Oribi Gorge / Oribi Kloof / Oribi Ravyn /Vallei
Port Shepstone area
Oribi Gorge / Oribi Ravyn
DIE KLOOF
Hierdie skouspelagtige natuurwonder is veroorsaak deur eeue en eeue se erosie deur 2 riviere.
Die oostelike ravyn is uitgekalwe deur die Mzimkulwanarivier en die westelike ravyn deur die Mzimkulutivier.
Vir ongeveer 30 km is die kloof uitgekalwe, op sy wydste 5 km wyd. Die kloof is ongeveer 400 m diep.
Weerskante troon die ongelooflike sandsteen en kalksteenkranse, ongeveer 365 miljoen jaar oue rotse.
Onder in die vallei, blootgestel, Kaapvaal Crayon, meer as 1000 miljoen jaar oud.
In hierdie pragtige klowe met subtropiese plantegroei is klowe, kranse, watervalle, stroomversnellings en nog vele verrassings.
Die Oribi Natuurreservaat by die samevloeiing van die Mzimkulu-, en Mzimkulwanariviere, huisves klein wild en bied staproetes vir die natuurliefhebbers en fotograwe. ñ Ware voëlparadys met meer as 250 voëlspesies al hier aangeteken, selfs aasvoëls hoog op in die kranse.
DIE NAAM ORIBI GORGE
Die ravyn of kloof verkry sy naam vanaf ñ klein wildsbokkie wat hier aangetref word. Die Oribi of Oorbietjie. ñ Klein vinnige ratse bokkie sowat 90 tot 110 cm hoog en weeg tussen 10 en 22 kg. Sy spoed so 50 km per uur.
Die Oorbietjie se leeftyd is so 13 tot 14 jaar in beskermde ongewing. Broeiseisoen is tussen Augustus en Desember. Die rammetjie broei net met die ooitjies in sy eie area. Dratyd is 10 maande en slegs een baba. Vir die eerste 10 weke steek die ooitjie haar baba weg. Op 10 maande bereik die babaooitjie seksuele volwassenheid en die rammetjie op 14 maande.
Die Oorbietjie is ñ baie skugter bokkie. As die besoeker gelukkig is, sal hulle wel die bokkie nog daar opmerk.
DIE ORIBI GORGE PAD
Die pad deur die kloof is met groot moeite handgebou deur die Italiaanse Krygsgevangenes tydens die Tweede Wêreldoorlog.
LAKE ELAND WILDRESERVAAT
Oribi Gorge area
2500 hektaar wildparadys met diverse ekosisteme van bosveld, grasveld, kuswoude, vleilande, ryk aan wild en voëllewe.
Die broers, Eric en Trevor Dunstone het in 2003 hierdie grond aangekoop en begin as bewaringsgebied.
Die naam is verkry vanaf ñ groot meer in die vorm van ñ eland soos in Boesmantekeninge. Ter ere aan die eland en sy ryke simboliese betekenis vir die San.
Sedertdien het Lake Eland ontwikkel tot ñ spesiale ontspanningsplek met kampering, selfs ñ klein kapel vir daardie spesiale troue en baie avontuur.
Staproetes, 4×4 roetes, perdry, fietsry en selfs motorfietsry om die ongewing te verken.
Visvang vir die rustiges, verfbal vir die avontuurlustiges.
Baie trappies kan aangedurf word om die grotte te gaan verken en Boesmantekeninge te gaan soek.
Orals is uitkykpunte aangebring waar die klowe en kranse bewonder kan word.
Vir adrenalienverslaafdes is daar ñ 4,5 km glybaan , Zip-line, oor klowe en riviere en selfs deur ñ tonnel.
Die 80 meter lange hangbrug oor die kloof is ñ onbeskryflike ervaring met ñ ongelooflike uitsig.
Gaan loer na die langste doefpoef ter wêreld, “long-drop”, met die mooiste uitsig.
Op die roete, gaan sit rustig in die skaduwee van die reuse ou Natalvy, díe boom al meer as 135 jaar oud.
Ervaar die wonder van ons mooi Skepping.
Foto’s:
Gys Ströh snr ( Gysbertus Johannes Ströh ) Mei 2024. Internet.
Samesteller Kobie Ströh