Paul Kruger / Boekenhoutfontein / Rustenburg / Paul Kruger museum / Kedar Lodge

Boekenhoutfontein

Rustenburg

Noordwes

PAUL KRUGER MUSEUM

BOEKENHOUTFONTEIN

KEDAR HERITAGE LODGE

KEDAR HERITAGE LODGE

Kedar Heritage Lodge is sowat 20 km noord van Rustenburg geleë.

ñ Unieke plek waar Luuksheid, Bosveldnatuur en Geskiedenis mekaar ontmoet.

Kedar beskik oor konferensie geriewe, ontspanningsgeriewe, ñ hotel, spa en restaurant waar smaaklike etes opgedien word aan besoekers.

Robert Forsyth, eienaat van Kedar, het hier stuk vir stuk grond opgekoop, insluitende die gedeelte wat aan Paul Kruger se nageslag behoort het, em dit omskep in ñ lushof.

Kedar huisves ñ uitsonderlike versameling beelde van prominente en selfs omstrede figure uit die geskiedenis van Suid-Afrika. Orals, van ingang af tot rondom en tussen die geboue pronk kunswerke, meestal uit staal, van Paul Kruger af, Churchill. Ghandi, Sol Plaatjies, Smuts, Rhodes, Linchwe en nog talle ander.

ñ Mengsel van beelde en voorstellings van verskeie figure uit verskillende tye en standpunte ontmoet mekaar hier.

Elke vertrek is ñ museum op sy eie. Die fokus op die militêre geskiedenis, veral die Anglo-Boereoorlog.

Boer sowel as Brit vind ñ plekkie in die kosbare versameling van militêre artifakte, wapens, medaljes, gebruiksartikels en uniforms.

Dit het nou al tradisie geword dat elke jaar Oktober ñ nuwe beeld onthul word.

Hier word erfenis bewaar, geskiedenis visueel voorgestel.

Op Kedar word 5 unieke geboue bewaar.

Hier word erfenis bewaar, geskiedenis visueel voorgestel.

Paul Kruger koop die plaas Boekenhoutfontein aan in 1859.

1873/1874 verlaat hy sy woonplaas Waterkloof, Rustenburg, en kom woon op Boekenhoutfontein.

Hier boer Paul Kruger hoofsaaklik met vee, lemoene en koring.

1881 verhuis hy na Pretoria toe hy as Staatspresident van ZAR verkies is. Sy seun neem die boerdery oor.

Na Pres Paul Kruger se dood in 1904 word die plaas opgedeel tussen sy kinders, hoofdeel aan Pieter Kruger.

Na Pieter se dood is dele van die plaas verkoop, van die geboue verander en mettertyd verlate en vervalle geword.

Hierdie plaas, eens die juweel van die Transvaal (ZAR), Boekenhoutfontein word in 1971 herstel en as as Nasionale Monument verklaar.

1983 open die museum en ñ restaurant op die plaas.

Verval en verwaardlosing tree weer in tot Robert Forsyth van Kedar Lodge ingryp, die eiendom aankoop en ñ ware kultuurskat skep.

Kedar huisves een van Suid-Afrika se grootste versameling ABO skatte en beelde in private besit.

5 besonderse historiese geboue op Kedar:

Baie uniek:

4 verskillende woonhuise uit 4 verskillende tydperke. Elke een verskillende argitekstyl, gebou oor tydperk van 50 jaar.

Daar was selfs ñ dam voor die huise gebou.

1. Bronkhorst Huis

ñ Pioniershuis, een van die oudste huise noord van die Vaalrivier. Gebou ongeveer 1839 – 1840.

Die huisie is gebou deur Rudolph Bronkhorst, die eerste eienaar van Boekenhoutfontein, ñ groot plaas van sowat 3500 hektaar.

ñ Sterk stroom het deur die plaas gevloei en bloekomhoutbome was volop.

Sedert 1840 woon trekkerboere in hierdie omgewing en Boekenhoutfontein was een van die eerste plase wat hier uitgelê was

Bafokeng was die oorspronklike inwoners in hierdie area.

Die trekkers het die Matabeles uit hierdie area verdryf na die verwoeste aanvalle op trekgeselskappe.

Die eerste huis op Boekenhoutfontein is deur Rudolph Bronkhorst gebou.

Gebou in die tipiese Transvaalse Pionierstyl van songedroogde kleistene.

Mure is gepleister met rooi klei en nie geverf nie.

Die dakbalke, vensterrame, deure en luike se hout verkry vanaf die plaaslike boekenhoutbome.

Glas was onverkrygbaar in die ou Transvaal en vensters is bedek met luike.

Die huis is sterk gebou soos ñ fort met dik mure en digte luike van hout.

Daar was slegs 3 vertrekke:

Voorhuis of leefarea

Kombuis

Een skaapkamer.

Net ñ eenvoudige vuurherd binne die huis.

Die Bronkhorst huis is bewoon tot ongeveer 1862 toe Paul Kruger die plaas aangekoop het en die eerste Krugerhuis gebou het

Rudolf Bronkhorst het die plaas in 1859 verkoop aan ene Erasmus wat dit weer aan Paul Kruger verkoop het.

2. EERSTE KRUGERHUIS

Díe Hartebeeshuis is in 1862 deur Paul Kruger gebou. ñ Tradisionele Transvaalse plaashuis, eie aan ñ Transvaalse plaas, ñ verbeterde pioniershuis.

Die mure is baie dik en wit afgepleister(white-washed) met ñ grasdak.

