Port Edward Vuurtoring / Ligtoring / North Sand Bluff Lighthouse

Port Edward Vuurtoring/ Ligtoring

North Sand Bluff Lighthouse

Port Edward vuurtoring/ligtoring

Die Suidkus was nog altyd ñ baie gevaarlike bestemming vir seevaarders en baie handelskepe het oor die jare hier vergaan. Die gevaarlike kuslyn, die rotsagtige waters en onvoorspelbare winde was ñ ernstige bedreiging vir skepe en menige seevaarder se lewe het hier tot ñ einde gekom.

Orals langs die kuslyn is mettertyd vuurtorings opgerig om skepe te waarsku en te lei.

NORTH SAND BLUFF LIGHTHOUSE / PORT EDWARD VUURTORING

Net noord van die Mtamvuna-rivier, by Port Edward is die mees suidelike ligtoring aan die Natalse kus, die Port Edward Vuurtoring of sy amptelike naam Die North Sand Bluff Lighthouse.

Hierdie vuurtoring of ligtoring speel ñ lewensbelangrike rol vir skepe om hulle veilig om die suidkus te lei. Nie net waarsku die flitsende ligte die skepe teen gevaar nie, maar waarsku ook die skepe om hier ñ roeteaanpassing te maak te einde veilig te wees.

Talle skeepswrakke op die bodem van die see getuig in hierdie omgewing van die verraderlikheid van die see hierlanges.

Die bekendstes is:

São João 1552 (Port Edward)

São Bento 1554 ( Port Edward)

Ivy 1878 (Leisure Bay, Ivy Beach)

Nightingale (Glennmore strand)

Hierdie wrakke op die seebodem is gewilde plekke vir duikers om te verken. Streng beheer word hier toegepas.

DIE OORSPRONKLIKE TORING

Julie 1968 is die eerste ligtoring hier opgerig.

1968: ñ 22 meter hoë aluminium tralietoring wat ñ Chance Brothers Lantern ondersteun het, is aanvanklik opgerig. Ongelukkig nie ñ baie stabiele konstruksie nie.

1999: Die struktuur word verander en herbou en word vervang deur ñ meer stabiele betontoring.

DIE BETONTORING

Tans is die silindriese betontoring wat in 1999 ontwerp is deur Transnet (Structural Design Office of Transnet) en gebou is deur The Three Builders steeds in gebruik.

Hierdie toring is 24 meter hoog en sy straalpunt (fokale vlak) sowat 38 meter bo seevlak. Die toring is wit geverf met ñ rooi ronde lanternhuis bo-op.

Die vuurtoring se lig is ten volle outomaties en flits 2 wit ligte 3 sekondes uitmekaar, elke 10 sekondes. Hierdie strale van so halfmiljoen kerskrag kan tot 40 km ver gesien word.

Die toring is 5 verdiepings hoog, met 5 stelle spiraaltrappe wat na bo lei, waar daar deur ñ luikie geklim kan word om die wonderlikste uitsig oor die see en binneland-in te kry.

Ongelukkig is die toring sedert 2012 permanent vir die publiek gesluit.

Die North Sand Bluff Lighthouse staan trots in ñ bewoonde area in Port Edward tussen huise.

Daar was ñ museum in die toring met die mooiste voorstellings van skeepswrakke en ook ñ koffiewinkel en selfs oornagverblyf. Ondertussen is hierdie ook permanent gesluit.

Tans word hierdie North Sand Bluff Lighthouse besit en beheer deur die Transnet National Port Authority.

Bronne : Lighthouses of South Africa, Gerald Hoberman. Internet.

Samesteller : Kobie Ströh

Foto’s: Internet. Facebook. Gys Ströh snr Mei 2024 en September 2018

Maak 'n opvolg-bydrae