PARYS POSKANTOOR / Keramiekteëls / Ceramic Studio / Olifantsfontein

Parys Poskantoor

Besonderse keramiekteëls (1936) vertel ñ storie.

Parys

Vrystaat

PARYS POSKANTOOR

Gebou 1936

Ontwerp: William Benjamin Turner

Argitek: Departement Publieke werke, Unie van SA.

Die Poskantoor in Parys is gebou tipies volgens die destydse Departement van Publieke Werke se styl, daar is van soveel moontlik Suid-Afrikaanse materiale gebruik.

Gebou volgens die Baker School-styl.

Sierstene volgens Engelse boustyl “English Bond” steenwerk.

Die dak ñ skuins dak oftewel, ñ spitsdak.

In die middel ñ vierkantige skoorsteen.

Kenmerkend is die 6 teëlpanele van Ceramic Studio aan die straatkante.

TEËLPANELE

6 teëlpanele aan die straatkante vertel die storie van die vroeëre daaglikse lewe in Parys.

Elke teël duidelik gemerk:

The Ceramiv Studio 1936

W Vann Hall. (Wilgy Vann-Hall)

Kunstenaar: W Vann-Hall ( Florence Wilgeforde (Wilgy) .Agnes Vann-Hall A.R.C.A.

Vervaardig deur The Ceramic Studio)

Die panele beeld die pont en kruising oor die Vaalrivier nog voor die brug in 1914 gebou is.

Die eerste stadsaal en die daaglikse lewe in Parys.

Die ontwikkeling van die dorp Parys

Die ontwikkeling van vervoer en

Die lewe in Parys.

Hierdie teēlpanele is deur The Ceramic Studio in Olifantsfontein vervaardig. Hulle het heelwat geboue in Suid-Afrika versier met sulke besonderse teëls, veral staatsgeboue en polisiestasies.

Bv Die New Law Court in Port Elizabeth 1933, Burgersdorp Poskantoor 1933, Calvinia Poskantoor 1934, Kindersaal in Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad.

Van hierdie besonderse teëlwerk is nog net sowat 100 oor in Suid-Afrika. ñ Kosbare erfenis wat bewaar moet word want hulle is broos en in groot gevaar.

THE CERAMIC STUDIO

1906 begin Sir Thomas Cullinan ( van Cullinan diamante) ñ keramiekfabriek in Olifantsfontein en hy noem dit Transvaal Pottery.

Hy laat kom keramiekkunstenaars uit Engeland en begin om huishoudelike keramiekware te vervaardig.

Sir Thomas Cullinan was ñ delwer en stigter van die Premium Diamantmaatskappy. Thomas se maatskappy was die Consolidated Rand Brick and Lime Company Limited; Transvaal Pottery, Linnware studio, The Ceramic Studio.

Transvaal Pottery was vir Sir Thomas nie ñ baie winsgewende besigheid nie agv van goedkoper ingevoerde ware en die fabriek sluit in 1914.

Thomas Cullinan het ñ hele keramiekdorpie in Olifantsfontein gevestig. Met die sluiting is die werkers teruggestuur en die dorpie het verlate geraak

1924 stel Ronald Cullinan, Thomas Cullinan se seun, op aandrang van Marjorie Short, 3 keramiek-kunstenaars/kenners ( oud-studente van Durban School of Art) aan om ñ nuwe keramiekfabriek op Olifantsfontein te begin; The Ceramic Studio. Hy stel die bestaande perseel tot hulle beskikking.

Marjorie Short, Gladys Short, Joan Methley en Audrey Frank beywer hulle om keramiekware met ñ outentiek Suid-Afrikaanse styl te skep.

Hulle werk het gou gewild geraak agv die uitstekende hoë kwaliteit en die geskiedenis elemente wat dit uitgebeeld het.

The Ceramic Studio het van 1925 tot 1942 keramiekware vervaardig en is veral verantwoordelik vir besonderse panele in staatsgeboue en poskantore in verskeie dorpe o.a. Parys Poskantoor en honderde teëls by die “nuwe” Johannesburg Treinstasie waar SA se Geskiedenis vanaf Jan van Riebeeck se nedersetting aan die Kaap uitgebeeld word.

1931 het Ronald Cullinan die huis Sunlawns gebou. Tans huisves hierdie huis voorbeelde van bykans elke tipe keramiekwerk wat hulle vervaardig het.

Die Tweede Wêreldoorlog het The Ceramic Studio laat swaarkry agv tekort aan werkers en die tekort aan ingevoerde klei en glasuring.

1942 neem Conrand “The Ceramic Studio” oor en verander die naam na Linnware Studio. Hulle vervaardig soortgelyke keramiekware as díe van The Ceramic Studio tot ongeveer 1962.

W. VANN-HALL

Florence Wilgeforde Agnes Vann-Hall (Wilgy Vann-Hall) kunstenaar van Parys Poskantoor se teëlpanele.

Wilgy is gebore in 1894 in Leicester Engeland.

Sy ontvang haar opleiding by die Liverpool School of Art en in London Royal College of Art.

Wilgy spesialiseer in verfwerk en gebrandskilderde glaswerk.

1926 immigreer sy na S.A..

Sy deel ñ studio in Durban met Mary Stainbank, ñ mede-student, tot haar dood in 1981 (Durban).

Sy is een van die vroue kunstenaars wat aangestel is deur Ronald Cullinan toe hy The Ceramic Studio begin het.

Besonderse kunswerke het uit haar hande ontstaan. Haar handgeverfde teëls en panele wat die geskiedenis van SA uitbeeld en die hoë kwaliteitwerk het gelei tot vele opdragte, plaaslik sowel as oorsee.

Die uitsonderlike vroue van The Ceramic Studio het ten spyte van uitstekende en unieke werke en groot kommersíële sukses, nooit werklik erkenning ontvang nie. Moontlik agv die patriargale siening van hulle tyd. Vrouens fisies werkend in oorpakke op steiers aan massiewe klipbeelde en ontwerpe was nie so heel aanvaarbaar nie.

BESKERMING

Hierdie kosbare teëlpanele van Parys Poskantoor, spesiaal ontwerp en geskep vir die Parys Poskantoor, MOET beskerm en bewaar word. Hierdie bewaring van die teëlpanele moet DRINGENDE aandag kry voor dit vir altyd tot niet gaan of gevandaliseer word.

Samesteller:Kobie Ströh

Foto’s: Internet, Gys Ströh snr Maart 2024. (Gysbertus Johannes Ströh )

Maak 'n opvolg-bydrae