Kruger Wildtuin / Kruger Nasionale Park / Geskiedkundige en Argeologiese Terreine

Stevenson Hamilton Standbeeld
Stevenson Hamilton Biblioteek
Skukuza Kamp
Kruger Nasionale Park

James Stevenson Hamilton gebore 2 Oktober 1867 in Ierland. Volg ñ militêre opleiding. Op 21 jaar kom hy na Suid-Afrika as Majoor van die 6th Dragon Guards om te help met die Zoeloe opstand in Natal. Toe sy regiment terugkeer Engeland toe neem hy verlof en bly agter om saam met ñ groep te gaan op ñ verkenningstog na die Zambezi rivier.
Tydens die ABO keer hy terug om te veg teen Republieke van Transvaal en Vrystaat. Na oorlog 1902 bly hy steeds agter en word aangestel as Hoof Veldwagter van die Sabie Wildreservaat. Hoewel hy geen ervaring het nie ( slegs liefde vir natuur en bewaring) en geen kennis van die Laeveld het nie, aanvaar hy die pos en leer soveel moontlik van die area op pad soontoe. Dit is ñ moeilike opdrag want die gebied is byna kaal gestroop van wild deur vegtende Boere en Britte en die plaaslike swart stamme en hulle beeste wei in park en rig groot skade aan natuurlike veld en selfs prospektering vind plaas in area. Met aanstelling van ekstra veldwagters pak hy die taak aan met soveel sukses dat plaaslike stamme hom naam van “Skukuza” gee wat beteken. ” hy wat skoon vee”. Die Park word vergroot tot ongeveer 30 000 vk km.
31 Mei 1926 word Wet op Nasionale Parke aanvaar en besluit om Park oop te stel vir die publiek. Stevenson Hamilton bou 3 hoofpaaie ( ongeveer 200myl) om Kruger Park toeganklik te maak. 1929 begin hy om ruskampe te bou ( voorheen was huisvesting in tente met takheinings daar om slegs vir dapperstes).
Stevenson Hamilton is op 61 jarige ouderdom getroud en 3 kinders volg.
Na 44 jaar in beheer van Kruger Nasionale Park tree hy af. 1946.
Bron: Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park. Ron Hopkins.

Stevenson Hamilton Biblioteek en Museum
Skukuza Kamp
Kruger Nasionale Park.

James Stevenson Hamilton
Hoof Veldwagter Sabie Wildreservaat en Kruger Nasional Park 1902 – 1947.

Kruger Nasionale Park
Harry Wolhuter se leeuaanval
Biblioteek en Museum Skukuza Kamp asook die Gedenksteen op die plek waar aanval plaasgevind het S24 41,852 E 31 56,601

Harry Charles (Christoffel) Wolhuter
14 Februarie 1877 Beaufort Wes – 30 Januarie 1964 Witrivier.
Harry Wolhuter is een van baie min mense wat ñ leeu kon dood met ñ mes en die aanval self oorleef het.

Harry Wolhuter is in 1902 as veldwagter aangestel in die Sabie Wildreservaat onder baie onseker omstandighede. ñ Werk sonder waarborg want niemand het kon voorspel hoe lank die reservaat gaan bestaan nie. Hierdie pos het hy uiteindelik 44 jaar beklee tot hy afgetree het 1946 op 70 jarige ouderdom op sy plaas buite Witrivier. Hier het hy ñ rustige lewe gevoer tot 1964 toe hy op 88jarige ouderdom gesterf het.
Leeuaanval:
Augustus 1903, tydens ñ patrollie het hy besluit om met sy veghond Bull vooruit te ry om ñ geskikte kampplek te vind vir die nag. In sterk skemerlig het hy 2 figure langs hom gesien en met ñ skok besef dat ñ groot leeumannetjie gereed maak om hom aan te val. Tyd vir skiet was daar nie en hy het sy perd omgeruk in ñ poging om weg te kom, maar te laat, die leeu het op sy rug gespring en Harry van sy perd afgestamp. Die leeu het hom aan sy skouer gegryp en Harry op sy rug tussen sy bene weggesleep terwyl die ander leeu die perd agterna sit. Harry se kop was bedek met die leeu se maanhare en die leeu het sy tande stewig in sy regterskouer gehou. Harry kon die leeu hoor spin soos ñ reuse kat.
Met groot moeite kon Harry met sy linkerhand sy jagmes aan sy regtersy bykom en het die leeu 3 keer gesteek agter die blad waar hy reken die leeu se hart is. Die leeu het sy skouer gelos en woedend gebrul. Harry het ondanks ondraaglike pyn die leeu gillend aangeval en ñ groot aar oopgekloof wat ñ straal bloed oor hulle laat spuit het. Die leeu het begin retireer in die bosse in.
Harry besef die gevaar van die 2de leeu en slaag met moeite om in ñ boom te klim, om net betyds ñ mik te bereik ongeveer 12 voet hoog. Die tweede leeu keer terug en spring keer op keer op om Harry te bereik terwyl sy dapper hond Bull aanhoudend aanval en na leeu se hakke hap. Leeu gee moed op en vlug.
Harry het homself in die boom vasgebind met sy gordel en gewag op hulp van sy mede patrollielede wat opdaag en ñ erg beseerde Harry en ñ dooie leeu aantref. Hulle dra Harry Komatipoort toe op ñ draagbaar van ou komberse.
Harry het herstel ten spyte van geweldige koors en septiese wonde. Sy regterskouer het egter nooit ten volle herstel nie.
In Skukuza in die Steveson Hamilton Museum is die vel en tande van die leeu sowel as Harry se mes uitgestal en ñ klein beeldjie ter herinnering aan die uitsonderlike man.
Op die plek ( Lindanda Road) waar die leeu hom aangeval het is ñ gedenksteen opgerig en die dooie stomp as oorblyfsel van die boom waarin hy geskuil het.
Bron: Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasional Park. Ron Hopkins
Wikepedia
Fotos: Gys Ströh Snr

