Lemoenboom vir Koningin Wilhelmina van Nederland / Springs / Pretoria / Paul Kruger / Springs Spoorwegstasie

30 Augustus 1898

Springs / Pretoria

Lemoenboom geplant

Koningin Wilhelmina van Nederland.

Koningin Wilhelminaboom

31 Augustus Koningin Wilhelminadag

Daar was altyd ñ noue verband en goeie verhouding tussen Nederland en die Boerepublieke. Erkenning is gegee aan die duisende Nederlanders en hulle nasate vir die hulp en ondersteuning met die opbou van die ZAR.

KONINGIN WILHELMINA VAN NEDERLAND

Gebore 31 Augustus 1880

Sterf 28 November 1962 op 82-jarige ouderdom.

Wilhelmina volg haar vader Koning Willem III van Nederland op in 1890. Op 8 jaar is sy nog te jonk om te regeer en haar moeder neem die leiding oor.

31 Augustus 1898 word sy mondig en word op 6 September word sy amptelik ingehuldig as Koningin Wilhelmina van Nederland (20-jarige ouderdom).

Koningin Wilhelmina van Nederland heers van 1898 tot 1948.

Sy was ñ sterk en suksesvolle leier wat nie geskroom het om met woord en daad haar menings te wys nie.

Deurgans het Koningin Wilhelmina van Nederland en President Paul Kruger ñ baie goeie verhouding gehad.

Dit was sy wat Die Gelderland, ñ pantserskip, gestuur het om President Paul Kruger te gaan haal en te vervoer na Europa. Dit was noodsaaklik om die bejaarde en sieklike president na veiligheid te neem toe die naderende Britse Magte hom in groot gevaar gestel het. Hierdeur bewys sy haar goedgesindheid teenoor die Boererepublieke.

20 Oktober 1900 het Pres Paul Kruger en sy geselskap aan boord van Die Gelderland vanaf Delagoabaai vertrek na Frankryk.

Koningin Wilhelmina het die anneksasie van die Boererepublieke heftig veroordeel aangesien hulle hoofsaaklik afstammelinge was van Nederlanders wat geïmmigreer het toe die land nog ñ Nederlandse Kolonie was. Sy het by haar groottante Victoria gepleit om die bloedvergieting te stop en gereelde briewe aan haar geskryf. Ook het sy die publiek deeglik ingelig oor die omstandighede tydens die oorlog. Koningin Wilhelmina het haar beywer vir vrede en het ñ groot rol gespeel in die proses van vredesluiting.

LEMOENBOME 1898

Ter viering van Koningin Wilhelmina van Nederland se verjaarsdag, haar inhuldiging en troonbestyging is daar in 1898 drie lemoenbome geplant:

1. In Pretoria in Burgerspark. Hierdie boom is dood in 1920’s en vervang met ñ nartjieboom wat ongelukkig in die skadu weggekwyn het. 1986 is ñ derde boom geplant, meer in middel van die park.

2. In Springs by die stasie is ook in 1898 ñ lemoenboom by die stasie geplant. Heining is verskuif in 2024 na MMM ( Myn en Militêre Museum Springs) en ñ nuwe boompie gaan geplant word.

3. Derde boom is geplant in Rijnsburg Nederland. Die oorspronklike boom (Lindeboom) groei nog steeds en is meer as 12 meter hoog.

SPRINGS RED ñ KOSBARE STUKKIE ERFENIS

Die spoorlyn bereik Springs in 1898, gebou deur die NZASM, Nederlandse maatskappy.

Die nuwe stasiegebou word 30 Augustus 1898 amptelik geopen deur President Paul Kruger.

Dieselfde dag word ñ lemoenboom geplant deur Marie Maade, dogter van die Spoorweg Kommisaris, in die teenwoordigheid van President Paul Kruger.

Die lemoenboom word by die ingang van die stasie geplant ter ere van Koningin Wilhelmina van Nederland se ampelike kroning.

Rondom word ñ gietyster heining opgesit, ñ ware kunswerk met die hand gemaak.

Met die bou van die nuwe stasie in Springs word die boom en heining verskuif na die suide van die stasie langs ñ voetpaadjie.

Sedertdien het hierdie erfenis vergete geraak, verwaardloos en gevandaliseer.

2024 word hierdie kosbare heining verskuif na die MMM Museum in Springs en kundig gerestoureer. n Nuwe lemoenboompie sal geplant word ter ere van die Nederlandse maayskappy NZASM en die Koningshuis van Oranje (Nederland).

Groot dank aan al die vrywilligers en die bewaring van ñ kosbare stukkie Geskiedenis.

Bronne en foto’s: Internet. Facebook.

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae