Oudtshoorn
Wes-Kaap
NG Moedergemeente
Groot Trek Monument
Pastorie
CSV Saal
Oudtshoorn
Die vroegste pioniers is reeds 1750 in hierdie streek.
Die dorp onstaan eers later en word vernoem na baron Pieter van Rheede van Oudtshoorn.
Oudtshoorn ontstaan op 2 plase wat aan Cornelis Rademeyer behoort het nl.die plase Grobbelaarsrivier en Hartebeesterivier.
Togry was ń belangrike handelsaktiwiteit in hierdie streek. Tot 2000 waens het Oudtshoorn per jaar verlaat propvol produkte soos tabak, koring, rosyne, droë vrugte, brandewyn ens om in die binneland te gaan verkoop.
NG Kerk
Feitlik al die blanke inwoners van die streek was NG lidmate en een maal per jaar is hulle besoek deur ń leraar. Die besoek het ń paar weke geduur waar wyke besoek is en daar lidmate gedoop is, getroud is, aangeneem is en nagmaal bedien is.
Vroeg reeds het ń behoefte aan ń eie kerkgebou by hierdie Agterbergse mense ontstaan, soos die inwoners noord van Outeniquaberge genoem is.
1838 het Cornelis Rademeyer grond beskikbaar gestel vir die bou van ń kerkgebou. Die kerk on die vorm van ń kruis met sy grasdak is in 1839 voltooi en noord van kerk ń kerkplein, vandaar Pleinstraat.
Aanvanklik val hierdie streek onder gemeente Tulbach, 1812 onder gemeente George nadat díe gestig is en 1845 toe Gemeente Mosselbaai gestig word val groot gedeelte ook onder Mosselbaai. Groot ontevredenheid hieroor onder die Inwoners van Oudtshoorn.
Die bevolking groei en 11 Oktober 1853 word die gemeente Oudshoorn gestig. Agv finansiële probleme word eerste leraar eers 1857 aangestel.
November 1859 word besluit om ń nuwe kerkgebou op te rig. Januarie 1861 word die hoeksteen gelê. Die kerkgebou word egter eers in 1879 voltooi na vele probleme. Die bouery word 2 keer heeltemal gestaak. In Okt 1863 agv droogte en bouplanne wat verkeerd gelees is en daar 4 voet verskil is tussen dak en mure. Die argtek Carl Otto Hagee word aangestel om werk reg te stel.
Desember 1865 weereens ń staking agv van die ergste droogte 1865 tot 1866 waarin daar in 16 maande geen druppel reën val nie. Die droogte duur voort vir nog 3 jaar en word finaal gebreek in 1869, maar dit veroorsaak ń groot vloed wat groot skade en verdrinkings tot gevolg het.
7 Junie 1879 word die kerkgebou ingewy.
Die kerk is gebou van gekapte klip en feitlik ir elke steen moes ń afsonderlike tekening gemaak word. Sommige stene se bewerking het tot 10 pond gekos. Weens die hoë kwaliteit vam die Oudtshoornse klip het Hager tot die preekstoel uit klip laat beitel. Rondom is beelde van 5 engelê uitgekap. Besonderse bouwerk en kunswerk.
Eeufeesgedenkten op NG Moedergemeente se terrein
Tydens die Simboliese Ossewatrek 1938 word daar op bykans elke dorp op die trekroetes ń monument opgerig.
Daar was geen voorgeskrewe vorm of ontwerp nie en dikwels net ń klipstapel gepak.
Elke dorp se Eeufeeskomitee het self besluit oor vorm, boumateriaal en fondse. Meestal is van plaaslike materiaal gebruik gemaak of interessante klippe uit omgewing of vanaf historiese plekke.
Oudshoorn se monument is uniek en besonders. Stalagtiete afkomstig uit die Kangogrotte is bo-op die monument gemonteer. ń Besonderse monument.
Pastorie
Highstr 141
Pastorie is een van lieflike ou geboue in Oudtshoorn. Gebou in 1881 en was die tuiste van ds George Murray en sy 16 kinders. Hierdie ou herehuis met sy geelhoutvloere en marmerkaggels is huidig ń gastehuis.
CJV Saal langs die NG Kerk
In 1894 aanvaar die CJV (Christelyke Jongeliede Vereeniging) van die NG Kerk planne van John T. Cooper om ń saal op te rig langs die kerk. Huidig nog in gebruik as ń saal.