Die hoë rietplafonne plafonne, grasdak en dik mure ideaal vir die Rustenburg klimaat om huis koel te hou in somer en warm in die winter.

Misvloere en perskepitvloere soos algemeen in daardie tyd.

Die vensters was van glas.

Die huis was maar klein, net bedoel vir eie woning en baie dieselfde as die Bronkhorsthuis.

Hierdie eerste Krugerhuis is bewoon van 1862 tot 1873 toe Paul Kruger sy Tweede Huis gebou het.

Die eerste huis, soos al die ander, is ook omskep in ñ museum wat die daaglikse lewe op die ou Transvaalse plaas uitbeeld.

3. DIE TWEEDE KRUGERHUIS

Die Tweede Krugerhuis is in 1873 deur Paul Kruger gebou nadat hy Kommandant Generaal geword het en ñ groter huis kon bekostig.

ñ Dubbelverdieping gebou met ñ plat dak, ongewoon en raar vir daardie tydperk en omgewing.

Hierdie boustyl herinner sterk aan die geboue in die Cradock-distrik waar Paul Kruger as jong seun groot geword het voor hy op 11-jarige ouderdom saam met sy ouers die binneland ingetrek het. (Die Groot Trek). Paul Kruger se ouers was trekboere.

Die boumetodes is egter tipies van Rustenburg-distrik. Houtwerk van Boekenhout en vloere ñ mengsel van mis en bloed.

Die vertrekke ruim.

Boonste verdieping grootliks gebruik as stoorplek.

Die dakbalke van boekenhout wat met riempies vasgebind was

Geen badkamer binne in die huis nie.

Tydens restourasie is stukkies oorblywende muurpapier gevind wat so noukeurig moontlik gereproduseer is in Nederland.

Van die vertrekke is donkerblou geverf, tipies ook van daardie tyd. Volgens oorlewering hou dit goggas en veral spinnekoppe weg. Ook by die meng van die blou verf, is gepoog om so na as moontlik aan oorspronklike kleur te hou.

Op die plaas was ñ groot fontein wat water aan die plaasbewoners verskaf het en baie Boekenhoutbome, wat natuurlik die naam van die plaas verskaf het… Boekenhoutfontein.

In hierdie woning het Paul Kruger gewoon tot 1883 toe hy na Pretoria moes verhuis het.

Hy het dikwels Boekenhoutfontein besoek en veral sy bidplek teen die rantjie.

Tydens die ABO is die huise geplunder en tydelik beset deur Segale, die bose broer van die hoof van Bagatla, Linchwe. Hulle verwoes baie van die boere se eiendom soos bv die pomporrel. Die huise word ook aan die brand gesteek.

Linchwe sluit hom by die Britte aan en hy en sy manne swiep deur die Wes-Transvaal, plunder en brand boereplase af.

1903 het Pieter en Cecilia teruggekeer Boekenhoutfontein toe en so sover moontlik die plaas probeer herstel.

Aan die hand van sketse so noukeurig moontlik met hulp van die Simon van der Stel stigting is die huise layer gerestoureer.(1971 – 1977)

Skool is in 1982 getestoureer.

4. PIETER KRUGER HUIS

Paul Kruger se seun, Pieter Kruger het die 4de huis in die 1890’s gebou.

Ook ñ voorbeeld van ñ tipiese Transvaalse plaashuis.

Gebou in die laat Victoriaanse styl met breë, hoë voorstoep en bekoorlike balustrate versiering, lyswerk (broekie lace). Die spitsdak is ñ sinkdak.

Baie dieselfde as sy pa Pres Paul Kruger se huis in Pretoria.

Houtvloere.

In hierdie huis het Pieter Kruger, sy vrou Cecilia en hulle 12 kinders gewoon. Tydens die ABO het hulle tydelik weggetrek, Pieter het gaan veg . Julie 1900 is hy op Fiksburg gevang en as krygsgevangene na Ceylon gestuur. 1902 het jy teruggekeer plaas toe nadat hy die Eed van Getrouheid aan Engeland moes aflê. Pieter is op die plaas oorlede in 1911 en sy vrou Cecilia in 1921 .

5. DIE OU SKOOLKLASKAMER

Gebou ongeveer 1890, waarskynlik deur Pieter Kruger. Hierdie plaasskooltjies was van onskatbare waarde en onlosmaaklik deel van ons volksverlede.

Die gebou is as skool gebruik van 1892 tot 1914.

Daarna was dit gebruik as stoorkamer, stal en motorhuis.

Die reghoekige klaskamer is gebou van songedroogde kleistene met vloere van ñ mengsel van mis en klei. Die spitsdak is van sink en dit is opmerklik dat party ban die sinkplate platgerol is. Sink was skaars en duur en toe daar besef is dat die sink nie genoeg gaan wees om hele dak te bedek nie want die oorvleueling van plate is nie in berekening gebring nie, is daar ñ eenvoudige plan gemaak. Die sinkplate is plat neegelê op die grond en eenvoudig met ñ wa daaroor gery sodat die plate platgerol word en dus wyer geword het en die hele dak kon bedek.

Besoek gerus hierdie kultuurskat Kedar Lodge en die historiese huise wat hier bewaar en onderhou word.

Kedar Lodge

Al die huise is ingerig as museum so na as moontlik aan die oorspronklike en almal het blou-plaat status reeds in 2019 ontvang.

Bronne: Internet. Kedar Lodge toer. Simon van der Stel Stigting…blaadjie opgestel deur Elize Labuschagne.

Foto’s: Facebook. Gys Stroh Snr Oktober 2023.

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae