Monument vir Franse Hugenote  in Graaff-Reinet / 1688-1988

Monument vir Franse Hugenote  in Graaff-Reinet

1688 – 1988

Die eerste Franse Hugenote kom April 1688 in die Kaap aan.

Hulle was vlugtelinge uit Frankryk, hul Vaderland,  waar hulle meedoënloos vervolg was ter wille van hulle geloof.

Hierdie Hugenote het  mettertyd ‘n groot rol in die ontwikkeling van hulle nuwe Vaderland  gespeel.

17 April 1948 is die Hugenote Monument  met sy ryke simboliek in Franschhoek onthul.

Driehonderd jaar later 1988 is hulle aankoms in Suid-Afrika herdenk.

1988 is daar In Graaff -Reinet  ‘n piramiedvormige klipmonumentjie opgerig ter herdenking aan die aankoms en vestiging van die Franse Hugenote.  1688-1988 : 300jaar.

15 April 1988 is hierdie Hugenote Monumentjie op die kerkplein (Hugenotepark) agter die

Graaff- Reinet Stadsaal onthul deur die Franse Konsulaat G A L Perrolet ( Gerald).

Van ons bekendste vanne in Suid-Afrika is op die sykant aangebring: NEL, NELL, HUGO, NAUDE, GOUWS, RETIEF, JACOBS, FOURIE, MEYER, DU TOIT, DU PREEZ, DE LANGE, MALHERBE, LABUSCHAGNE, NORTIER, NORTJE, THERON, OLIVIER, LE ROUX, MINNAAR,FOUCHE,  SNYMAN,PIENAAR, DELPORT, SENEKAL, VILJOEN, LOMBAARD, DE KLERK,  TERBLANCHE, DELPORT.

Bron en Foto’s : Graaff-Reinet Toerisme

Maak 'n opvolg-bydrae