Fotos:Gys Ströh snr Desember 2019
Oudtshoorn
Historiese ou geboue
CP Nel Museum
Le Roux Dorpshuis
The Boys High School
Cango Lodge
The Boys High School
1881 is die eerste gebou opgerig.
1905 raak gebou te klein en seuns word in abder geboue gehuisves soos die “Drill”saal, ń kamer in Botes se slaghuis asook in die meisiesskool The Girls High School on Adderleystraat.
Die skoolraad vra Mnr Charles Bullock om ń nuwe skool te ontwerp en díe word ingewy 9 April 1907. ń Imposante gebou van plaaslike sandsteen en ń kloktoring 90 voet hoog.
Die skoolsaal word in 1912 bygevoeg tydens die 2de volstruisveer opbloei(1900-1914).
1963 smelt die Boys Highschool en Girls Highschool saam en vorm Oudtshoorn Highschool.
Die ou gebou word gered van sloping en die CP Nel Museum skuif soontoe, geopen vir publiek 3 September 1973.
CP Nel Museum
Baron van Rheedestraat 3
Gebou 1906, oorspronklik seuns hoërskool.
Sakeman en versamelaar Charles Paul Nel bou indrukwekkende versamelings van groot waarde op. Die dag voor sy dood in 1951 dra hy sy versamelings oor aan ń Raad van Trustees.
1972/1973 word die CP Nel versamelings verskuif na die ou Boys Highschool gebou en die gebou en kloktoring word gered van sloping.
1980/1981 verklaar as Nasionale Monument.
CP Nel museum huisves indrukwekkende versamelings soos modes uit toeka se tyd, porseleinware, ń aotekerswinkel kompleet met Lennon se Hollandse medisyne en ń algemene handelaar. Hier kan ons ook die stories kry van 500 Poolse weeskinders wat vir vier en ń half jaar in Oudtshoorn gewoon het tydens en na die Tweede Wêreldoorlog.
ABO monument op terrein.
Le Roux Dorpshuis
Highstr 46
Díe huis is gebou in 1908 deur die Le Roux familie om as dorpshuis te dien tydens Nagmaaltye. Hoewel dorpshuise grwoonlik eenvoudig en basies gebou was, is díe een opgerig tydens die bloeitydperk van die volstruisbedryf en derhalwe baie luuks en duur.
Die Le Roux’s het hier baie bekende mense onthaal soos die Prins van Wallis en Cecil John Rhodes.
Die Le Roux Dorpshuis is huidig ń satelliet van die CP Nel Museum.
Cango Lodge
Russtraat
1931
Vrymesselaarslosie
Augustus 2014 is geskiedenis gemaak toe die Vrymesselaars vir die eerste keer publiek toegelaat het in hulle binnekamers hier in Oudtshoorn. Die Oudtshoorn Erfenis Vereniging is hier toegelaat en ingelig oor werksaamhede en geskiedenis van die Vrymesselaars in Oudtshoorn.
November 1879 is eerste Vryemesselaarsvergadering gehou in die huis van Julius Ascher.
1885 reeds 43 lede
1895, 78 lede
1905, 200 lede (20% van manlike populasie bo 21 van Oudtshoorn.
1912, CJ Langenhoven geïnisieer.
Verskeie projekte is deur die jare vanuit hierdie losie geloods oa skoolfonds vir baie seuns betaal.
Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019
Internet
Die Geskiedenis van die Volstuisbedryf: Die goue era (Deur Kobie Ströh)
Volstruise is reeds in Antieke Egipte en onder die Romeine hoog geag.
Volstruise het ‘n lang geskiedenis in die Klein Karoo. Dit is bekend dat die San al vir honderde jare volstruise gejag het vir hulle vleis, die eiers gebruik het as ‘n voedselbron en die leë eierdoppe gebruik het as houers, veral vir die bêre van water.
Dit is ook bekend dat die Zoeloes volstruise gejag het en veral hulle vere kultureel gebruik het.
As gevolg van die jag op hierdie gesogte voëls het volstruise hulle gevestig in die droë geharde Karoo. Die gevolg was dat volstruise skaarser geraak het en die prys van vere het gestyg. 1821 voer Kaap die Goeie Hoop 1230 kg vere uit teen huidige randwaarde ongeveer R17 300 en 1858 voer hulle 915 kg uit teen waarde ongeveer R25 300, 100% styging in prys.