Selati Spoorwegbrug / Selati Spoorlyn
Skukuza
Kruger Nasionale Park

Selati Spoorlyn het gestrek vanaf Komatipoort tot by Skukuza, 80 km lank. Die duurste spoorlyn nog ooit gebou in SA.
Paul Kruger het ernstig gepleit vir ñ spoorlyn wat Noord-Oos Transvaal sal verbind met groot markte in SA. Na die ontdekking van goud by die Selati goudvelde het hy Die Volkraad oortuig om ñ spoorlyn te bou wat die Soutpansberge en Selati goudvelde sal verbind met die oostelike spoorlyn (oostelike spoorlyn wat strek vanaf Pretoria na Komatipoort en Lourenço Marques via Middelburg, Machadodorp, Waterval-Boven, Warerval-Onder, Nelspruit en al langs die suidelike grens van die Kruger Park.)
Ongelukkig het ñ web van korrupsie, bedrog en diefstal gevolg en meer as miljoen pond is uitbetaal sonder enige vordering.
Planne vir spoorlyn is in Mei 1893 toegeken vir 300km spoorlyn teen koste van 6000 pond per km aan Selati Spoorweg Maatskappy (besit deur Oppenheim broers). Julie 1893 is 40 km spoor gelê en reeds baie meer uitbetaal as ooreengekome koste.
Alle werk aan spoorlyn is gestaak en dringende ondersoeke en oudit aangevra. Groot skandale en korrupsie word blootgelê. Selati Spoorweg Maatskappy is bankrot en vir 15 jaar geen bouwerk verder.
Tydens ABO word verlate stuk spoorlyn deur Britte gebruik om voorrade te vervoer.
Daarna word spoorlyn deur James Stevenson Hamilton (Hoof wildbewaarder) gebruik as sy private vervoermiddel mbv ñ trollie gemonteer op spoorlyn, aangedryf deur mannekrag.
Later gebruik as toeriste treinreis (Round in Nine, 9 dae treinreis vanaf Johannesburg na LM wat ñ oornagstop ingesluit het in die Kruger Park.)
Dit het moeilik geraak om spoorlyn te onderhou, treine het veldbrande veroorsaak en talle ongelukke met diere het lewensverlies veroorsaak, ñ nuwe spoorlyn langs die grens van Kruger Park word gebou en ñ teerpad tussen Skukuza en Hazyview veroorsaak dat Selati Spoorlyn in onbruik raak.
Vandag is brug nog pragtig in Skukuza.
Bron: Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park Ron Hopkins.
Fotos: Gys Ströh Snr  en Christo Geldenhuys.

Honde Gedenksteen / Begraafplaas
Skukuza
Kruger Nasionale Park

Die mens se beste vriend – die hond.
Geliefd vanwee sy geselskap, lojaliteit en dapperheid.
Honde is onlosmaaklik deel van die Nasionale Kruger Wildtuin se geskiedenis en veldwagters.
Meetal is hulle goeie spoorsnyers of wagters en uitstekend om aandag af te lei en sodoende mense kans gee om weg te kom.
Baie van hulle vind hulle laaste rusplek in hierdie klein begraafplasie in die Sukuza ruskamp. Meeste net name, sommiges met datums en party met interessante inligting oor eienaar en selfs heldedaad. Sommiges sterf van ouderdom, sommiges sterf heldhaftig in poging om eienaar of veldwagter te red.
Bekendste is Bull, Harry Wolhuter se hond wat waarskynlik verwoed na die leeu gehap het in ñ poging om sy baas se lewe te red na die leeuaanval wat Harry ernstig beseer het.
Ons vind oa Tessa wat voog was vir 3 leeuwelpies wat geveg met mamba verloor het, Buster wat ook dood is nadat hy ñ mamba daar doodgebyt het en Milo wat ñ geveg met ñ krokodil oorleef het maar later die geveg met ñ luiperd verloor het.

Papenfus Kloktoring
Skukuza Ruskamp
Kruger Nasionale Park

Sandsteen toring opgerig ter nagedagtenis aan Herbert Boshoff Papenfus ( 1856 – 1937) vir sy rol in die stigting van die Kruger Nasionale Park en sy betrokkenheid tot sy dood.

Herbert Boshoff Papenfus. Natuur en diereliefhebber. Hy was lid van die Volksraad en het sy posisie gebruik om die Wet op Nasionale Parke te bekragtig. Hy was aktiewe lid van die Nasionale Parke Raad van Trustees vanaf 1926 tot met sy dood. Voorsitter van die Wildbeskermingsvereniging.
Oorlede in 1937 en na sy dood het sy weduwee fondse beskikbaar gestel waarmee sandsteen kloktoring gebou is. Toring is aanvanklik buite hek opgerig (1940) maar later verskuif na Skukuza ruskamp.
Bron: Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park. Ron Hopkins
Fotos: 2018 Gys Ströh Snr en Christo Geldenhuys

Pragtige beelde.
Skukuza Ruskamp.
Kruger Nasionale Park.

Oorwonne – Oorwinnaar
Let op hoe is horings vasgevleg.

Nellmapius Drif en
Tengamanzi Handelspos
Kruger Nasionale Park
S25 23.566 E 31.40.777

Nellmapius Drif
By hierdie drif het die ou transportpad die Krokodilrivier oorgesteek. Die drif is gebruik tussen 1874 en 1892 deur die ou transportryers maar in 1892 met die opening van die Delagoabaai Spoorlyn is die pad al hoe minder gebruik.
Alois Hugo Nellmapius is in 1847 in Budapest Hongarye gebore. Hy was ñ taalkenner wat 6 tale kon praat. In 1873 het hy in Pelgrimsrus aangekom en spoedig ñ gerekende en bekende figuur geword agv van sy inisiatief en gedrewendheid.
Nellmapius se voorstel om ñ pad te bou vanaf Lydenburg se goudvelde tot in Lourenço Marques is aanvaar deur beide die ZAR (Pres. Burgers) en die Portugese Regering. Die pad sou strek vanaf LM. deur die Lebomboberge na Pretoriuskop en uiteindelik strek tot by Mac Mac. Nellmapius het onderneem om die pad te onderhou en elke 25 km uitspanplekke te bou. Daar is dadelik met die pad begin maar in 1876 is die bouwerk tot ñ einde gebring met die uitbreek van die eerste Sekhukhune oorlog en ñ bankrot Nellmapius verhuis Pretoria toe. Daar begin hy dadelik weer besighede en verkry konsessies om drank en suiker o.a. te vebou. Im 1889 koop hy ñ groot plaas wat hy in 3 onderverdeel en die middelste plaas vernoem hy na sy dogter Irene en in 1893 is hy op Irene oorlede en begrawe.

Tengamanzi Handelspos
Hier by die Nellmapius Drif het ñ handelspos ontstaan wat bedryf is deur Alf Roberts vanaf 1884 tot 1892. Die handelspos het ñ perfekte ligging gehad so by die drif oor die Krokodilrivier en was ñ baie gewilde winkel te oordeel aan al die bottels, glasstukke en blikkies (boeliebief) wat daar gevind is. Die handelspos was selfs in telegram verbintenis met Hektorspruit. Vandag is net glasstukkies stille getuienis van díe eens gewilde handelspos van Alf Roberts. Alf het ook ñ winkel in Malelane gehad waar hy in 1941 vermoor is. Daar is min inligting oor Alf Roberts.
Bron: Krugerpark
Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park. Ron Hopkins

