Bethulie
Simboliese Ossewatrek
Tydkapsule
Bottel
Simboliese Ossewatrek. 1938.
Bethulie het ñ besonderse Ossewatrek Monument om ñ hele paar redes:
Die monument is opgerig om die Simboliese Ossewatrek 1838-1938 te herdenk.
13 Oktober 1838 kom die Louis Trichardt-wa in Bethulie aan.
Die wa trap spore in ñ sementblok.
Die inwoners pak daar ñ klIpstapel.
OSSEWA MONUMENT
Schalk Burger bou die monument vir Bethulie.
Vir die voetstuk gebruik hy die klippe van die klipstapel wat in Okt 1938 tydens die besoek van die Louis Trichardt-Wa gepak is.
Voor op die monument word ñ marmerplaat aangebring met die bewoording:
As blywende herinnering aan die besoek van die Voortrekkerwa Louis Trichardt aan Bethulie op 13 Oktober 1938 tydens die Simboliese Ossewatrek op die pad van Suid-Afrika. Onthul 16 Desember 1938 deur Oom Tinnie en Tannie van Schoor.
OSSEWABEELD EN OSSIES
Hennie Myburgh maak ñ beeld van ñ ossewa en ossies uit gesmelte patroondoppies uit die ABO.
26 Oktober 1940 onthul Hennie Myburgh self die Wa- en Ossiebeeld.
ñ Paar jaar later verwyn die juk spoorloos.
April 1999 word daar met skok besef…DIE OSSIES IS GESTEEL!
Die wa word inderhaas na die museum geneem vir veilige bewaring.
Hennie Myburg se kleinseun Hennie Venter ontdek die gietvorm waarmee sy oupa die ossies gemaak het en skenk dit aan die museum. Sy oupa het nog die vorm uit hout met ñ mes ingesny.
Replika ossies word gemaak en met ñ groot fees op 22 April 2015 pryk die wa en ossies weer bo-op die monument, maar is ter wille van veiligheid weer na ‘n tydjie teruggeneem museum toe.
Die groot publisiteit wat hierdie ossies veroorsaak het, het ñ interessante gevolg gehad.
Die voorsitter van die Rapportryers het ñ anonieme oproep gekry dat die persoon wat die juk gevat het, die juk op ñ bepaalde plek vir hom gaan los. Die oorspronklike juk is teruggevind!
DIE MARMERBORD EN DIE TYDKAPSULE
November 2017 word ñ groot kleurbord met n wa-afbeelding en n nuwe inligtingsbord op die monument aangebring sodat hy nie so “kaal” daar staan nie.
Quadeen, ñ inwoner van Bethulie, bied aan om die letterwerk op die ou marmerbord op te knap.
Sy besef dat sy die lettergroewe wat met lood gevul is met verf sal moet opvul. Daarvoor sal sy die marmerplaat moet afhaal.
6 Februarie haal sy die blad af en maak ‘n wonderlike ontdekking: Agter die plaat is , ‘n bottel, ‘n tydkapsule.
DIE BOTTEL /TYDKAPSULE
Hierdie bottel vol dokumente is 16 Desember 1938 agter die marmerplaat versteek.
Met groot versigtigheid is die bottel oopgemaak en kon daar teruggestap word in tyd, ñ kykie in die lewe van 1938.
Die dokumente in die bottel was nog ongeskonde en kon geskandeer word vir toekomstige gebruik.
Die dokumente was:
Die akte van oordrag van die monument aan Bethulie.
ñ Gedig van Totius in sy eie handskrif ” Die plek van boerewaens’.
Die feesprogram.
Verslag van die Ossewaens
Bethulie Eeufees foto met n gediggie waarvan elke strofe met n letter van Bethulie eeufees begin.
Toespraak deur die landdros van Bethulie.CJ Norval (onder burgermeester)
Verwelkomingswoord (deur die burgermeester Dr JT Mijnhardt ).
Die toespraak van lt. Kol. AJ Griesel
Toespraak deur lt kol JA Grobbelaar by die graf van Louw Wepener
Fotos (11/12) van die dag.
Verslag van die fees.
Reëlingskomitee se handtekeninge.
Aanddiens deur ds JD Barnard
FAK VAALDRIEHOEK KULTUURNETWERK OORHANDIG DIE BOTTEL AAN DIE VOORTREKKER MONUMENT PRETORIA
Na ñ besoek aan Bethulie bring 2 lede (Gys en Kobie Ströh) van GGSA Vaal en die FAK Vaaldriehoek Kultuurnetwerk die bottel na die Vaaldriehoek.
Trudie Venter, geskiedeniskenner van Bethulie het die bottel aan hulle oorhandig om na die Voortrekkermonument te neem vir bewaring.
Eers is die bottel sorgvuldig in ñ handgemaakte houtkassie geplaas, met ñ plaatjie ter verduideliking daarop aangebring.
Desember 2020 is die houtkassie met sy kosbare inhoud tydens ñ spesiale geleentheid aan Marianda Schlebusch van die FAK oorhandig.
Lede van SAWV, weermagveterane, GGSA, FAK, Voortrekkers en die groep Monumentjagters is teenwoordig toe Gys Ströh die tydkapsule oorhandig. Die houtkassie met die kosbare bottel met sy dokumente binne-in is nou veilig by Voortrekkermonument Pretoria.
150 JAAR HERDENKING VAN DIE OSSEWATREK 1838-1988
Die Uys-wa trap ñ tweede stel spore in die sement
OUDEFONTEIN MONUMENT
Geloftefeeste is op die plaas Oudefontein van 1915 tot 1965 gehou.
Die plaas was oorkant die Oranjerivier.
1938 tydens die Simboliese Ossewatrek is daar ook ñ stapel klippe gepak en Hennie Myburgh maak ñ wielietjie wat bo-op opgerig is.
1966 neem die Departement van Waterwese die terrein oor vir die bou van die Verwoerddam (Gariepdam).
1971 word die Monument verskuif na Bethulie en op dieselfde plek opgerig waar die Ossewamonument is.
2014 word die wielietjie en die koperplaat gesteel.
Bronne: Bethulie… Onvoltooid, Trudie Venter
Foto’s:Gys Ströh snr ( Gysbertus Johannes
Ströh ) 2020.
Lees meer oor Simboliese Ossewatrek:
https://monument-sa.co.za/simboliese-ossewatrek-groot…


















