Montagu Pas
Die Ou Tolhuis
Die Ou Tolhuis
Montague Pas, Outeniekwa Berge.
Montague Pas is gebou in 1848 deur Thomas Baines met die hulp van ongeveer 250 gevangenes/bandiete. Dit het 3 jaar geneem om te voltooi en sowat 36 000 sterling silwer gekos.
Dit is die oudste oorspronklike pas in SA wat nog in gebruik is en is gebou om die uiters gevaarlike en moeilike Cradock Kloof Pas te vervang.
Cradock Pas word vandag nog gebruik as ñ tawwe staproete.
Die Montague Pas is vernoem na Sir John Montague. Geopen in 1847 deur Sir Montague.
Geleë tussen die dorpe George en Oudtshoorn en bied ñ asemrowende uitsig.
DIE OU TOLHUIS
Op die Montagu Pas vind ons die Ou Tolhuis.
Gebou saam met die pas 1845 – 1847.
Na ñ brand in 1855 is die verbrande rietdak vervang met ñ sinkdak.
Die Tolhuis het gedien as ñ woonhuis vir tolmeesters en hulle gesinne.
Oor die pad was ñ hek waar togryers moes tolgeld betaal om verder te kon reis.
Die tolgeld was 2 pennies per wiel, 1 pennie per trekdier en halwe pennie vir ander diere.
Die tolgeld is gebruik om die pas in stand te hou.
Die Tolhuis was ñ gewilde bymekaarkomplek vir togryers.
31 Desember 1918 is die betaal van tolgeld opgehef en die Tolhuis was vir etlike jare gebruik as Brandwagtershut. Veral die stoomtreine het die risiko vergroot van moontlike veldbrande.
Vroeg in die 1930’s is die Tolhuis verhuur as ñ woonhuis.
1972 verkry die Tolhuis Nasionale Erfenisstatus.
In die komende jare het die Tolhuis verval en verwaardloos. Vandale het gestroop, hout en deure en vensters uitgebreek, graffiti orals gelos en die Tolhuis en omgewing bemors.
Die dakbalke het gebreek en die dak het orals gelek.
Die Tolhuis was oorgroei van bosse.
2008 het ñ groep bekommerde vriende en inwoners van die omgewing besluit om die historiese Ou Tolhuis te probeer red.
Die proses om papierwerk en aansoeke in plek te kry en fondse in te samel was tydsaam en moeilik, maar 2014 kon die gerestoureerde Ou Tolhuis geopen word.
Pannekoek en koffie is elke Saterdag bedien om geld te verkry om instandhouding te doen.
Die gewildheid van die Tolhuis en besoekersgetalle het sodanig toegeneem dat ñ Inligtingsbeampte daagliks die Tolhuis en sy museuminhoud beman en pannekoek elke dag bedien word.
DIE GROOT BRAND
29 Oktober 2018 het ñ verwoestende veldbrand die Tolhuis en sy inhoud grotendeels vernietig.
Slegs metaalitems was herkenbaar, silwerware het in hopies gesmelt, houtvloere, dakbalke en rame verwoes.
Van die tafels en stoele het net skarniere oorgebly en die antieke klavier net ñ ysterraamwerk.
DIE GROOT HERSTEL
Die Vriende van die Tolhuis het nie gaan lê nie, maar dadelik begin om fondse en borge te soek vir herstelwerk.
Die erg beskadigde mure is versterk en verstewig en gestabiliseer.
Die ervare bekwame klipkapper Joost Pycke het 2 maande lank elke dag herstelwerk en bouwerk gedoen. Die mengsel van sand en modder wat oorspronklik gebruik was as sement het hy sorgvuldig uitgekrap en die klippe netjies en deeglik weer vasgemessel.
Weldoeners het weer gebruikartikels en museumstukke o.a ñ ou traporrel, antieke klavier en spinwiel geskenk om hierdie Ou Tolhuis weer spoggerig in te rig.
Buite is inheemse plante en bome weer geplant.
ñ Transportwa vanaf die Erfenisstigting staan neffens die Ou Tolhuis.
2020 is die Ou Montagu Tolhuis weereens ingewy.
Pannekoek en koffie word steeds bedien om kostes van instandhouding en sekuriteit te dra.
Dankie vir toegewyde Vriende van die Ou Tolhuis se ywer en vasberadenheid.
Foto’s: Salomi Laubscher voor 2018. Gys Ströh Snr Des 2023 (Gysbertus Gysbertus Johannes Ströh ). Facebook Monumente Blad.