simboliese-ossewatrek-groot…

Foto’s: Salomi Laubscher Januarie 2025

Maak 'n opvolg-bydrae