Presies wanneer die volstruisboerdery in Oudshoorn begin het is nie seker nie. Niemand het hulle aan die paar vlugvoetige voëls wat in die area rongeswerf het gesteur nie. Inteendeel, hulle was byna reeds uitgeroei en boere het hulle sommer vinnig geskiet aangesien hulle maar gevaarlik was, veral in die broeiseisoen. Europa het verseker nie geweet van volstruise wat wild in hierdie distrik rondhardloop nie en die boere in Oudtshoorn-distrik het verseker ook nie geweet dat mense in Europa pronk met vere van volstruise op hulle koppe nie.
Die begin van die Volstruisboerdery in Oudsthoorn:
Armaans Potgieter (Hermanus Lambertus Potgieter):
Sue van Waard, wat die stories van die Karoo opteken, beskryf in haar boek : “Paleise van die Pluime” die verhaal van Armaans Potgieter.
1845, 3 jaar voor Oudtshoorn se ontstaan:
Armaans was ‘n touleier vir die togryer Jacobus Ernst Kotze (Koos). Koos Kotze het tog gery met sy eie plaasprodukte wat ‘n hele konvooi waens gevul het. 1945 was Armaans weer touleier voor een van die spanne osse op een van die togte Kaapstad toe om hulle produkte te gaan verkoop. Hulle het uitgespan in Swellendam omgewing om die diere te laat rus. Armaans, ‘n baie goeie skut, skiet ‘n bokkie vir ete en sommer so in die loop‘n paar wilde volstruise ook. Hulle vere is vir hom mooi en hy pluk van hulle stertvere en vlerkvere en gaan sit dit by die bondeltjie gansvere en hoendervere wat hy saamneem in die hoop om dit aan ‘n smous in Kaapstad te verkoop. Daar gekom was die smous baie gretig om die vere te koop en vertel volstruisvere was ‘n gesogte modebykomstigheid in veral Europa. Opgewonde het die Joodse handelaar vir Armaans gesê: “Miester Pokkieter, djoe kan ‘n hiele plaas koep met die struisvogels se vedderen.” Volstruisvere het toe reeds ongelooflike hoë pryse behaal. Armaans , die brandarm touleier, se droom was om ‘n eie plaas te besit en hy het dadelik sy nuwe rykdom gebruik om ‘n plaas te gaan pag, die plaas Rietfontein. Die eerste plaas ter wêreld gekoop vir ‘n handvol vere.
Boere in die distrik sien die potensiaal van volstruise in en begin teen 1850’s reeds boer met volstruise in groot omheinde kampe en die makmaak van broeipare. Teen 1860 was daar reeds ‘n paar aktiewe volstruisboere in Oudtshoorn-distrik. Dit was maar ‘n hoë risiko boerdery want klimaat het ‘n groot rol gespeel, siekte, beserings en roofdiere het gelei tot groot verliese. Die vrektes onder kuikens was baie hoog want vostruiskuikens is baie pieperig en eiers natuurlik gesog. In 1869 ontwerp Arthur Douglas, vanaf die Oos-Kaap, ‘n eierbroeikas wat ‘n totale omwenteling veroorsaak want verliese is nou baie minder en produksie verhoog.
1865 – 1866 begin die ergste droogte, vir 16 maande val daar geen druppel reën nie. Mens en dier sterf van die hongerte. Kos kan nie na die distrik gebring word nie want daar is geen water of weiding vir trekdiere op die pad nie. Toe die droogte in 1869 uiteindelik gebreek word, kom die groot vloed en oorstromings wat die Grobbelaarsrivier en ander riviere se lope heeltemal verander het. Die smal riviere met diep poele se rivierbeddings verander na breë kaal beddings van klip en sand 50-75m breed, waaruit vinnige verdamping plaasvind. Die bome, riete en bosse op die walle is heeltemal ontwortel en weggespoel en laat kaal rivierbanke.
Die Magistraat van Oudtshoorn, Mnr Scholtz, voer lusernsaad in en plant eksperimenteel ‘n klein lappie lusern. Die volstruise floreer hierop en baie boere volg sy voorbeeld. Broeivoëls vemeeder van 80 in 1865 tot 20 000 in 1875. Die volstruisbedryf groei.
Twee bloeitydperke
Eerste bloeitydperk 1875 – 1880
Die volstruisbedryf bloei en lewer ‘n groot bydrae aan die ekonomie. Die boere laat vaar hulle tradisionele boer met graanprodukte. Oudsthoorn groei en raak welvarend, alles te danke aan die groei van die volstruisbedryf.
Die eerste val begin ongeveer 1882, maar het nie lank geduur nie. Oorproduksie veroorsaak ‘n val in pryse. ‘n Lang droogte en groot oorstromings in 1885 toe die droogte gebreek word laat baie boere val.
Tweede Bloeitydperk 1900 – 1914
Die volstruisbedryf bloei gou weer op, selfs deur die tyd van die ABO. Saam met goud, diamante en wol lewer die volsruisboerdery (witgoud) ‘n groot bydrae aan die ekonomie van die land. Rekordpryse en rekordverkope lei tot die opkoms van veerbaronne.
Die verepaleise word gebou, weelderige spoggerige huise wat getuig van welvaart. Die eerste verepaleis, Pinehurst, word deur George Edmeads gebou in 1901 en die huis is vandag ‘n Nasionale gedenkwaardigheid.
1911 steek probleme weer kop uit , weereens agv van oorproduksie en nou ook kompetisie in die mark, veral vanaf Kalifornië. Die Suid-Afrikaanse boere kry gou ‘n oplossing deur die beste vere in die mark in te stoot, die dubbel-pluim vere van die Barbary volstruis. 1911 gee Genl Louis Botha, Eerste minister en Minister van Landbou, opdrag aan Mnr Thornton van die proefplaas te Landbouskool Grootfontein, Middelburg, om volstruise met hierdie besonderse veerpatroon te gaan soek in Noord-Afrika. Die reis het as die volstruis-ekspedisie bekend gestaan. Die soektog het ‘n jaar geneem om te voltooi en hy keer terug na Grootfontein met 150 volstruise wat hy in die suidelike Saharawoestyb bekom het. Hiermee behaal hul groot sukses, die hoogste pryse ooit word behaal.
1913 bereik die volstruisbedryf ‘n hoogtepunt. Ongekende welvaart.
Die Groot val
1914 val die veremark met rampspoedige gevolge. Een dag nog ‘n miloenêr, die volgende dag brandarm.
Die koms van die motorkar kry die grootste skuld hiervoor want modebewuste Europa wat vere as versierings, veral op hoede, gebruik het vind nou dat dit erg lastig is in ‘n motorkar. Volstruisve raak nou onpopulêr.
WW1 (1914-1918) dra ook by tot die val van die veremark.
Duisende voëls word geslag vir hulle velle. Broeivoëls raak nou weer skaars. Die plaaslike ekonomie stort inmekaar en die boere val weer terug na tradisionele graanverbouing.
1918 was daar slegs 314 000 volstruise oor, 1930 slegs 32 000 en teen 1940 was daar net 2000 volstruise oor in die Oudtshoorndistrik.
Jode 1881 – 1890
‘n Groot Joodse gemeenskap , meeste afkomstig uit Lithuania het ‘n groot rol gespeel in die bemarking van volstruisvere. 1886 het 250 Jode hulle kom vestig in die Oudtshoorn area .
Baie van hulle het met ‘n sak oor die skouer van plaas tot plaas geloop en vere gekoop (Sakkiejode). Hulle het gou Afrikaans leer praat alhoewel die voertaal op die dorp Engels was. Daar was altyd ‘n besondere band tusse die Jood en Afrikaner, albei was diep godsdienstig (Boerejode). Later het hulle gesmous deur met perdekarretjies van plaas tot plaas te ry.
Perdekarretjies was gelaai met huishoudelike produkte wat hulle aan die boere verkoop en verruil het. Op die dorp het hulle handelaars en winkeliers geword en hotelle opgerig. Professionele beroepe soos dokters, tandartste en prokureurs het spoedig gevolg. Hulle rykdom het toegeneem en hulle het pronkerige verepaleise gebou om in te woon.
Baie van die Jode was aktiewe volsstruisboere, ander verehandelaars en ander weer veresorteerders.
Die ineenstorting van die veremark en die Tweede Wêreldoorlog was ‘n groot terugslag vir die Jode, die Joodse gemeenskap het verarm en meeste het na stede toe verhuis.
Volstruiskoning Max Rose
Max Rose is een van die bekendste Joodse volstruisbore en word beskou as die Volstruiskoning van SA. Sy ouers het in ‘n ghetto in Rusland gewoon. Op 17-jarige ouderdom stuur sy ouers hom en sy 4 jonger broers en 3 jonger susters SA toe in die hoop vir ‘n beter lewe. Hy begin ook sy loopbaan met ‘n sak oor sy skouer om vere van plaas tot plaas aan te koop, later begin hy ‘n klein winkeltjie saam met ‘n mede-Jood. Max begin so een vir een volstruise aankoop wat hy op ‘n stukkie gehuurde grond laat wei. Sestien jaar later koop hy sy eerste plaas en begin die plaas ontwikkel, hy was die eerste boer in hierdie area wat besproeiingsboerdery toegepas het. Hy doen deeglike navorsing oor elke aspek van die volstruisbedryf en word onkenbaar suksesvol. Max word binne twee dekades die rykste van die ryk volstruisboere, ‘n kenner van die volstruisvoël, maar erken ronduit dat hy die “goed nie kan verdra nie.”
Die boere het hom vertrou want hy was onkreukbaar eerlik en vrygewig. Hulle het hom ‘n Boerejood genoem.
Alhoewel Max skatryk was, het hy eenvoudig geleef. Hy het nooit vir hom een van die weelderige verepaleise laat bou nie , maar sy lewe lank in ‘n kamertjie in die Central Hotel gewoon.
Toe die veremark val en hy self alles verloor het, het hy gesweer dat hy weer sal opstaan en die boere sal help. Max het begin deur hulle lusern op te koop wat hy dan weer verkoop het. Hierdie lusern het hy dwarsoor SA weer verkoop en sodoende baie boere gered van hongersnood.
Huidig
Na WWII het daar weer ‘n stadige opkoms in die bedryf gekom. Volstruise begin weer bemark word vir hulle velle, vere en veral vir hulle vleis agv die lae vetinhoud daarvan. Elke deel van die volstruis word huidig benut. Toerisme bring ook weer ‘n inkomste met volstruisplase wat skouplase word soos Safari en Highgate. Die eerste skouplaas is in 1930 geopen. Teen 1980 was daar weer ongeveer 100 000 voëls in Oudtshoorn.
Volstruisprodukte word tans weer uitgevoer.
Bron: . Foster’s Manor. Wikipedia. Geskiedenis van Oudtshoorn. Oudtshoorn info. Paleise van die Pluime, Sue van Waart.
Verepaleise
Volstruisbedryf
Foster’ s Manor
Oudtshoorn
Foster’s Manor
Die laaste oorblywende dubbelverdieping herehuis uit die Verepaleis era in Oudtshoorn, die Foster Herehuis.
Die woonhuis gewees van Mnr J A Foster (James Foster), plaaslike prokureur (M.L.A.1904).
1902 vra James Foster vir argitek Charles Bullock om vir hom ń herehuis te ontwerp en die pragtige huis vloei daaruit. Vroeg Eduardiaanse boustyl met Tudor elemente en Victoriaanse gietyster verandas wat ń voorbeeld is van eiesoortige volksboukundige ontwikkeling van argitektuur in SA.
Due onderste vloer is van sandsteen en die boonste vloer stene.
Vals gewels, gedeeltelik hout en gegote ysterreëlings verleen glans aan die pragtige herehuis.
Die voorste stoep met kliptrappe en uitsonderlike teelwerk is besonders.
Die binnekant van die herehuis slaan besoekers se asem weg. Kiaattrappe met uitgekerfde leeukoppe op reëlings lei na boonste verdieping.
Alles getuig van weelde uit die goue volstruisera. Plafonne is besonders, kaggels en koperwerk Art Nouveau styl, houtpanele en gepleisterde panele wissel mekaar af teen die mure en die leliemotief op die vensters en deurpanele is treffend.
1914 het die volstruisveerbedryf inmekaar gestort en die ekonomie in Klein-Karoo ingesink. 1915 speel James Foster bankrot. 1915 betrek die Onderwyskollege die gebou.
Julie 1916 huur Standard Bank die gebou tot 1924.
Daarna word die gebou ń Dogterskoshuis en kantore vir Oudtshoorn se Koër Handelskool CJ Langenhoven.
1972 word die gebou ontruim en staan leeg en begin verval.
1973 word die gebou voorlopig op lys van Nasionale Monumente geplaas.
1988 word gehoor gegee aan versoekskrifte van die Raad van Nasionale Gedenkwaardighede en Simon van der Stel Stigting om Foster Volstruispaleis te herstel en bewaar. Foster’s Manor word verklaar as Nasionale Monument en word gerestoureer tot sy volle glorie. Huidig ń stylvolle gastehuis met meubels en versierings uit ń ryke verlede.
Oor die lewe van James Forster is daar vele stories en stertjies. Gerugte loop dat James ń vrou en ń minnares in hierdie huis gehad het, elkeen in haar eie deel in die huis. Hulle leefstyl was weelderig en onthale oordadig.
Gerugte loop ook dat James Foster na sy bankrotskap vir sy skuldeisers in die kelder weggekruip het en sy eie dood vervals het. Hy het sy eie dood gerapporteer en vermom sy eie begrafnis bygewoon. Die kis was gevul met sandsteenklippe. James Foster was nooit weer gesien in die Klein Karoo nie.
Beslis ń besoek werd. Die pragtige tuine en reuse ou ou bome nooi besoekers in.
Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019.
Verepaleise
Die goue era van Volstruise
Oudtshoorn
Wes-Kaap
Oudtshoorn het sy ontstaan grootliks te danke aan die volstruisbedryf en Highstr en van Rheede spog met ou statige verepaleise.
Hierdie unieke huise getuig van ń tydperk van weelde en welvaart alles te danke aan die volstruisbedryf.
Volstruisboerdery het ontplof en ongekende welvaart meegebring.
Boere het op hulle plase en in Oudtshoorn self pronkerige huise opgerig, bekend as volstruispaleise of verepaleise.
Verepaleise getuig van uitmuntende vakmanskap. Die klipwerk en sandklip word beskou as meesterlik. Die afwerking binne luuks, gewoonlik afgerond met indrukwekkende kiaathout.
ń Paar van hierdie verepaleise het behoue gebly en elke huis is ń museumstuk.
Highgate en Safari is werkende plase, baie gewild by toeriste. Fosters Manor is ń gastehuis.
Een van die bekendstes is Pinehurst, ontwerp deur JE Vixseboxse wat o.a. ook Paul Kruger se woning in Pretoria ontwerp het. Pinehurst was die eerste verepaleis, gebou in 1882 deur George Edmeads. G Edmeads was een van die Jode wat diep spore in Oudtshoorn gemeenskap getrap het. Sy ma was ń suster van Napoleon Bonaparte en sy het groot rol gespeel in die verfraaiing van die huis. Heelwat van die oorspronklike het in die huis behoue gebly.
Met die val van die volstruisbedryf 1914 het skatryk boere oornag brandarm geword en alles verloor.
Vandag getuig die paar oorblywende verepaleise van goeie tye lank lank gelede.
Winkelsentrum
Oudtshoorn
Onbekende monument
G Wallis borsbeeld
Die hartseer van verwaardlosing.
Onverwags by ń Pick&Pay winkelsentrum in Oudtshoorn sien mens die monumente raak. Navraag lewer niks op nie.
1. Onbekende Monument
Pragtige piramied van sandsteen sonder enige bordjie ter verduideling. Moontlik iets met Republiekwording te doen want woorde ONS VIR JOU SUID-AFRIKA en SOUTH AGRICA DEAR LAND duidelik leesbaar nog op die marmer.
2. Borsbeeld van G Wallis bo-op ń pragtige wat moontlik eens was….ń fonteintjie. Nou toegepak met klippe.
G. Wallis gebore 1856, oorlede 1910.
George Wallis (snr) is gebore 28/11/1824 in Engeland en oorlede 5/6/1908 in Oudtshoorn. Hy kom in 1848 in die Kaap aan.
George Wallis was ń messelaar van beroep en het as bouer en toesighouer gewerk, maar ook planne vir geboue geteken.
Tussen 1848 en 1900 het hy verskeie geboue in die Kaap ontwerp en gebou.
1871 vestig hy hom op Oudshoorn waar hy die oorspronklike planne vir die NG Kerk optrek.
Hy is betrokke by die oprigting van verskeie geboue in Oudtshoorn, Mosselbaai, George, Prince Albert, Cradock, Swellendam en Beaufort Wes.
Hy is oorlede 1908 in Oudshoorn en begrawe in die St. Saviours Church in Claremont Kaapstad.
Sy seun G. Wallis volg in sy voetspore as argitek en vestig ook in Oudtshoorn.
Vermoedelik is borsbeeld ter ere van seun G. Wallis jnr.
Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2019