Skukuza Museum Hut/ Campbell Rondawel Museum
Skukuza
Kruger Nasionale Park

Die oudste toeriste rondawel in Skukuza. Gebou in 1929 met geld wat geskenk is deur WA Campbell wat lid was van die eerste Parkeraad. Die rondawel is tans ñ museum met plakkate van vervloeë dae en selfs ñ ou pryslys. Langs die museum is ñ ou petrolpomp wat ook uit daardie tyd dateer.
Bron: Geskiedkundige terreine van die Kruger Nasionale Park. Ron Hopkins
Fotos: Christo Geldenhuys (20.7.2018)

Jock of the Bushveld
Beroemde hond
Kruger Nasionale Park. Barberton. Sabie.

1949 is ñ reeks bronsplaatjies met die bewoording “Jock Trek 1885” daarop, al langs die transportroete tussen Lydenburg en Delagoabaai opgerig. Dit is die roete wat Sir Percy Fitzpatrick en sy beroemde hond, Jock, gevolg het 1885 – 1888. Hoewel baie van bordjies verdwyn het, kan dit nog plek plek gesien word.

Percy Fitzpatrick
1882 het Percy Fitzpatrick sy tuiste in die Kaap velaat om sy fortuin tydens die goudstormloop in Oos Transvaal te probeer vind. Hy was een van die ongelukkiges op die goudveld maar het gou gou ñ wa en osse aangeskaf en ñ transporteryer geword wat kos en goedere vervoer het tussen Delagoabaai en die binneland, ñ tog van sowat 400 km. Dit was ñ harde en avontuurlike lewe, gevaarlik met slange en roofdiere, siektes soos malaria, tstsevlieë, warm en dorre streke, moeilik met wa en osse waar geen paaie is nie. Kos moes gejag word. ñ Eensame lewe met dikwels net ñ hond as geselskap.
Jock se geboorte:
6 April 1885 het Percy Fitzpatrick en sy geselskap net na Skipberg(huidig in Kruger Nasionale Park) uitgespan. Sy vriend Ted se hond Jess, ñ onvriendelike humeurige maar dapper en lojale Engelse veghond, het hier 6 kleintjies gekry. Vyf was sterk en gesond maar een was klein en swakker en lelik en het gou die bynaam Die Rot gekry. Aangesien niemand die ou hondjie wou hê nie, het Sir Percy Fitzpatric besluit om hom self te hou. Hierdie ou klein hondjie is ongenadig afgeknou deur die 5 groter hondjies, maar dit het hom geleer om sy man te staan. Selfs geweerskote en die klap van swepe wat ander honde tjankend laat weghardloop het, het hy net met n skewe kop na geluister. Percy het hom Jock genoem en hom goed afgerig en geleer jag en dit tesame met sy goeie natuurlike instink het hom ñ uitstekende jagmaat gemaak. Die vestommende verhale en avonture, hoe Jock doof geword het, sy noue ontkomings, sy heldedade en selfs sy einde is opgeteken deur Sir Percy Fitzpatrick in sy boek ” Jock of the Bushveld” en eerste maal gepubliseer in 1907.
ñ Bronsbeeld van Jock en ñ swartwitpens in die Jock of the Busveld Kamp naby Afsaal Piekniekterrein in Kruger Park is in 1985 onthul.
In Barberton is ook ñ beeld van Jock of the Bushveld.
Bronne: Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park. Ron Hopkins
Jock van die Bosveld Sir Percy Fitzpatric, oorvertel deur PB Simons
Fotos: 2018 Gys Ströh Snr
Internet.

Argeologiese terreine

Thulamela

Kruger Nasionale Park

Daar is meer as 225 opgetekende argeologiese terreine in die Kruger Wildtuin.

Die bekendste waarskynlik Thulamela, ‘n koninklike vesting, in die noorde van die park, naby Pafuri. Hierdie terrein is ontdek in 1993 en sedertdien noukeurig opgegrawe en gerestoureer. 1996 is die opelug Museum van Thulamela geopen.

Thulamela was ‘n sterk vesting in die berge, ‘n nedersetting wat deur ‘n koning regeer is. Die klipruïnes dateer terug uit die 15de en 17de eeu.

Daar word geglo dat die inwoners van Thulamela migreer het na die suide vanuit Zimbabwe. Dit is duidelik uit die ontdekkings dat hulle ervare goudsmede was en dat hulle handel gedryf het met met die mense van Wes-Afrika in goud en ivoor. Daar is o.a. glaskrale van Indië, porselein van Sjina en ander voorwerpe van goud, brons en metaal opgegrawe, selfs goue krale en goue garingdraad.

Masorini Argeologiese Terrein,

Kruger Nasionale Park

Historiese nedersetting van die BaPhalaborwa Stam.

Objekte uit die Laat Ystertydperk.

Hier is ‘n tipiese gerestoureerde stat van die Masorini. Die Masorini was bekend vir hulle ystersmeltery.

Die Zoeloetydperk het die Masorini stam uitgewis en verstrooi.

Foto: Road Trip SA.

Neves Kruis

‘n Portugese kruis uitgekerf op ‘n ysterhout boom se stam.

Die oorsprong is nie seker nie. Een teorie is dat dit uitgekerf is deur die Portugese handelsreisiger, Diocleciano Fernandes das Neves, wat gedurende die 1850-1860’s hier handel gedryf het. Sy geslskap was grrot, meer as 200 draers en minstens 20 gewapende olifant jagters.

João Albasini  dam

Kruger Nasional Park

João Albasini  is gebore 1 Mei 1813 is gebore op ‘n skip onderweg vanaf Portugal na Sui-Afrika, sy ouers Italiaans.

1831 vestig hy hom in Lourenco Marques as handelaar en grootwildjagter. Hy het handelsroetes gevestig vanaf Lourenco Marques diep die binneland in nog voor enige Europese Setlaars hierdie gebied binnegetrek het.

Albasini het die Tsonga mense vertrou en sowat 500 man opgelei en bewapen as olifantjagters en ook hulle bewapen om hulleself te verdedig teen ander vyandige stamme.

Die Tsonga mense het hulle nedersetting die Albasinni stat genoem en hom hulle stamleier gemaak. Later in 1875 is die stat se naam verander na Valdezia, sowat 3km. vanaf die Albasini Dam.

Hy was bekend as die “White chief of the Tsonga”. Hy het getrou met ;n Voortrekkermeisie. Gertina Janse van Rensburg en het later hom gevestig op Schoemansdal. Hy het geweier om te vlug toe die stad aangeval is deur die Venda-Koning, Makhado en hy en sy gesin is beskerm deur 200 Tsonga soldate

João Albasini sterf in 1888 en word volgens Tsonga tradisie begrawe.  Albasini se graf word as heilige terrein beskou en jaarliks kom Tsonga mense daar bymekaar vir tradisionele rituele om hierdie leier van hulle te herdenk.

ERFENIS BEWARINGS – EN BEWUSMAKINGSKOMITEE: LOUIS TRICHARDT EN STREEK

João Albasini.

As grootwildjagter, handelaar en later Vise-Konsul van Portugal in die Zuid-Afrikaanse Republiek, het hierdie man diep spore getrap in die geskiedenis van die dorp Louis Trichardt.

João Albasini, ‘n seun van Italiaanse ouers, is in 1813 in Lissabon, Portugal gebore en kom in 1831 na Lourenço Marques (Delagoabaai/Maputu) as agtienjarige. Hy dryf handel vir meer as ‘n dekade voordat die eerste Europese blankes in die Laeveld arriveer. Later vestig hy hom in die huidige Krugerwildtuin en tree as skakel tussen die Boere en Portugese op.

Handelsroetes en ‘n infrastruktuur word deur hom ontwikkel vanaf Delagoabaai (Lourenço Marques) tot diep in die binneland van Mosambiek.

In 1853 vestig hy hom in die Soutpansberg. Hy was nie slegs die Vise-Kosul nie, maar het ook die taak gehad om belastings van die swart stamme van die omgewing in te vorder.

Hy trou met Gertina van Rensburg, ‘n Trekkerdogter en woon op die plaas Goedewensch, naby die huidige Albasinidam. Hy was ‘n goeie vriend van die Tsongas en neem 500 mans in diens, waarna hy hulle oplei as olifantjagters. Hierdie passievolle jagter hou ook goeie betrekkinge met die inwoners van Schoemansdal Voortrekkerdorp, waar meer as 1000 siele was. Die dorp het tussen 1848 en 1867 bestaan.

Albasini het soos ‘n middeleeuse leenheer in ‘n skans op sy plaas gewoon. Hy kon binne ‘n ommesientjie nagenoeg 2000 krygers bymekaarkry.

Wanneer die inwoners van Schoemandal gedreig word deur die Venda-opperhoof Katse-Katse (ook genoem Katlagter), word hul deur Generaal Paul Kruger versoek om die skans en dorp te verlaat. Slegs die Albasini’s en ongeveer 20 ander Blankes het in die Zoutpansbergdistrik agtergebly. Vanaf die 1870’s het daar weer meer Trekkers in losstaande groepies in die gebied begin woon.

João Albasini sterf in 1888 op sy plaas en in daar begrawe. Sy nagegedagtenis word geliefd erken deur die inwoners van Louis Trichardt. Die Albasinidam, waar ons dorp se water vandaan kom, word na hom vernoem, asook João Albasinistraat, nou Hlangananistraat.

‘n Historiese roman getiteld “João ‘dapperste onder die dapperstes’ geskryf deur Linette de Vaal van der Merwe en wat by Katvoet Kunskafee te koop is, vertel staaltjies en besondere detail omtrent die lewe van hierdie merkwaardige man.

Veilige parkering is beskikbaar by die toerisme inligtingsentrum langs die N1, waarvandaan u ‘n kort ent tot by die gedenkplaat stap.

Trichardt Gedenkplaat

Punda Maria

Dit gedenk die soektog van Louis Trichardt en ander Trekkers na die trekgeselskap van Lang Hans van Rensburg. Hulle het hierdie noordelike deel van die huidige Kruger Wildtuin deurkruid. Hulle het nog nie geweet dat die hele geselskap van Lang Hans reeds uitgemoor was nie.

Fotos: Boer en Brit

Kruger Nasionale  Park
Gen. Ben Viljoen se gewere
koördinate  25.395833, 31.646800

Die plek waar Generaal Ben Viljoen sy wapens en ammunisie en artillerie vernietig het 16 September 1900 tydens die ABO. Dit was om te verhoed dat dit in Britse hande val.

Generaal Ben Viljoen was bevelvoerder van die Krugersdorp Kommando, ‘n groot groep burgers vanuit Johannesburg, Boksburg en Krugersdorp.

Die Britte se missie (General Pole-Carew ) was om Generaal Ben Viljoen se Guerrilla aanvalle op die Britse magte  te stop en om hom gevange te neem. Hulle het egter nie daarin geslaag om hom te vang nie.

Generaal Ben Viljoen sterf 1917 in New Mexico, Amerika

Foto: Road Trip SA

Pont oorgang oor die Sabie rivier

Skukuza

Kruger Nasionale Park

Besoekers het die Wildtuin binnegekom vanaf die suide en in die Pretoriuskamp en Skukuza kamp tuisgegaan.

Om die noordelike dele te besoek moes hulle met ‘n pont oor dir Sabierivier vervoer word.

Hierdie pont is gebruik 1927-1935.

Die rusplekkie is op die plek waar die hoofkamp ,Skukuza, se pont geleë was.

1935 is laagwaterbruggies gebou wat die pont vervang het.

Orpen Gedenkstene

Kruger Nasionale Park

Eileen Orpen het in 1944 sewe  plase geskenk aan die Kruger Wildtuin ter wille van natuurbewaring. Die plase se name was: Redgorton, Blackberry Glen, Hengel, Kingfisherspruit, Chalons, Sikkeltoukloof en Houtbosrand en het ongeveer 24 500 hektaar beslaan.

Die gedenkplaat bring hulde aan haar ruim bydrae en een van die toegangshekke is ook na haar vernoem.

Foto: Road Trip SA

Anna Ledeboer se graf

Kruger Nasionale Park

Anna Ledeboer was die tweede vrou van een van die Kruger Park se eerste wildbewaarders, Leonard Henry Ledeboer. Hy het as 20jarige in 1888 vanaf Nederland na Suid-Afrika gekom. Hy was eers olifantjagter tot hy bevel oorgennem het van die Satara Kamp nadat “Ou Kat” Coetzee afgetree het.

Na ledeboer se aftrede het hy ‘n winkel begin in Letsitele.

Sy vrou Anna sterf op 55 jarige ouderdom, moontlik malaria of n hartaanval en word hier begrawe. Foto: Road Trip SA

Samuel Mavundla se graf

Phabeni

 Kruger Nasionale Park

Laaste rusplek van die veldwagter en spoorsnyer ,Samuel Mavundla. Die Kruger Park het ‘n beleid gehad dat familie by Phabeni kon bly woon solank een van die familielede in diens van die Kruger Park was. Samuel het gedurende sy hele loopbaan vir Kruger Park gewerk. Sy moeder is langs hom begrawe. Foto: Road Trip RSA

Maak 'n opvolg-bydrae